POF-prokureurs ‘bespaar fonds miljarde’

Die hooggeregshof in Kaapstad. (Argieffoto: Ashraf Hendricks/GroundUp)

Indien die Padongelukkefonds (POF) van sy huidige paneel prokureurs ontslae raak, sal dit nie net tot die onnodige vertraging van sake lei nie, maar die geld wat aan eise uitbetaal word, sal met miljarde rande toeneem.

“Dit is nie waar dat ons jaarlikse regskoste R10 miljard beloop soos die hof beweer nie Omtrent 70% van dié geld word gebruik om die eisers se regskostes en mediese deskundiges te betaal. Ons spaar die fonds boonop miljoene in uitbetalings, juis omdat ons die eise suksesvol teenstaan en die eisbedrae aansienlik verminder,” sê Johann Hammann, ʼn prokureur van Hammann Moosa Inc. Dié firma is een van 45 regsfirmas wat die POF se besluit om van sy paneel prokureurs ontslae te raak, in die hof betwis.

Die Padongelukkefonds (POF) het ʼn tender vir ʼn paneel prokureurs wat van Junie vanjaar die fonds moes verteenwoordig, gekanselleer. Die fonds eis nou dat die huidige prokureurs die besonderhede van alle bestaande sake aan die POF oorhandig sodat die nodige reëlings getref kan word voordat die paneel se termyn op 31 Mei verstryk.

Volgens die bestuur van die POF kan hulle miljoene rande bespaar deur self eise teen die fonds te behartig en is besparings dringend nodig om te keer dat die fonds heeltemal insolvent raak. Die paneel prokureurs, wat uit amper 100 prokureurs bestaan, het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die fonds se besluit om die tender te kanselleer, ter syde te stel.

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die hooggeregshof in Pretoria het reeds beslis dat die prokureurs bestaande sake oorhandig, aangesien dit die fonds in chaos sal dompel indien hulle nie vroegtydig die lêers ontvang om die sake oor te neem nie. Die hof sal later besluit oor die aansoek dat die POF se besluit om die tender te kanselleer, ter syde gestel moet word.

Die prokureurs stem nie saam met die hof se uitspraak nie en meen daar sal juis chaos wees indien die fonds die sake oorneem. Hulle het reeds aansoek gedoen om verlof tot appèl en wag om te hoor of dit toegestaan sal word.

“Daar is tans omtrent 340 000 uitstaande sake teen die POF. Die fonds het nie eens genoeg plek om hierdie dokumente te stoor nie,” sê Hamman.

Hy sê die POF het nie die kundigheid of kapasiteit om die eise self te verdedig nie en die bestuur se doelwit om eise binne 120 dae af te handel, is nie prakties haalbaar nie. Hy sê sonder die nodige kundigheid sal sake óf onnodig vertraag word óf eise sal onbetwis uitbetaal word, met die gevolg dat die fonds jaarliks miljarde rande meer in eise sal uitbetaal as nou. “Net in die afgelope 20 hofsake wat ons firma behartig het, het ons prokureurs dit reggekry dat slegs 23% van die bedrag wat aanvanklik geëis is, deur die hof aan die eiser toegestaan word. Só het ons die fonds ongeveer R52 miljoen gespaar.”

Daarom meen die prokureurs dit is nie net in individuele belang dat die hof in hul guns beslis soos regter Norman Davis in sy uitspraak bevind het nie, maar in belang van belastingbetalers en eisers, wie se eise andersins jare lank vertraag sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kisnet ·

Om eerlik te wees daar is glads te veel Traffic op SA se paaie vanaf die begin van ‘lockdown’
Waar gaan almal heen? Hulle kan sekerlik nie almal noodgevalle of noodsaaklike aktiwiteite aan deelneem nie!
Dit maak geensins enige logiese denke moontlik nie.

