PNA-voorval: Wag se dienste ‘opgeskort’

Beserings wat die seun tydens die beweerde aanranding opgedoen het. Foto: Verskaf

Die veiligheidswag wat na bewering ʼn 16-jarige seun van Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangerand het, se dienste is glo opgeskort.

Maroela Media het vroeër berig die seun, wie se naam weerhou word om sy identiteit te beskerm, moes verlede Donderdagaand in die hospitaal deurbring nadat hy vroeër die dag glo deur ʼn veiligheidswag onder meer met ʼn knuppel geslaan is.

Die seun is daarvan beskuldig dat hy verlede Maandag ware by die PNA-winkel by die winkelsentrum gesteel het. Hy het Donderdag omstreeks 10:00 in die parkeergebied van die winkelsentrum geloop toe ʼn vrou wat by die winkel werk hom glo gesien en herken het. Sy het die veiligheidswag geroep en hulle het die seun na bewering in die winkel ingesleep, die deure gesluit en hom in ʼn kamertjie toegesluit waar die wag die seun glo “pimpel en pers” geslaan het. [Sien foto’s hier]

ʼn Werker by die winkel het intussen die polisie ontbied, waarna die polisie die seun in hegtenis geneem, geboei en agter in ʼn vangwa gesit het. Die polisie het sy ouers omstreeks 10:20 in kennis gestel dat hy op ʼn aanklag van diefstal in hegtenis geneem is. Toe hulle verneem van die beweerde aanranding het hulle daarop aangedring om hom na ʼn hospitaal te neem, waar hy opgeneem is vir waarneming.

Herman Botha, groephoofbestuurder van PNA Stationers, het Donderdag gesê die burgerlike inhegtenisneming deur die veiligheidswag en personeel van die PNA-winkel by die Lephalale Square-winkelsentrum het daartoe gelei dat die konsessiemaatskappy onmiddellik tussenbeide getree en ʼn interne ondersoek van stapel gestuur het.

Hy het gesê die veiligheidswag is nie ʼn werknemer van PNA nie.

“Ons is geskok om te verneem van die beweerde optrede van die veiligheidswag, asook dat dit plaasgevind het by een van ons konsessiewinkels. Ons kan bevestig dat die werkgewer van die veiligheidswag sy dienste intussen opgeskort het en dat ʼn saak by die plaaslike polisie aanhangig gemaak is,” het Botha gesê.

“Die Suid-Afrikaanse regstelsel erken die regte van winkeleienaars om hulself te beskerm teen winkeldiefstal, maar terselfdertyd moet hulle die grondwetlike regte van verbruikers in gedagte hou. Soos onder meer die reg om met menswaardigheid behandel te word, asook die reg om as onskuldig beskou te word totdat die teendeel bewys word.”

Botha het gesê PNA is verbind daartoe om met integriteit en inagneming van die wette van die land handel te dryf en die groep verwag dieselfde van sy konsessiehouers.

“Weens die erns van die saak, het ek en een van PNA se direkteure Lephalale Sondag en Maandag besoek met die doel om al die feite in te win om sodoende die nodige stappe te kan doen. Ons het ook na die seun se gesin uitgereik. Ons vertrou dat ons klante en die hele gemeenskap die uitslag van die indiepte-ondersoek geduldig sal afwag.”

Hy het gesê ongeag die uitkoms van die polisie-ondersoek en die bevindinge van die interne ondersoek, het PNA reeds daadwerklike stappe gedoen om sy bedryfshandleiding te hersien, met verwysing na aanvaarbare praktyke vir die aanhouding van winkeldiefstal-verdagtes.

“Al PNA se konsessiehouers sal opleiding ontvang ten einde ʼn soortgelyke voorval in die toekoms te verhoed,” het Botha bygevoeg.

Die polisie het reeds bevestig ʼn saak van aanranding word teen die veiligheidswag ondersoek. ʼn Saak van diefstal is ook teen die seun aanhangig gemaak en word ondersoek.

