ʼn Russiese vragskip wat net buite die Ngqura-hawe noordoos van Port Elizabeth in aanhouding is nadat sowat 100 ton plofstof op die skip gevind is, het nie die nodige vervoerpermit om dié vrag te vervoer nie.
Suid-Afrika se departement van handel en nywerheid het Donderdag gesê die plofstof sal nie in Suid-Afrika afgelaai word nie. Volgens die departement het die polisie reeds die Suid-Afrikaanse Raad vir die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging (NPC) van die vrag in kennis gestel en die feit dat die skip nie oor ʼn vervoerpermit beskik nie.
“Die raad het bevestig dat die skip gekontroleerde items aan boord vir vervoerdoeleindes gehad het en nie in Suid-Afrika afgelaai sou word nie. Die plofstof vereis ʼn vervoerpermit wanneer die skip waarop dit vervoer word in Suid-Afrikaanse gebiedswaters beweeg. Die betrokke plofstof het burgerlike (industriële) én militêre toepassings en is daarom gekontroleerde items,” het die departement in ʼn verklaring gesê.
Doeanebeamptes het Sondag op die vraghouers vol kommersiële plofstof afgekom. Volgens mediaberigte behoort die skip aan die Russiese maatskappy Transloft in St. Petersburg. Die skip is in aanhouding geplaas om te bepaal waarheen die plofstof, wat glo miljoene rande werd is, bestem is.
Die departement het polisie- en doeanebeamptes geloof vir hul oplettendheid om die plofstof op die skip te ontdek. Volgens die departement stel die NPC en die Nasionale Vervolgingsgesag verdere ondersoek in.
Iemand het nie sy “cut” gekry nie.
Karolis, jy is só reg! Of die regte ou was afsiek.
Dit lyk baie verdag. Waarheen was hulle op pad ?
seker polokwane toe. dis mos daar in azani. ons weet mos wie se stronghold. daarom dat alles, grondonteiening, nationalisering van die banke en transformasie so gou as moontlik moet plaasvind.
Ek probeer nou nie hare kloof nie, maar beweeg ‘n skip of seil ‘n skip (maak nou nie saak of dit ‘n skip met seile of ‘n skroef is nie).
Shjoe!Verkieslik moet daai skippie verby vaaaar.
Ek kan hiermee saamleef. Jip, en ‘n slang seil oor die grond.
Ag die mense wat altyd n eier te lê het oor spelling