Jan ·

Wil jy he die land moet totaal tot stistand kom en almal moet vd honger begin sterf…

Wielspore ·

Familie lid van ons het ‘n geldige eis teen die POF gehad nadat ‘n nalatige voertuig bestuurder hom van sy motorfiets gestamp het. Hy het ‘n prokureur aangestel om die eis te behartig vir ‘n bedrag wat hom toekom. Die prokureurs van die POF het van die begin af omtrent alles in die boek gedoen om die eis se betaling te vertraag. Die hof het uiteindelik ‘n bevel uitgereik om te betaal en die POF het dit teengestaan tot die saak by die Hoogeregshof in Pietermaritzburg voorkom. Die saak is op die rol geplaas en hulle is soontoe vir die beslissing. Die POF se prokureurs het nie opgedaag en die minute voor die hoofsaak geskik. Ek wonder hoeveel geld het die POF se prokureurs gekry vir hierdie kunsmatige hof verksynsels. Jaag hulle weg.

Johann ·

Wielspore, die problee is dat die meeste mense nie weet of verstaan wat dit regtig beheld om ‘n eis afgehandel nie.
Eerste moet die eiser sy eis gewys en kwantifiseer deur verskeie mediese beslag te gekom en op die POF prokureurs en die hof beteken, wat insluit ‘n orthopeut, neurochirurg, plasiesechirurg ( wat afhang van die bearings), ‘n arbeistherapeut, industriele sielkundige en aktuariele verslag. Daar kan baie meer verslae vereis word, soos kliniese sielkundige, spraaktherapeut, urology, Oor neus en keel spesialis, neuroloog, maxillofacial facial surgeon ,opvoedkundige sielkundige ens.
Die POF prokureurs moet dan soortgelyke deskundiges aanstel om die bearings en die erns daarvan te bevestig.
Die verslae moet ook in ‘n bepaalde volgorde aangevra word, eers die dokters, dan die sielkundige, dan die arbeidstherapeut, dan die industriele sielkundige en laaste die aktuariële verslag.
Dit is ‘n geweldig tydsrowende proses om al die afsprake te maak die kennisgewings en ( vervolg)

Johann ·

( vervolg) …. die kennisgewings te beteken en dan seker te maak dat die eiser te afsprake bywoon . Dan moet die verslae in ‘n spesifieke volg orde gekom word.
Eers die dokters, dan die sielkundige en ander deskundiges en dan die arbeudstherapeut, die industriele sielkundige en laaste die aktuarele verslag.
Eere dan kan die POF prokureurs,’n aanbeveling San die finds maak.
Dit gebeur gereeld dat die eiser herhaalde afsprake nie bywoon nie, wat dit hele proses vertraag, want die een deskundige het die ander een se verslag nodig most verslag te voltooi – daarom word die verslae in ‘n spesifike volgorde aangevra.
Ongelukkig is die POF onder beman en kan die claimshandler nie onmiddelik reageer as die prokureurs hul aanbeveling maak nie. Die realiteit is dat hul meestal net op sake werk wat die week ‘n verhoor datum het en meestal eers op die oggend van die verhoor ‘n skikings instruksie aan die prokureurs gee wat dan dit oordrae aan die eiser se prokureur. ( vervolg)

Johann ·

( vervolg no2)
Meestal wil hul meer hê en eers na ‘n paar oproepe word daar ooreengekom op die skikkings bedrag.
Die claimshandler moet eers omtrent 4 handtekeninge van senior personeel kry alvorens hy die aanbod mag verhoog.
Die doel van die hele omslagtige proses is eers om vas te stel of dit ‘n geldige eis is, dan die graad en erns van die besering vas te stel en die effek daarvan op die eiser se toekomstige inkomste te bepaal.
Eers dan kan die omvang eis bepaal word.
Die proses is ook om seker te maak dat die eiser dit kry wat hom toekom en nie ‘n sent meer nie.
Die eiser se prokureur eis altyd baie meer as die skikkings bedrag, waarskynlik omdat hy nie al sy verslae het wanneer hy dagvaar nie. Daarom het die POF wel sy die prokureurs nodig as hekwagters. Daar word gereeld valse eise ingedien.
Die POF prokureur se teenwoordigheid is in ‘n geval van ‘n skikking nie regtig nodig in die hof en en die eiser se prokureur vra basies net dat die
(vervolg 3)