Verskeie pogings om Donderdag kommentaar van die polisie in verband met die vordering van die ondersoeke te kry, was onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

willie ·

Weereens so die wag wit gewees het en die slagoffer swart, dan was die wag van dag een af toegesluit en het die minister laankal ingegryp! Onstellend patetiese optrede, maar wat anders het ons verwag sal gebeur! Die doodskis voorval is ñ sprekende voorbeeld, weereens geen borg nie!

Dereck Le Roux ·

Die veiligheidswag se dienste opgeskort, as dit my kind was was sy dienste permanent hier op aarde opgeskort veral as hy nog nie in hegtenis geneem is nie, ‘n mens wonder wat die uitkoms gewees het as die veiligheidswag ‘n witman was en die minderjarige seun ‘n swart seun was hoe sou die scenario en die politieke en internasionale verontwaardiging en skok sou wees???

Marnus ·

As dit my kind was wat so aangerand was deur ‘n veiligheidswag sou ek vir liewe Jesus moes vra vir hulp. “Liewe Jesus gaan jy jou swart dissipel kom haal of moet ek hom vir jou stuur?” Hier is ongelukkig nie plek vir altwee van ons op hierdie aarde nie.

HPV ·

Wag rand seun ernstig aan, sigbare beserings. Wag word nie in hegtenis geneem.
Weermaglid skiet vrou by verkeerslig. Weermaglid word nie in hegtenis geneem.
Twee witmans laat ‘n swarman in ‘n doodskis klim, geen sigbare beserings, word summier in hegtenis geneem, borgtog gweier en kry saam 26 jaar tronkstraf. Iets is baie verkeerd! Geen witmens kan so ‘n stelsel vertrou nie. Dit is tyd dat ons antwoorde eis.

Pottie ·

Asb laat dieselfde wette oral geld. 2 kry lank tronstraf vir doodskis episode en ek wil sien dat dieselfde hier gebeur. Wat het geword van die weermagpersoon wat die vrou geskiet het? Waarom voel dit vir my asof daar nie geregtigheid is nie?

ECB ·

Pottie, want daar is nie geregtiheid nie. Ons moet nou begin opstaan vir ons self want niemand gaan dit vir ons doen nie. Graag wil ook weet WAT doen Afriform hieroor. Ek wil sien dat Afriform baie streng optree teen die polisie en eis dat die wag gearresteer word anders gaan ek my bydraes aan Solidariteit en Afriform staak.

JZ ·

ECB:- dit lyk as of jy Afriform en Solidariteit nou dreig, hoop net jy doen meer in jou lewe vir burgerregte as wat genoemdes in eendag doen.

Ekke ·

ECB ek voel dieselfde, Afriforum jaag Grace Mugabe en wie ook al maar in die saak bly hulle tjoepstil. Die saak lê ons na aan die hart veral na die die doodskis saak. Ek wil regverdigheid sien, en Grace Mugabe traak my nie regtig nie, die raak my.

Muffin ·

Wat my aan betref moes die wag gearresteer gewees het. SAP ondersoek die saak maar pogings om vordering te verkry was onsuksesvol. Pateties. Die saak sal seker net so verdwyn.

KG ·

Daar word heeltyd gefokus op die veiligheidswag, maar ek wil graag weet wat van die PNA werknemer wat ook betrokke was??

Brian ·

Die PNA Dame wat hom in die Winkel toegesluit het, moet ook afgedank word – onmiddelik !!

Gerrit ·

Dit is n bewys dat rassisme gesond en lewendig is en dat diskriminasie teenoor wit mense n omgekeerde apartheids eers binnegaan.

Realis ·

Kom nou mense. Hierdie raak nou holrug gery. “ONS MOET OPSTAAN”. Wat beteken dit en wie vat die leiding? Altyd n paar snedige opmerkings en dan lyk my voel ons dat ons ons kant nou gebring het. Ek het n hond wat ook nadat hy sy been gelig het so klompie stof opskop en daarna stap hy baie tevrede weg. Kom ons hou op met die ou retoriek en fokus op iets wat uitkoms sal bring. Wat dit is weet ek nie, want daar is niemand wat vir ons opstaan nie. Tot dan help die stof opskop net mooi niks

KG ·

Stem volkome saam met jou Realis. Antwoorde het ek ook beslis nie, maar dis altyd maklik om te noem ons moet saamstaan, ens. My vraag is altyd HOE gaan ons dit doen?

