Poetsbellers gaan aan die pen ry

Argieffoto

Argieffoto

Kaapstad se 107 Openbare Noodkommunikasiesentrum het Donderdag gesê dié sentrum gaan poetsbakkers voortaan aan die pen laat ry.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die noodkommunikasiesentrum word al vir te lank misbruik.

“Die stad Kaapstad berei voor om poetsbakkers wat misbruik maak van die 107-noodnommer op te spoor en te vervolg,” het Smith gesê, nadat die sentrum 102 217 poetsoproepe in 2015 ontvang het – bykans 20% van al die oproepe na die sentrum deur die hele jaar.

Hy het gesê operateurs kry gemiddeld meer as 8 500 poetsoproepe in een maand.

“Die oproepe neem altyd toe in Januarie, April en Augustus en wissel van vulgêre oproepe tot verbale mishandeling.”

Smith sê hoewel kinders dikwels die skuld vir dié oproepe kry, is baie volwassenes dikwels die sondaar.

“Dit is onaanvaarbaar dat mense sulke dinge doen wanneer operateurs hul werk ernstig opneem en met waardigheid doen. Dit is ook onregverdig teenoor mense wat nie by ʼn operateur kan uitkom nie, omdat die lyne oorlaai is met poetsbakkers,” het hy bygevoeg.

Oproepe na die 107-noodnommer is gratis van ʼn Telkom-landlyn of van die 112-noodnommer vir selfoonnetwerke.

Smith het gesê die stad se spesiale ondersoekeenheid sal inligting van die top tien ‘gewoontemisdadigers’ versamel en ʼn klag teen die mense indien.

Hy het ook gesê die klagtes sal afhang van die soort oproep wat gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CommentQueen ·

Hahaha. Jammer ek lag, maar dit klink soos iets wat ek en my maats kon doen toe ons nog kinders was. Goeie ou dae.hehehe
….Maar ek verstaan dat dit baie steurend en tydrowend moet wees vir die mense wat die werk doen.
?

johann cb ·

Laat ry hulle aan die pen! Ek kry daagliks vir nege jaar al naamlose oproepe en niemand kan of wil help nie. Nie eens die SAPD nie! Dit is ‘n liederlike ergernis, maar ek weier om my nommers te verander.

MM ·

Ek wonder hoekom word hulle nie vervolg nie, want dit is ‘n bylae 1 misdaad met tronkstraf tot 7 jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.