Pmb-skietery: Slagoffer het glo probeer wegjaag

(Foto: Netcare 911)

Die man wat Saterdag in die vroeë oggendure in Kerkstraat, Pietermaritzburg, in ʼn voertuig doodgeskiet is, het glo probeer vlug oomblikke voordat hy in ʼn ongeluk betrokke was.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die 33-jarige man wat in die voorval doodgeskiet is, was ʼn metertaxibestuurder. “Hy het met die metertaxi in Kerkstraat gery toe hy deur ʼn onbekende man voorgekeer is. Nadat ʼn rusie ontstaan het, het die verdagte hom glo in die nek geskiet,” het Gwala gesê.

“Die bestuurder het probeer om van die toneel te vlug, maar teen ʼn stilstaande voertuig gebots. Die verdagte het in ʼn wit VW Polo van die toneel gevlug.”

Maroela Media het vroeër berig Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het omstreeks 02:38 by hul aankoms op die toneel die motor en ʼn tweede voertuig aangetref wat in die botsing betrokke was. Die bestuurder van die motor is steeds in sy voertuig met ʼn skietwond aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Gwala sê ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

schalk ·

Wilde weste. Onwettige wapens wonder waar sal dit vandaan kom.diefstal by staatsinstellings miskien.Suid Afrika huis die swart vlag dis nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.