Johann ·

Vervolg 3
net dat die skikkingsoore ‘n bevel van die hof gemaak word.
Wielspore die POF prokureur het eindlik die belastingbetaler geld gespaar deur nie op te daag nie. As hy het, sou dit die POF ‘n paar duisend Rand aan verskynings fooie geckos het.
Koos10 I I.t.v die wet op gebeurliksheid fooie, mag die prokureur 2 keer sy normale fooie vra of 25% van die sukses bedrag , welke een die minster is.
As die bedrag R10 miljoen is, kan die prokureur nie eenvoudig R2.5 miljoen neem nie, maar sal sy prokureur klient kostes moet takseer en sal regtig wees om dubbel die bedrag te vra of 25%
As sy getakseerde kostes net R500 000 beloop, kan hy net R1 million vra en nie R2.5 miljoen nie.
Verder moet die prokureur sy party party kosterekening ook takseer en wanneer hy betaling ontvang, eers al die deskundiges betaal. Die bedrag van sy fooie kom die eiser toe ,want hy is reeds vergoed. Die effek daarvan is dat as sy party party fooie R300 000 beloop, kan hy dit gehou,
(vervolg 4)

Johann ·

Vervolg 4
.. mits hy die R300 000 van die R1 miljoen aftrek.
Anders moet hy die R300 000 San die eiser oorbetaal.

Fae Fubar ·

Wielspore, ek beleef tans presies die teenoorgestelde met ‘n kennis se eis. Haar kinders is ernstig beseer in ‘n taxi ongeluk – vandag presies ‘n jaar gelede. Die plaaslike hospitaal het die dogtertjie basies vermink met brouwerk aan haar pelvis. Sy was rolstoel-gebonde. Die POF prokureurs het haar en haar boetie al telkens met hulle eie voertuie na spesialiste in Polokwane en Pretoria geneem. En voorlopig self daarvoor betaal. Die dogtertjie kon binne ‘n maand met krukke loop en die seuntjie se breinbesering word ook behandel. Ja, die prokureurs gaan hulle betaling ontvang, maar ek het nog nooit soveel deernis en ware ondersteuning in ‘n geval soos hierdie teëgekom nie. Die spesialis in Pretoria was só geskok oor Letaba hospitaal se brouwerk, dat hy die kinders se ma aangedraai het om ‘n reuse eis teen die hospitaal in te sit.

Hennie ·

Fubar jy is bietjie deur mekaar daar die prokereurs waarvan jy praat staan die klient by,die in die artikel werk vir die pof en hulle gaan alles in hulle vermoe om te keer dat jou vriendin en hulle prokereurs n billike uitbetaaling kry. Hulle “spaar” die pof geld en verminder die eis tot net 23% van die oorspronglike eis bedrag

Johann ·

Fabian, sien my verduideliking aan Wielspore.
Die POF prokureurs word nie ‘n kommissie betaal op die bedrag waarmee hul die eis verminder nie. Hul werk teen ‘n POF vasgestelde fooi, wat baie minder is as die fooi waarteen eiser prokureurs werk. Amper 50 % minder.
Hul laat hul opjektief lei deur die deskundige verslae.
Die eiser en of sy prokureur hoef nie die skikkings aanbod aanvaar as hul dink dit is te min nie.
Onthou dat al die mediese verslae waarop die skikkingsbedrag gebaseer is, op hul beteken is.
As hul van opinie is dat dit foutief is kan hul dit verwerp en met die verhoor voortgaan.
Dan word al die deskundiges groep om te kom getuig en die hof te oortuig day hul verslag korrek is.
As sê maar die 2 orthopeute verslae wesenlik verskil word hul versoek om ‘n gesamentlike verslag op te stel.
As hul nie ‘n ooreenkoms kan bereik nie, word dit na die HPCSA ( die mediese vereniging) verwys vir hul beslissing. Die partye is dan gebonde aan hul beslissing.

koos10 ·

Jip, prokereurs sal hoog en laag baklei hierteen. Hulle kry tot 25% van die eis of vra tot R10000.00 per uur. Dit is al werk wat hulle doen en die besluit beteken hulle is werkloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.