POF betaal R22 miljard ná ongelukke

Argieffoto van 'n ongeluk Foto: Netcare 911

Argieffoto van ‘n ongeluk Foto: Netcare 911

Die Padongelukkefonds het in die 2013/14 finansiële jaar meer as R22 miljard aan persone uitbetaal wat ongelukke oorleef het.

“Ons kontantuitgawe is meer as die inkomste wat ons verdien het, so ons moes van ons kontantreserwes gebruik maak om die bykomende behoefte aan te spreek,” het Eugene Watson, uitvoerende hoof van die POF, Dinsdag aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Hy het gesê die POF se inkomste het met 13% toegeneem tot R20.6 miljard. Altesaam R18.1 miljard is in 2012/13 ingesamel.

“Ons het 7 600 begrafnisse betaal,” het Watson gesê. “Indien jy in ag neem dat daar jaarliks 14 000 mense op ons paaie sterf, is ʼn gedeelte van die helfte van daardie begrafnisse deur die POF gedek.”

Hy sê altesaam 103 620 mediese rekeninge is betaal en 18 000 eise vir inkomsteondersteuning. Dit beteken dat 18 000 mense, huishoudings of gesinne deur die POF ondersteun word as gevolg van ʼn ongeluk die afgelope 12 maande.

Hy het gesê kliëntetevredenheid het ook tydens die periode van 66% na 72.8% toegeneem.

“Nalatigheid moet bewys kan word voordat ʼn eis deur die POF uitbetaal word,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Kan julle asb vir ons probeer vasstel hoeveel van die absurde bedrag is aan die bloeiendes betaal, en hoeveel persent is aan die regsverteenwoordigers betaal. Dit sal nogal goeie statistiek wees, sou ek raai..

monika ·

NEE jy moet liewer vra hoe veel is in hulle sakke??? Ons betaal vir petrol ,maar as jy wil kleim dan kom die laaang stories.

Petrus Swanepoel ·

My broer het sy linker been en arm verloor in ‘n motorfiets ongeluk nadat hy skuins agter in ‘n stilstaande vragmotor sonder agterligte gedurende die nag vasgery het. Sy eis het geslaag na omtrent 6 jaar. Hy kry R12000 van die POF en die regsverteenwordiger ‘n onbekende bedrag wat al sy kostes vir die 6 jaar dek, die bedrag is nooit bekend gemaak want hy het ‘n vertrouens ooreenkoms geteken.

Die slegte deel daarvan is dat hy sy werk verloor het (werk afskaling) en gesukkel het om finansieel te oorleef. Hy het tot en met sy afsterwe hard gewerk asof die gebrek nie bestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.