Die POF staan volgens die berig die families by met begrafnisreëlings, hospitaalbesoeke en berading. Eugene Watson, POF se uitvoerende hoof, het gesê die fonds sal die families van die oorledenes bystaan deur algemene begrafniskostes te dek voor eise ingedien word.
“Ons wil graag ons innige meegevoel betuig met die families van die oorledenes en die beseerdes ‘n spoedige herstel toewens. Padveiligheid is die kollektiewe verantwoordelikheid van alle padgebruikers en dit is noodsaaklik dat ons almal ons deel bring om ongelukke te verminder,” het Watson aan die koerant gesê.
Isaac Wade Moruding, die bestuurder van die vragmotor wat glo die botsing veroorsaak het, is Woensdag in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn en die saak is tot 22 Oktober uitgestel.