‘Poets’ glo rede vir Piet Croucamp se afdanking

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Die politieke wetenskaplike, dr. Piet Croucamp, se dienste by die Universiteit van Johannesburg (UJ) is glo beëindig omdat hy ʼn kollega ʼn poets gebak het.

Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, het Vrydag aan Maroela Media gesê Croucamp sal op 30 Junie by die universiteit klaarmaak, maar hy wou nie spesifiseer of Croucamp afgedank is of self besluit het om te gaan nie.

Croucamp het egter Vrydag op sy Facebook-blad beweer sy dienste is beëindig omdat hy ʼn kollega ʼn poets gebak het. Netwerk24 berig Croucamp het glo in Februarie ʼn vroulike kollega in haar kantoor toegesluit en die sleutel weggesteek “op ʼn plek waar hy geglo het sy sal dit kry”. Sy het egter nie die sleutel gekry nie en die voorval het tot ʼn formele tugproses gelei, waarna Croucamp afgedank is.

In dieselfde inskrywing het Croucamp gesê hy is voorheen deur die UJ gekontak oor sy betrokkenheid by Eugene de Kock en oor ‘godslasterlike uitlatings’ wat hy gemaak het tydens ʼn debat met prof. Richard Howe van die Southern Evangelical Seminary oor die bestaan van God in Augustus 2013. Klankopnames van die debat het sedertdien al verskeie kere die rondte op sosiale media gedoen.

“Die groot hamer is gebruik, maar ek aanvaar my teenwoordigheid by UJ maak nie meer sin nie. Maybe it all adds up,” het Croucamp in sy Facebook-inskrywing gesê. Ondanks verskeie pogings deur Maroela Media om Croucamp te kontak, kon hy nie Vrydag telefonies bereik word nie.

Esterhuizen se foon het ook later Vrydagmiddag onbeantwoord gebly. Hy het vroeër die dag aan Maroela Media gesê Croucamp se vertrek hou nie met die kwessie van die omstrede klankopname verband nie en die UJ jaag nie langer die kwessie van daardie opname na nie.

Maroela Media het vandeesmaand berig Croucamp sal nie die nuwe reeks van MegaBoere aanbied nie. Wynand Dreyer, regisseur van MegaBoere, het aan Maroela Media gesê Croucamp het reeds, voordat besluit is om ʼn derde reeks van MegaBoere te verfilm, aangedui hy sal nie beskikbaar sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Francie ·

Theo, mens sal ook nie weet hoeveel flou poetse al gebak is nie né.

Stem 100% saam!!! Die wiel het begin draai. Mens kani altyd sulke uitlatings maak en los kom nie. Jammer Piet.....nou tyd om te besin oor alles ne. ·

Stem 100 % saam. Mens kani heeltyd sulke uitlatings maak en vry loop daarvan nie. Nou het jy tyd om biekie te dink ou Piet.

Marie Hall ·

Piet ‘domineer’ vrouens in die werksplek al hoeveel jare met sy agressiewe houding. Dankie tog die wiel begin draai.

Faasinspekteur Baber ·

Hoe moes sy die sleutel kry?? Sy was dan in die kantoor toegesluit? Behalwe as hy saam haar in die toegesluite kantoor was, en die sleutel in sy broeksak…

Sus ·

Hoe sê die spreekwoord……elke hond kry sy dag maar ‘n brak kry ‘n naweek!

Piet Snot ·

In watter wêreld leef ons: Jy laster God, dis OK. Jy bak ‘n poets, jy word afgedank.
Ons waardes is effe skeef.

rudi ·

Ek stem saam. Dis skokkend om te dink dat hy laster en christene so vloek en dat NIKS daarvan gekom het nie! Om op te staan vir Christelike waardes word mos as ‘n skande beskou. Ek was een van min mense wat op sosiale media teen sy laster opgestaan het. Meeste ander Christene het net soos ‘n regte liberaal gebuig en dankie gese. Mens moet mos die ander wang hou as die duiwel jou vermorsel

Cherokee ·

Miskien bak kroukamp nou vir Maroela ‘n poets en miskien is dit karma soos Andrè sê.
Die man kry egter absoluut te veel onverdiende aandag maar klaarblyklk jag hy daarvoor.

Dirk Breytenbach ·

Piet en Max kan ‘n klub stig: Liga vir verbitterde uitgediendes.

johann cb ·

Wat ook al die rede, hy het dit aanvaar todat hy hulle dagvaar vir onregmatige afdanking. Dan tree hy af!

Susan ·

Moenie worry nie, Piet. Jy sal gou weer werk kry met jou kwalifikasies. Jy sou in elk geval een of ander tyd moes gaan. Bietjie lig van vel – versta jy? Die poets: Ai mans bly maar seuns. Net die speelgoed word duurder.

AG ·

@ poplap dis nou baie onsmaaklik van jou uitlating van Piet se kwalifikasies
Dit wys nou maar net jou karakter aan ons!!

JT ·

Hy het nie regtig gestudeerde kwalifikasies nie! Studie oor taxis in SA gedoen en is vereer daarvoor. Nie regtig jare by ‘n universiteit deur gebring as student nie.

Poplap ·

Ag Jammer AG!
Hoe moes ek nou weet dat jy so beïndruk met ou Piet se navorsing oor taxi staanplekke is!!!