Pieta ·

Smaak my jy het ook maar net stof opgeskop. Wat doen jy, realis?

Penellope Jones ·

Hoekom is hierdie berig en foto’s nie in die Engelse media nie?

Osie ·

Klink nie vir my of PNA regtig probeer om hul reputasie te red nie. So, die wag se dienste is opgeskort. Maar die aanranding en ontvoering vd minderjarige seun het op PNA perseel plaas gevind.

Al hoe PNA sal leer is om hulle te laat “SPUR”.

Geld praat altyd.

Boet Fasie ·

Die veiligheidswag is nie ‘n werknemer van PNA nie maar hy word toegelaat om op PNA se perseel ‘n 16 jarige seun onregmatig toe te sluit en nog die kind aan te rand ook
Die kind se ouers het volgens wet nie die reg om die kind te slaan nie, maar PNA en sy werkers sien toe dat ‘n kind op hulle perseel aangerand word met die doel om ernstig te beseer. Sies – boikot PNA

Hansie slim ·

Ek stem saam met Realis, help niks ons praat en doen niks.
Die paar mense wat ‘n tyd gelede probeer het om iets te doen, is aangekla vir hoogverraad. Nou is almal te bang om asem te haal.

TDW ·

Welgedaan PNA. Baie goeie hantering van hierdie saak. Dis hoe so iets benader moet word, maak nie saak van ras of klas nie. Ek hoor mense wat baklei oor die doodskis saak in vergelyking met hierdie saak, maar mense, onthou dat geregtigheid moet geskiet, en dit was nie die geval met die doodskis saak nie, maar dit mag nie ons norm word nie, basta met oog vir ‘n oog. Daardie saak was verseker verkeerd hanteer, maar hierdie saak is met integriteit hanteer. Kom ons wees beter. Dankie PNA vir julle goeie voorbeeld. Ek glo wel dat indien die ras omgekeer was, politieke inmenging julle sou dwing om meer drasties op te tree. Dis waarteen Afriforum/solidariteit baklei. PNA, julle het goed gedoen.

alwyn burger ·

Die wag se optrede hoe irrasioneel dit ookal lyk , is nie die oorsaak nie….dit is die gevolg

Henk ·

Gevolg van wat? N beweerde diefstal wat na bewering vier dae vroeer plaasgevind het en waarvoor geen bewyse tot dusver opgelewer is nie? Waarvoor daar nie op die Maandag tot na die voorval n saak geopen is nie?

Reinhardt ·

Dankie Alwyn. Ongelukkig gaan niemand op hierdie forum met jou saamstem nie, want die dubbele standaarde in ons Afrikaners se denkwyse en geheues is net so opvallend soos die in ons regstelsel en media.

Chilli ·

Hierdie kind het meer houe weg as die man van die “doodskis sage” en die wag word aangekla van aanranding. Hoe de hel kry die gereg dit reg om daardie 2 ouens wat die man in die kis gesit het te kon aankla va poging tot moord?????

Suzie ·

Maar wat van die PNA werknemer? Het sy nie ook verkeerd opgetree nie? Sou die seun skuldig wees, hoekom het sy nie die betrokke Maandag toe hy glo die goed geneem het, opgetree nie?

