Die SA Pluimveevereniging (SAPV) voer ʼn jare lange stryd om te verhoed dat “afval”-hoender in Suid-Afrika gestort word. Hierdie organisasie het nou aansoek gedoen om teenstortingsregte op ingevoerde hoender uit vyf lande – Brasilië en vier lande uit die Europese Unie (EU), naamlik Denemarke, Ierland, Pole en Spanje.
“Ons het bewyse dat hierdie lande bevrore hoenderporsies in die Suid-Afrikaanse mark stort, wat onregverdige mededinging vir groot- en kleinboere beteken, en plaaslike werksverliese tot gevolg het,” sê Izaak Breitenbach, algemene bestuurder van SAPV se Braaikuikenorganisasie.
“Hierdie lande voer bevrore hoenderporsies in, dikwels teen laer pryse as die produksiekoste, en/of laer as wat hulle dieselfde produk op hul tuismarkte kan verkoop. Dit is nie net teen die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) en Suid-Afrikaanse handelsregulasies nie, dit is bloot onregverdig omdat dit werk in produsentelande skep, terwyl dit die plaaslike ekonomiese groei knou.”
Breitenbach het aangevoer dat hierdie onregverdige praktyke vroeër in gesprekke met die EU se verteenwoordigers in Suid-Afrika en AVEC (Pluimveeprosesseerders-en-handelsvereniging) in die EU geopper is, en dat die land teenstortingsregte sou aanvra indien dit nie aangeraak word nie.
Die aansoek grond die teenstortingsregte op die verskil tussen die prys van bevrore hoenderporsies in die produsenteland en die laer uitvoerprys van bevrore hoenderporsies na Suid-Afrika. Winssyfers van tot 201% is gevind.
“Dit is ʼn voortdurende stryd omdat uitvoerlande maniere ontwikkel om tariewe te omseil, onder meer deur hul pryse te verlaag,” het hy gesê. “Ongelukkig word hierdie pryse – so laag soos R6,86 per kg – nie aan verbruikers deurgegee nie, maar skep net ekstra winste vir die invoerwaardeketting.”
Die aansoek is by die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) ingedien, wat die klagte sal ondersoek voordat ʼn aanbeveling aan die minister van handel, nywerheid en mededinging gemaak sal word. Die aansoekproses sal na verwagting ongeveer 12 maande duur.
Die aansoek word deur ʼn groot aantal organisasies en entiteite ondersteun. Graanprodusente, kleinboere, kontrakboere, ʼn vakbond in die pluimveebedryf, asook ondernemings in die pluimveewaardeketting, soos toerusting- en voerverskaffers, het almal hul gewig agter SAPV ingegooi.
Breitenbach sê: “Die doel van die aansoeke is om die speelveld gelyk te maak en om billike mededinging in die Suid-Afrikaanse mark te verseker, deur die onregverdige voordeel wat uitvoerlande het uit die weg te ruim omdat hulle nie regverdige pryse vra nie. Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is volgens internasionale standaarde baie mededingend, en ons produseer hoender teen ʼn laer koste as die EU-lande. Tog stort EU-lande voortdurend hoender in Suid-Afrika omdat hulle enige prys sal aanvaar wat hulle kan kry vir die oortollige hoendervleis wat hul markte nie wil hê nie.”
My baklei is nie teen die invoer van hoenders ten koste van plaaslike produsente nie, maar teen die manier waarop dieselfde hoenders vetgemaak word. Waarskynlik min, indien enige beweegruimte, sodat gewig opgetel kan word. Die instansies wat mishandelaars van diere vasvat, ignoreer dit. En dan ook my verskoning aan die hoenders, omdat hoender porsies volgens my mening, onontbeerlik is om ‘n behoorlike braai van rooivleis af te rond. Ek skuld ook dieselfde verskoning aan die rooivleis diere, omdat ek nie ‘n vegetariër is nie.
Wie koop bevrore hoender?
?? Die meeste mense
Miljoene in SA koop bevrore hoender. Vars hoender is verskriklik duur vir die gewone SA burger.
Ek koop baie bevrore hoender vir my werkers ___ het jy ‘n probleem daarmee ?
Vir arm mense is dit die enigste vleis wat hulle kan bekostig, veral as hulle saam “club” en ‘n boks of sak vol koop en dan opdeel.
12 maande vir die “aansoekproses”?
Genade, ons is in die 21ste eeu – sonhorlosies is lankal uit gebruik.
Hierdie proses is nie onder ordentlike bestuur nie, dis duidelik.
Kan ons as SA genoeg produseer? Of is ons stelsel al so afgetakel dat hoender nou n skaarste gaan word wat die pryse die hoogte gaan laat inskiet? Hierdie tipe handels praktyke moet by die sjinese mense in ons land ook ondersoek word…. Hulle koop in SA net as hulle dit glad nie, of nie vinnig genoeg van Sjina af kan kry nie. Die myne van hulle in die noordkaap is n vb hiervan.
Ek sal graag plaaslik wil koop, maar om ñ gesin te voed, koop ons as verbruikers eerder goedkoper produkte.
Hoendervleis was vir baie jare bekostigbaar in piesangland.Nou skielik betaal jy R 69.00 per kg.Wie kry die grootste hap uit die hoender uit die produsent die middelman of die supermark of slaghuis.Kyk maar wat vra restaurante en ander eetplekke soos Kentucky en Nandos vir hoender.By one kos ‘n halwe hoender by Nandos nou R 60.00 .