POF staan families van Alberton-slagoffers by

'n Foto van die ongelukstoneel

‘n Foto van die ongelukstoneel

Die Padongelukkefonds (POF) het begin om bystand te lewer aan die families wat geraak is deur die kettingbotsing vroeër die week in Alberton wat tot die dood van vier mense gelei het, het Saturday Star berig.

Die POF staan volgens die berig die families by met begrafnisreëlings, hospitaalbesoeke en berading. Eugene Watson, POF se uitvoerende hoof, het gesê die fonds sal die families van die oorledenes bystaan deur algemene begrafniskostes te dek voor eise ingedien word.

“Ons wil graag ons innige meegevoel betuig met die families van die oorledenes en die beseerdes ‘n spoedige herstel toewens. Padveiligheid is die kollektiewe verantwoordelikheid van alle padgebruikers en dit is noodsaaklik dat ons almal ons deel bring om ongelukke te verminder,” het Watson aan die koerant gesê.

Isaac Wade Moruding, die bestuurder van die vragmotor wat glo die botsing veroorsaak het, is Woensdag in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn en die saak is tot 22 Oktober uitgestel.

Klik hier om vorige berigte oor die ongeluk te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.