CORRIE ·

Sy is seker die regte vel kleur, dis hoekom sy niks sal oor kom nie

bgj van der westhuizen ·

daar word gese ons moet wag en kyk wat bevind word nee die swart bevolking doen dit nie so nie
1 . land wyd moet daar niks by pna winkels gekoop word deur wit mense nie dit sal hulle dwing om baie gou eits te doen
2 die wag werk vir eimand as dit nie vir pna is nie dan is die winkel in n winkel sentrum doen die selde koop niks by die winkel sentrum nie en al die ander besighied gaan verloor en hulle kan dan die sentrum dwing om die wag weg te maak ons moet begin doen soos hulle wand al wat verstaan word in die land is GELD mense lewens is goed koop

Peet J ·

Indien die veiligheidswag nie as ‘n sekuriteitwag opleiding ondergaan het nie en ook nie geregistreer is by die ” Private Security Industry Regulatory Authority” nie en ook nie oor een van die volgende grade bv. A B C D E beskik nie mag hy/sy nie sekuriteitswerk verrig nie.
Nie eers ‘n geregsdienaar beskik oor die magte om ‘n persoon aan te rand nie.

Jakkalas ·

Interessant dat die hoofstroom “Engelse” media glad nie oor hierdie voorval berig nie.

Wonder waarom nie?

Absoluut ·

Absoluut, hoekom is die saak nie Maandag aangemeld nie, iets klink hier nie reg nie. Indien die seun dit regtig geneem het, sal hul dit nooit kan bewys, die werknemer kon hom of haar misgis het. Ek hoop regtig die saak word met die regte respek geneem en uitgesorteer. Ek hoop mense regte gryp in hier. Hierdie seun is in die parkeer terrein opgemerk en as die dief beskou/beskuldig. Ek sê geensins dat hy dit nie gedoen het nie, maar ek het beslis bedenkinge.

anoniem ·

Dis feit Henk wat jy noem, dis net omgeswaai en die een het lelike merke en die ander een het nie gehad nie……

Antonie ·

Gaan die wag nie aangekla word vir poging tot moord nie? Hy moet ten minste 20 jaar tronk toe gestuur word.

Erika ·

Al wat ek wil weet….hoekom help Afriforum of Soladariteit nie of gaan ons fondse
maandeliks vir iets anders?

Lien ·

Dankie MM vir berriggewing oor hierdie saak waaroor alle ander media swyg soos die graf. Ek stel voor die seun se beserings word gepubliseer, maar nie eksplisiet sy hele liggaam nie. Waarskynlik is alles vir hom ‘n uiterste verleentheid, veral onder bekendes. Sterkte vir hom en sy gesin.

My bloeddruk is hoog! ·

Ongeag of die kind iets gegaps het of nie die wag het buite sy regte opgetree! Wie dink die gedrog is hy om iemand so aan te rand, dan nog nie eens genoem dat dit n minderjarige kind is nie????
Ek wonder nie eens wat sou gebeur het as die kind nie blank en die wag blank was nie, ek weet! Ek hoef nie eens te wonder nie, ek weet, ons almal weet dat so n daad deur n blanke op n nie blanke sou die koerante oorsee dit gesien het en hul sou dit aan helse klok gehang het om die blankes in Suid AFRIKA weer te smeer soos hul altyd doen glo my ek bly oorsee ek sien waat hul oorsee plaas en wat nie !
Met al die onregverdigge dubbel standaarde, rassisties en eensydig en onregverdig hoe die blankes behandel word vir enige soort gelyke dade en die nie blankes letterlik weg kom met moord!!!Wag en sien die nie blanke aanrander van n minderjarige blanke kind gaan net weereens n tik op die hand kry…..ongelooflik!

Vermeende ·

Kan Solidariteit of Afriform dan nie help om geregtigheid te laat seevier deur regstelling in die glagstaat te die wag te bring nie, hierdie is nie net aanranding nie. Die wag het die kind met die dood gedreig en hom fisies in die hospitaal in gemoker, dit is poging tot moord.
As die kind se ouers nie betalinde lede van Solidariteit is nie so ook is mej Engels ook nie.
Bring geregtigheid, daai wag moet terreg staan op poging tot moord!

JZ ·

Die wat Afriform en Solidariteit in gedrang bring ,is hulle lede ? ,of teer hulle ook op ander. Die twee genoemdes doen werk van onskatbare vir burgerregte in die Land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.