PMB-polisie soek man oor bedrog van R400 000

Die verdagte wat gesoek word. Foto verskaf deur die SAPD

Die verdagte wat gesoek word. Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in Pietermaritzburg is dringend op soek na ʼn man in verband met beweerde bedrog van meer as R400 000 in Februarie 2014 by ʼn motorhandelaar in die stad.

“Die polisie doen ʼn dringende beroep op die publiek om met hulle in verbinding te tree indien hulle weet waar die persoon homself mag bevind,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

“ʼn Man, wat homself voorgedoen het as ʼn finansiële bestuurder, het op 4 Februarie glo ʼn motorhandelaar in Pietermaritzstraat genader,” het Zwane verduidelik. “Hy het finansiële dokumentasie en ʼn identiteitsdokument, met die naam Gugulethu Dannyboy Mnguni, voorgehou. Hy het ʼn silwer Toyota Fortuner ter waarde van R403 310-10 gekoop.”

Zwane sê die handelaar het, toe hy die papierwerk voltooi het, ontdek dat die besonderhede op die dokumentasie vervals is en het dadelik met die polisie in verbinding getree. Die man kon tot dusver nog nie opgespoor word nie. Hy is vermoedelik van Johannesburg.

Die polisie versoek dat enigiemand met verdere inligting met die ondersoekbeampte, ao Clive van Wyk by 033 845 2753 of 076 622 6274 of lt.kol. Naresh Nandhlal by 079 696 3712 in verbinding sal tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.