PMB-vrou het ouer eggenoot vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Thenjiwe Griffiths (25) van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Maandag skuldig bevind aan die moord en roof van haar 60-jarige man, Alan.

Die paartjie was agt maande lank getroud.

Alan se liggaam is in ʼn veld in Estcourt opgespoor. Hy is verwurg en geslaan.

Thenjiwe het glo met die moordenaars gereël om op 20 Januarie 2006 hulself as rylopers voor te doen op die pad naby Colenso waar sy en haar man sou ry.

Regter Rishi Seegobin was in die hooggeregshof in Pietermaritzburg besig met sy uitspraak toe die krag onderbreek is. Dit was te donker in die hofsaal om voort te gaan en hy het gesê hy sal Dinsdag sy redes vir sy besluit verskaf. Hy het beslis dat haar borgtog opgeskort word en sy in aanhouding gehou moet word.

Alan, ʼn alkoholis, was ʼn afgetrede ingenieur in Richardsbaai toe hy Thenjiwe, ʼn prostituut, ontmoet het. Sy het in ʼn plaaslike kroeg gewerk.

Josias Mare, Alan se voormalige prokureur, het aan die hof gesê dat sy kliënt binne ʼn maand nadat hulle getrou het, wou skei. Thenjiwe het glo sy motor oorgeneem, hom in die huis toegesluit of uitgesluit en sy het by haar familie ingetrek. Volgens Mare het Alan maandeliks ʼn pensioen van R4 500 ontvang wat Thenjiwe sou ontvang ná sy afsterwe. Sy grootste bate was egter die huis ter waarde van ongeveer R700 000. Hy het ook gesê sy kliënt se gesondheid het duidelik agteruitgegaan na die huwelik. Hy het die gevolge aan die paartjie verduidelik indien hulle binne gemeenskap van goedere sou trou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annemarie Basson ·

Meng jou met die semels dan vreet die varke jou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.