PMB-bejaardes sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar het Donderdag in die vroeë oggendure in hul huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgebrand.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 02:30 na die huis in die Oribi-omgewing ontbied. “Brandbestryders was nog besig om die brand te blus toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “Die twee bejaardes se liggame is gevind nadat die brand geblus is.”

Die oorsaak van die band word deur die polisie ondersoek.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.