Poplap ·

Ag nou wonder ek waarom en vir wat is my eerste poging met dieselfde inhoud as hierdie ene, verwyder is.
Ag ja. Miskien moes ek nie dit gevra het nie, want nou gaan alles seker weer verdwyn…
Blykbaar is ou Piet se lasterlike uitlatings meer aanvaarbaar, as my verwysing na sy ‘akademiese belangstellingsvelde’.

Poplap ·

Agge nee!
Jammer vir allie vikkeerde isse in die eerste sin.

charmaine ·

Piet, sien jy nou..God bestaan wel…en Hy laat nie met hom spot nie. Wat jy gesaai het, maai jy nou. Ek bid vir jou.

Elizabeth ·

Sjoe, al die toesnouings, aanvalle, selfregverdigings en so meer laat my wonder hoekom Christus ooit die moeite gedoen het om aan ‘n spul sondaars die Bergrede voor te dra… dink julle regtig God is so ‘klein’ dat wat PC of watter ateis ook al van Hom se, hom kan raak?

Veritas ·

Elizabeth, God laat nie met Hom mors nie. Hy het alle lewende wesens, behalwe dié op die ark, vernietig omdat hulle nie wou luister nie. PC kan bly wees dat hy ‘n waarskuwing gekry het.

Adoons ·

Gewoon kinderagtig – die tipe poets wat graad 9-seuns op hul onderwyser sou bak.

vermeende ·

watter ras is die kolega??????
Ek dink my vermoede is reg.

Ernest ·

Ag Piet Croucamp…..goodbye…!!!!!!! Ek kan my ook nie met jou vereenselwig nie……gaan soek vir jou ‘n plek oorsee……..ons sal jou nie mis nie..!!!!

Lh ·

Dankie tog, miskien sal sy vuil kopdoek nou vir n slag gewas kan word.

cobusp ·

Dok piet jy het jou nouself in n hoek in geverf………”Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp sal kom van die Here wat hemel en aarde geskape het”. ……..sorry jy is mos n ateis glo nie aan God en dat Hy die aarde geskape het nie………wonder wie jy nou vir hulp gaan Nader………..? Met al jou doktor kwalifikasies het jy nog inderwaarheid niks geleer nie…….baie sad……..bid vir jou

Andrea van Vuren ·

Piet, gaan klop by Zuma aan vir raad en geld. Hy het baie.

AG ·

@ poplap,
Die kommentaar deur jou is van ‘n baie lae standaard. Wonder maar oor jou en ander se kommentaar hier!!!!!

DewaldS ·

Ag nee wat, AG – poplap se kommentaar is reg op die sensitiewe ou senuweetjie? en is op die keper beskou van ‘n hoër gehalte en meer intelligent as die gemiddelde PC braakseltjies wat ons maar moes sluk..

Milan ·

Piet, God se genade is groot. Vra hom om verskoning vir jou roekelose uitlatings, en dit mag dalk met jou beter gaan.

Ans ·

Piet, nou sal jy begin besef God laat nie met HOM spot of Hom beledig nie!! Jy sal dalk in die komende tydperk in jou lewe weer leer bid!

Rapes ·

Al julle klomp dweepers wat so teen Piet uitvaar wie gee julle die reg om hom te veroordeel. Sies man.

Rapes ·

Jammer Poplap net ‘n tikfout, maar jy moenie jou aan my steur nie. Die een wat veroordeel sal op dieselfde wyse geoordeel word.

GES ·

Totsiens PC. Eendag as jy tot jou sinne gekom en jou sonde bely het sal ons jou graag terugverwelkom.

Buks ·

Ek hoop net RSG lees al die kommentaar en hou onse
Piet die verlore seun van die lug af. Bakker ek dink jy is reg.

John ·

Piet, hou op met die selfvernietiging! Wat mense oor jou se, is nie ter sake nie. Ek wonder net of die mense wat jou so graag wil kruisig, die wil van die Vader uitvoer en veral liefdevol en vergewend teenoor hul eie ouers, kinders, broers en susters en die ander naastes optree sodat hul eie sondes vergewe kan word. Sover ek kan sien is dit juis een van ons se volkie se groot probleme; hierdie ‘beter as’-gevoel met die gebed van die fariseer en die tollenaar as voorbeeld. Ons gaan onder mense, en hang reeds so te se aan die kruis, maar ons bid nie vir mekaar nie… en veral nie vir ons eie liefdelose harte nie… en ek is nie ‘ n predikant nie… ook maar net een van julle…

albert ·

Piet kyk of jy nie n program in Zimbabwe kon los slaan nie – noem dit ook maar sommer Mega Boere

Koos Karoo ·

Enigiemand met so ‘n bedenklike mentaliteit om dit as ‘n “poets” te beskou, verdien nie om op universiteitesvlak aan studente blootgestel te word nie. Naief verby.

Alta Schutte ·

Daar bly vir jou net een uitweg….KOM TOT BEKERING! Dis nognie te laat nie…

Harrie ·

Piet jy het reeds ‘n kopdoek, kry nou vir jou ‘ n dress en ‘n paar slippers en ‘n koran en word ‘n finasiele evangelis…

Hans ·

Ek ken nie vir Piet nie. Merk op dat meeste kommentaar kleinlik is. As ek Piet was sou ek nie die kommentare ernstig opneem nie.

anna ·

Stem heelhartig met jou saam Hans. As Christene sê ons dat ons ons medemens / vyand moet lief hê, maar ons aksie in woorde weerspreek hierdie kern van ons geloof. Wie is ek om die eerste klip te gooi?
“We judge others by their actions and ourselves by our good intentions”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.