Volgens die polisie het die 56-jarige plaaseienaar en van sy werkers Woensdagmiddag inspeksie op die plaas gedoen. Hulle is na die toneel van ʼn ongebruikte myngat en het ʼn man met ʼn plastieksak in sy hand sien wegloop van die myngat.
Die plaaseienaar en werkers het hom agternagesit, maar hy kon daarin slaag om te ontsnap. Die man het egter die plastieksak laat val.
Plofstof, hamers, ʼn flits, flitsbatterye, handskoene en beitels is in die sak gevind en die polisie is ontbied.
Die polisie in Heidelberg het ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om die polisiestasie te kontak of 10111 te skakel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Die Kamer van Mynwese sal daadwerklik moet aksie neem om ou mynskagte te verseel want dit hou groot gevare in. Buiten dat daar skynbaar al duisende zama-zamas in die land doenig is, is die meeste vanuit die buiteland. Dit bring onnodige uitgawes en stel lewens in gevaar om diegene wat in die moeilikheid raak te gaan help en die dooies na hul land van herkoms terug te stuur soos groot helde. Armoede word altyd aangevoer as verskoning. As almal wat arm is in elke ou mynskag moet gaan grawe dan sal dit lyk asof mega-molle uit die ruimte op ons… Lees meer »
Ek is in die weermsg geleer dat die korrekte woord ‘springstof’ is en nie ‘plofstof’ nie. Ons sersant het altyd gese dat plofstof die goed is wat ‘n hond op die grasperk los. Dis so erg in my ingedril dat ek vandag nog steeds onmiddellik reageer wanneer iemand van plofstof praat. Red, kan taaltoffie asseblief ondersoek instel en die verskil verduidelik?
SPRINGSTOF
‘Plofstof, springstof, dinamiet, TNT, nitro gliserien, detoneerders of wat jy dit ookal wil noem, bly gevaarlik en geeneen met beperkte kennis hiervan behoort naby dit te kom nie. Selfs van die hedendaagse vuurwerke is lewensgevaarlik.
Die honde eenheid se honde op daardie gebied is SPRINGSTOF honde en die plofstof honde nie!
se ek stem nie saam met jou HAT nie, maar wel saam met die ander lesers.