Poetin-lasbrief ‘krap sake om’ vir SA

Pres. Wladimir Poetin (Foto: Grigory SYSOYEV / SPUTNIK / AFP)

Die lasbrief vir die inhegtenisneming van Rusland se president Wladimir Poetin krap sake vir die Suid-Afrikaanse regering om aangesien ’n Brics-beraad in Augustus in die land plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse regering, wat noue bande met Rusland het, word deur ’n diplomatieke dilemma in die gesig gestaar nadat die Internasionale Strafhof ʼn lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming uitgereik het.

Poetin is veronderstel om later vanjaar die Brics-beraad by te woon, maar Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van die Statuut van Rome en daar sal verwag word dat hy in hegtenis geneem word sodra hy in die land aankom.

“Daar sal van alle staatshoofde verwag word om die beraad by te woon. Maar nou krap hierdie lasbrief van die Internasionale Strafhof sake om,” het Vincent Magwenya, president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Woensdag gesê.

“Wat dit bepaal, is dat daar verdere gesprekke moet wees wat betref hoe dit bestuur gaan word en daardie dialoog is aan die gang. Sodra dit afgehandel is, sal die nodige aankondigings gemaak word.”

Suid-Afrika weier om Rusland se inval van Oekraïne, wat Moskou grootliks op die internasionale verhoog geïsoleer het, te veroordeel, en sê hy wil neutraal bly en verkies dialoog om die oorlog te beëindig.

Suid-Afrika het ook vroeër vanjaar gesamentlike militêre oefeninge met China en Rusland gehou.

Die DA het versoek dat Poetin in hegtenis geneem moet word indien hy na Suid-Afrika kom en dat die Internasionale Strafhof die regering moet dwing om dit te doen.

Die SAKP het die regering egter versoek om die Russiese leier te verwelkom en eerder aan die Internasionale Strafhof te onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

melaney ·

Daar is geen manier dat Poetin in hegtenis geneem sal word nie. Die minste wat hom sal oorkom is dat hy by JZ aan huis sit, ‘n paar zulu woorde aanleer, saam met hom kêkkel, en dan terugkeer Rusland toe.

TruthDealer ·

Hou dan maar die beraad in Rusland of China. Ek is seker die SA ANC afgevaardigdes wat gereeld rondrits met die belastingbetalers se geld, sal nie omgee nie. Nog n ou vakansietjie vir hulle en dit sal groot moeilikheid verhoed.

Wondermaarnet ·

CR en kie sal nooit dat Poetin in hegtenis geneem word nie. Zuma het sterk bande gesmee en CR het aangegaan daarmee.

A ·

Ons ANC regering (en Afrikaanser konserwatiewe gemeenskap) sal nie toelaat dat Poetin gearresteer word nie.

Poetin sal ook nie ‘n kaans vat nie, hy vertrou nie hierdie klomp Africans nie.

Treurwilger ·

George W. Bush is as oorlogsmisdadiger verklaar.
Glo nie hy is al ooit in hegtenis geneem nie.
Hoe werk dié storie presies?

Dooierus ·

Nie n Bush of Putin aanhanger nie, maar probeer om jou vraag te beantwoord. Een van die redes waarom ICC nie n dagvaardiging uitgereik het vir Bush , is glo omdat Irak glo nie n Lidland van ICC was nie en dat die UN ook nie die saak by Icc aangemeld het nie. Maar Bush het wel sekere besoeke aan sekere lande uitgestel omdat hy bang was en is vir arrestasie . maar om meer regverdig te wees moet Bush,Obama Trump en Biden aanspreeklik gehou word vir verskeie gevalle. Libie , Syria, Honduras ens.

Michael ·

Die enigste staatshoof wat in hegtenis geneem moet word is Biden

Johanna ·

Gaan ANCgeld maak uit die storie? Dan sal alles mos gebeur. Eish DAT ONS nou met Rusland tjommies is. Die Here sal ons genadig Moet wees

Aai ·

Hier kom SA se probleme van die res van die wereld sanksies teen SA met die komplimente van die @NC.

Gert ·

En ons gaan nie vir onsself kan sorg soos vroeër toe ons sanksies teen ons gehad het nie

Dirk ·

Die ANC en EFF gaan nie daardie sanksies voel nie ongelukkig. Net die mense wat werklik die land dra op hul skouers.

annie ·

Jacnee, ons moet dadelik boedel oorgee. Soos gewoonlik. Afrikaners wil net weghol. Die aarde is rond kom ons nou agter. Die trekkerboere is amper weer terug in die Kaap en soek nou vir duur parkeerplek.

JohanR ·

Hy sal gou ingesmokkel word, en net soe vinnig op ‘n vliegtuig weer land uit wees. Pasop vir al die ANC truuks!

Watsenaam ·

Liewe JohanR wat stel jy voor moet gedoen word. Dink jy dit sal help as ons op al die landingstroke in die land gaan betoog om te stop dat hy die land binne kom?

Amelia ·

SA sal hom nie in hetenis neem nie Russe gaan seker bespreek hoe hul verder sa in hul hande het Russe besoek sa darm nou te gereeld

JN ·

En van die ander oorsee se lande Engekand Australia Amerika ens wat die einste Anc kommuniste as slagoffers geag het toe selfs op gehemel het as ikone word nou goed onder hul Alies geskop met n sterk dosis van realiteit…
Die een kommunis ondersteun die ander kommunis en hul voel n veer van wat jy dink en nou kom hul sie cANCer ware kleure voort nê..

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerm teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg. Net wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Marthinus W ·

Rusland wou nooit die Donbas beset nie; hulle is gedwing. En die volk in die gebied het gevra daarvoor. Vanaf 21 febr 2014 tot met Rusland se intrede op 24 febr 2022, is meer as 18 000 Oekrainers in die Donbas deur Kief vermoor. Niemand het n vinger gelig, en Poetin het in die openbaar gevra dat hulle beskerm moet word. Porosjenko en Zelenski het alle Russiessprekendes as terroriste verklaar, as wettiging om hulle te dood. Tans word almal in Oekraine gedwing om slegs in Oekrains te bid.

Andre ·

Mense moet tog Rusland se geskiedenis leer, en nie so vinnig kommentaar probeer lewer nie. Maar “media influencers” word seker darrem goed betaal.

JN ·

N kommunis bly n kommunis!………Totalitêr, Diktatuur…
Dit is ok om Amerika nie te vetrou nie maar weet ook net waarvoor Rusland staan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.