Kringtelevisiebeeldmateriaal is gebruik om ʼn man in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hy ʼn ander man in dié dorp in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.
Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het Sondagoggend omstreeks 06:25 in Kerkstraat plaasgevind. “Die man wat geskiet is, se identiteit is onbekend,” het Zwane gesê. “Die rede vir die skietery is ook nog nie in hierdie stadium bekend nie.”
Die 36-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Ek wil graag President Zuma vra om my te besoek, ek wil hom in die oë kyk en vra.! Los ander lande se probleme, maak on land S.A met ‘n bevel skoon van ALLES wat verkeerd is, ek PLEIT ASB