Plofstof op plaas gevind

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Kommersiële plofstof is op ʼn plaas in Houtpoort naby Heidelberg in Gauteng gevind.

Volgens die polisie het die 56-jarige plaaseienaar en van sy werkers Woensdagmiddag inspeksie op die plaas gedoen. Hulle is na die toneel van ʼn ongebruikte myngat en het ʼn man met ʼn plastieksak in sy hand sien wegloop van die myngat.

Die plaaseienaar en werkers het hom agternagesit, maar hy kon daarin slaag om te ontsnap. Die man het egter die plastieksak laat val.

Plofstof, hamers, ʼn flits, flitsbatterye, handskoene en beitels is in die sak gevind en die polisie is ontbied.
Die polisie in Heidelberg het ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om die polisiestasie te kontak of 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

John ·

Die Kamer van Mynwese sal daadwerklik moet aksie neem om ou mynskagte te verseel want dit hou groot gevare in. Buiten dat daar skynbaar al duisende zama-zamas in die land doenig is, is die meeste vanuit die buiteland. Dit bring onnodige uitgawes en stel lewens in gevaar om diegene wat in die moeilikheid raak te gaan help en die dooies na hul land van herkoms terug te stuur soos groot helde. Armoede word altyd aangevoer as verskoning. As almal wat arm is in elke ou mynskag moet gaan grawe dan sal dit lyk asof mega-molle uit die ruimte op ons land toegesak het.

Stormrider ·

Ek is in die weermsg geleer dat die korrekte woord ‘springstof’ is en nie ‘plofstof’ nie. Ons sersant het altyd gese dat plofstof die goed is wat ‘n hond op die grasperk los. Dis so erg in my ingedril dat ek vandag nog steeds onmiddellik reageer wanneer iemand van plofstof praat. Red, kan taaltoffie asseblief ondersoek instel en die verskil verduidelik?

Jan maak n Plan ·

Stormrider, ek sien jyt darem iets mooi geleer in die SAW. Springstof is n stof wat detoneer as dit ontsteek word. Plofstof is stof wat ontplof (baie vinnig verbrand) as dit ontsteek word. Kennis alle SAW en ek bedoel die OU SAW.

Ria ·

Stormrider, my man wat in die ou SAP was het my ook geleer dat dit springstof is en nie plofstof nie, ek word nou net so kwaad soos hy as iemand van plofstof praat.

Landi Slatter ·

Dagsê Stormrider

Baie dankie vir jou terugvoer. Volgens die sesde weergawe van die HAT kan dié twee woorde as sinonieme gebruik word. “Plofstof: ontplofbare stof, springstof. Springstof: Ontplofbare stof; byvoorbeeld dinamiet of plofstof.” Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Landi Slatter ·

Dagsê Bk9

Baie dankie vir jou terugvoer. Volgens die sesde weergawe van die HAT kan dié twee woorde as sinonieme gebruik word. “Plofstof: ontplofbare stof, springstof. Springstof: Ontplofbare stof; byvoorbeeld dinamiet of plofstof.” Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wirrim ·

Landi, in Engels is Springstof HE (of High Explosive) Dus, plofstof is seker maar reg,

Veritas ·

‘Plofstof, springstof, dinamiet, TNT, nitro gliserien, detoneerders of wat jy dit ookal wil noem, bly gevaarlik en geeneen met beperkte kennis hiervan behoort naby dit te kom nie. Selfs van die hedendaagse vuurwerke is lewensgevaarlik.

MM ·

Die honde eenheid se honde op daardie gebied is SPRINGSTOF honde en die plofstof honde nie!
se ek stem nie saam met jou HAT nie, maar wel saam met die ander lesers.

Andrea ·

Daar behoort n verskil in betekenis te wees. Ware sinonieme bestaan nie volgens semantiese teorieë nie.

Matmiet ·

Ek as onderwyser hetbnou al gesien dat die HAT raak lui. Hulle aanvaar sommer engelse woorde, anglisismes as afrikaans. Hoe onlangser die woordeboek hoe swakker. Daar is n duidelike verskil tussen die twee, springstof en plofstof. Maar soos die wereld is, ons pas aan by mense en die samelewing, wat swak styl is.

Matmiet ·

Net so by die wus en onwus… julle sê daar is “hamers” gevind en nie “hammers” nie. Engels vervang afrikaans…

Landi Slatter ·

Dagsê Matmiet

Dankie vir jou terugvoer. Die korrekte spelling is inderdaad ‘hamer’ en die meervoud ‘hamers’. Dit is volgens die AWS (Afrikaanse woordelys en spelreëls) en die sesde weergawe van die HAT.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jan maak n Plan ·

Ek dink iemand kan gerus groen worsie onder n paar siele in die parlement se stoele sit sodat hulle kan begin wakker word en hulle werk reg begin doen.

Justice ·

Ek stem vir springstof – jy spring van skok wanneer jy onverwags op daardie stof afkom.

SSS ·

Plofstof ontbrand teen subsoniese spoed maw stadiger as die spoed van klank. Springstof ontbrand teen supersoniese spoed maw vinniger as die spoed van klank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.