POF-sindikaat oopgevlek; talle vas

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke in die Oos-Kaap het tydens ʼn spesiale operasie ʼn sindikaat wat die Padongelukkefonds (POF) glo uit miljoene wou bedrieg, oopgevlek.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê minstens 32 verdagtes is sedert Februarie deur die Valke se handelsmisdaad-eenheid aangekeer nadat bedrieglike eise ter waarde van sowat R7 miljoen by die fonds ingedien is.

“Vier lede van dieselfde sindikaat is Donderdag in Flagstaff in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om sowat R2 miljoen uit die fonds te swendel vir ʼn ongeluk wat glo in Junie 2007 plaasgevind het,” het Feni gesê. “Die POF was op die punt om die eis uit te betaal toe ondersoeke bevind het dat die vier nie eens in die ongeluk betrokke was nie. Drie verdagtes wat met die saak verbind word, is intussen al dood.”

Die vier verdagtes, tussen 35 en 60 jaar oud, is dieselfde dag op ʼn waarskuwing vrygelaat. Hulle moet weer op 4 Julie in die Flagstaff-landdroshof verskyn.

Die ander 28 verdagtes se sake word in die landdroshowe op Mthatha, Port St. Johns en Bizana aangehoor. Die moontlikheid van verdere inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

F v Dyk ·

En ons wat wettige eisers is, wag al meer as 9 jr vir eis om uit te betaal!!! Skelms kon weg. Bekyk fondswerkers self. Hul deel in winste!

KarooKlong ·

Skelmgeit is deesdae ‘n beroep. Party karakters is nogal goed in hulle beroep.

Miley ·

My man het 15 jaar gelede ‘n groot ongeluk oorleef met baie beserings. Hy was ‘n maand in die hospitaal. Omdat hy nie kon onthou wat gebeur het nie wou POF nie uitbetaal nie. Hy was aangeka omdat n persoon oorlede is maar vrygespreek op alle aanklagte. Sedert die ongeluk ervaar hy baie pyn en ongemak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.