PMB-man in veld doodgeskok, vriend beseer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Dinsdagaand in ʼn veld in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal doodgeskok.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Woensdag aan Maroela Media gesê die man is dood, en nog een beseer nadat hulle glo met ʼn oop kragkabel in aanraking gekom het.

“Die man wat beseer is, het geringe brandwonde opgedoen,” het Meiring gesê. “Hy het op die toneel aan paramedici gesê sy vriend lê verder in die veld en beweeg nie.”

Die brandweer moes die vriend se liggaam gaan haal, aangesien die toneel te gevaarlik was vir paramedici. “Die man was reeds dood toe die brandweer sy liggaam tot by die personeel gebring het.”

Die beseerde het aan owerhede gesê hulle het in die veld gestap en nie die ontblote kragkabel op die grond gesien voor hulle daarop getrap het nie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die Pietermaritzburg-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Zwane gesê. “Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.”

Zwane het gesê die polisie is steeds besig om die omstandighede rondom sy dood te ondersoek, en dit is nog te vroeg om te bepaal of sy dood met ʼn kabeldiefstalpoging verwant hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Op die kabel getrap, snert man, skoene sou hul beskerm het, dit is kabeldiefstal, sy vriend sou op dieselfde plek gele het, hul hande is gebruik vir die oprol van die kabel, kry vir julle!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit gebeur wanneer skelms te mak raak met elktrisiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.