Die polisie in Piet Retief stel ondersoek in ná ʼn poging tot moord op die uitvoerende burgemeester van Mkhondo-munisipaliteit.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die burgemeester, Vusi Motha, is verlede week Sondag, omstreeks 19:40, in ʼn lokval gelei op die pad tussen plantasies terwyl hy op pad was huis toe nadat hy sy ouers besoek het. “Hy het ʼn boomstomp in die pad sien lê en is gedwing om agteruit te ry, toe hy skielik geweerskote gehoor en iemand voor sy motor gesien het wat op hom skiet.”
ʼn Onbekende getal mans het aan die linkerkant van sy motor te voorskyn gekom en ook op hom geskiet. “Hy kon ongedeerd te voet van die toneel vlug in ʼn nabygeleë woud.”
Hlathi het gesê die burgemeester se motor is vol gate geskiet en die polisie versoek enigiemand met inligting om kapt. Cosmos Khalishwayo te kontak by 082 415 6403.
Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê persone wat geen agting het vir ander persone se lewe nie, moet geïsoleer word en agter tralies geplaas word. Hy is geskok oor die poging tot moord op die burgemeester. Hy het die gemeenskap versoek om patrioties te wees en die polisie by te staan in hul ondersoek.
die ANC beweer dan misdaad is nie so erg nie en is onder beheer. nou voel hulle dit aan hulle eie bas…
Ek stem! Misdaad teister ons arme belastingbetalers wie moet opdok vir die ANC regeringsamptenare wie rustig slaap.
Arme Belastingbetaler gaan weer miljoene moet bydra vir ekstra sekuriteit vir sy edele
Private sekuriteit aangesien SAPD dit nie kan verrig nie, viva anc
Klink vir my hulle is maar baie swak skuts! Miskien ‘n ander manier om ‘n nuwe motor te bekom!?