PMB-gevangenis glo dae lank sonder water

Argieffoto.

Argieffoto.

Gevangenes by Pietermaritzburg se New Prison in KwaZulu-Natal moet glo al die afgelope tien dae lank sonder water klaarkom, het The Witness Maandag berig.

Volgens ʼn gevangene, wat nie sy naam bekend wou maak nie, kry hulle slegs bruin brood om te eet. Daar is ook geen water vir die toilette nie.

Die gevangene het aan die koerant gesê dat hy die afgelope vyf dae glad nie ’n toilet vir ontlasting kan gebruik nie.

“Gevangenes word siek. Daar is baie vlieë en die gebou stink,” het hy gesê.

ʼn Tronkbewaarder, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê: “As gevangenes in Zimbabwe oproerig geraak het oor slegte kos, weet ek nie wat dié oortreders gaan doen as hulle net droë brood gegee word nie.”

Thulani Mdluli, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan die koerant gesê dat hy nie dadelik op navrae kan reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vic ·

Hmm. Weet darem nou nie of mens 10 dae sonder water kan oorleef nie…….

Charlene ·

Ek weet (meeste) van hulle is daar vir `n rede, maar dis baie onmenslik. Almal maak foute (behawe as jy daar is vir vergrating dan verdien jy dit of moord om `n kind) maar om die mense so te behandel is nie baie mooi nie. Ek glo as jy `n fout gemaak het en regtig berou enken jy was verkeerd! Jy gaan nog steeds gestraf word maar dan verdien jy teenminste om vergewe te word! Maak die goed reg niemand wil iemand ander se poo sien of ruik nie!

CHRISTA ·

Mdluli kan seker nie op die berig reageer nie, want hy weet nie eers wat in sy department aangaan nie, soos die res van ons regering se ministers. Hulle is mos net daar vir die vet salaris en gratis vakansies oorsee met hulle families.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.