Pofadder-moord: Derde verdagte borgtog geweier

Leon Brits en sy vrou Suretha. (Foto: Verskaf)

Die derde verdagte wat tereg staan vir die moord op Leon Brits (41), eienaar van die gewilde Pofadder-hotel in die Noord-Kaap, se aansoek om borgtog is Vrydag geweier.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Jacques van Vuuren (34) Vrydag in die landdroshof op Pofadder verskyn het.

Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 22 Februarie.

Die ander twee verdagtes, Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37), is op 20 November op waarskuwing vrygelaat. Hulle sal na verwagting ook weer op 22 Februarie in die hof verskyn.

Ramatseba sê die polisie se ondersoek duur voort.

Maroela Media het vroeër berig Brits is op 7 Oktober vanjaar met meswonde dood aangetref. Hy is vermoedelik verwurg en met ’n skerp voorwerp gesteek voordat sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

En weg is hulle. Borgtog vir moordenaars? Baie mooi ANC.

Deon ·

Wat gaan hier aan? Het hulle sommer nou net die eerste die beste ouens in hegtenis geneem om effektief te lyk? Hoe anders kan hulle vermeende moordenaars buite laat rondloop?

Casper ·

Hoekom is twee op waarskuwing vrygelaat en een borgtog geweet.Dit is immers vir dieselfde oortreding of is die “een”dalk ‘n vlugrisiko.Dit is ‘n bylaag 6 misdryf.Wat se spesiale omstandighede regverdig borg vir twee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.