Poging tot moord ondersoek ná aanval op plaas

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord ná ʼn vermeende veiligheidsbeampte vermoedelik op die plaas Eenzaamheid Wines in die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap aangerand is.

“ʼn 21-jarige man is Donderdag, omstreeks 06:30 op ʼn plaas in Klapmuts aangerand,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”

Traut het gesê hy kan nie enige verdere besonderhede verskaf nie, aangesien die ondersoek voortduur.

Janno Briers-Louw, besturende direkteur van Eenzaamheid Wines, het intussen in ʼn verklaring gesê hy is bewus van ernstige bewerings teen ʼn familielid, wat nog nooit werksaam was by Eenzaamheid Wines nie. “Die persoon het geen verbintenis met die handelsmerk nie. Eenzaamheid Wines veroordeel ten sterkste die beweerde oortredings en ons distansieer onsself van dié gedrag.”

Hy het gesê hy kan nie in hierdie stadium enige verdere kommentaar lewer nie.

Volgens ʼn plasing op Facebook is ʼn plaaslike veiligheidsbeampte op dié plaas aangerand. Volgens ooggetuies het ʼn boer glo die jong veiligheidsbeampte aan ʼn paal vasgemaak en hom met ʼn ketting aangerand.

Aldus die plasing op Facebook is die slagoffer van Groot Drakenstein en in diens van Special Protection Services, ʼn maatskappy wat veiligheidsdienste aan die plase in die omgewing lewer.

Na bewering het die veiligheidsbeampte die boer Donderdag in die vroeë oggendure in kennis gestel van verdagte aktiwiteit op die plaas. Die boer het egter die jong man daarvan beskuldig dat hy daaroor gelieg het, en hy het hom aangerand.

Die slagoffer het na bewering ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerrit ·

Swak swak die feite word so half deurgegee net die beweerde joernalis sal weet wat hier aangaan ek sal maar die regte nuus in die sowetan lees

Chris ·

Swak met spelfoute ja, maar darem redelik verstaanbaar. Ontstellend in die sin dat dit gebeur juis in die gebied waar die idee van Swart Maandag ontstaan het. Sou dit waar wees kan n mens net in verbystering vra waar die man se gedagtes en selfbeheersing was? Hoe kon by hy toelaat dat sy emosies so handuit ruk, maak nie saak wat ookal die provokasie was nie. En dit terwyl almal se simpatie by die boere le dan kom so n man met sulke optrede? Is hy werklik n Boer?

Kobus ·

En so wil ons ook nie leer…ons sit op n kruitvat met al die plaasmoorde…dan vra ons hoekom so wreed en die rede agter dit…daar is een van die redes…

Daniël ·

Ja Kobus, en so sonder al die feite maak jy gevolgtrekkings en kom tot die slotsom dat plaasmoorde eintlik die boere se skuld is. Miskien moet jy eerder wag tot die volle waarheid aan die lig kom voordat jy die boere in die beskuldigdebank plaas en plaasmoordenaars se dade regverdig…

Boer1 ·

Hoe is dit poging tot moord,maar as n persoon met n mes gesteek word of met stomp voorwerpe geslaan word en vir dood agtergelaat word is dit roof,die wet het dubbel standaarde.

Verwag almeer sulke nuus ·

Die ANC wil boere sleg laat lyk so ons gaan aLmeer hoor hoe boere mense ‘aanrand’.

Kobus ·

Daniel…ek maak geensins gevolgtrekkings…feite het ek ook nie…maar ons almal weet by wie die wet die nouste afgedwing word…so wat ek probeer deurgee is…ons as Wittes…hou die hande vas en byt die tong…dis nie te se as n Boer of enige Witmens sy hande lig of rassisties is…hy/sy die gevolge van n aanranding sal betaal…maar Wit is Wit…hul soek die sagte teikens vir hul doelwitte…rassuiwering deur moorde en veral Plaasmoorde vind sistematies plaas…of ons dit wil erken of nie…hierdie is n plan wat vanaf die “struggle” dae kom…moenie as Witman lees Boer…deur sinnelose provokasie dit vererger en sodoende die onskuldige en wat weerloos is…daarvoor moet betaal…

Chris ·

Ek reken jy is reg in jou opmerkings, Kobus. Die Boere se omstandighede op plase maak dat hulle dikwels “sagte teikens” is – afgesonderheid, gebrekkige sekuriteit maatreels in plek, toegang tot maklike ontsnaproetes na roof, moontlikheid van kontant en wapens op plase, lang reaksietyd vanaf Polisie, sekuriteitmpye, plaaswag, bure, bejaardheid van boere en gades, ens. Boere kan nie bekostig dat die meesal baie goeie verhoudings met veral hul werknemers deur sinnelose, ondeurdagte optrede van enkele boere (moet mens hulle eerder iets anders noem?) geskaad word nie? Maklik om iemand vas te bind en dan jouself te buite te gaan met n ketting omrede sy leuens jou reeds gespanne senuwees tot oorkook druk…. Maar watter sagte teikens gaan hy of sy maters dan op wraak neem? En waar is die sterk kettingslaners dan? Of is dit dan hul verskoning tot die volgende aksie? Soos jy tereg opmerk Kobus, dink n bietjie verder….

Daniël ·

Chris, ook jy maak dieselfde fout met jou aannames. ‘n Plasing op Facebook wat beweer dat “ooggetuies” die beweerde aanranding gesien het is die “feite” waarop jy jou mening baseer. Uit bostaande berig kan afgelei word dat ‘n ondersoek tans aan die gang is oor ‘n beweerde aanranding. Vreemd dat geen ooggetuie ‘n video geneem met ‘n selfoon nie, of hoe? En glo jy regtig dat plaasmoorde die gevolg is van ‘n enkele ( en tot dusver onbewese) geval soos hierdie? Is dit nie eerder ‘n geval waar jy naarstigtelik ‘n rede soek om boere te beswadder nie? As die bewerings waar is moet die skuldige aan die pen ry, punt. Sulke optrede is geensins regverdigbaar nie maar om die indruk te skep dat plaasmoorde die gevolg daarvan is is beide dwaas en onverantwoordelik. Verwyder eerder jou oogklappe.

Flippie ·

Wie kan onthou hoe Flippie Engelbrecht, Carina Papenfuss en die ANC, saamgeweer het om ‘n onskuldige boer en wynmaker van Robertson, ene Johnny Burger valslik van poging tot moord aanranding aan te kla. Met die swak hantering van die saak deur die polisie en swak aanklaerswerk tesame met die entoesiastiese meelewing van die leun deur sekere media en die gepasrdgaande mediahowe skuldig bevind.

Hy is eindelik toe glad nie skuldig bevind nie – saak is deur die magistraat van die rol geskraap. MAAR dit was te last vir Johnny Burger. Sy uitvoerwyne is verwyder van die rakke. Hy het sy eie lewe geneem, maar sy lewe is geneem deur Flippie Engelbrecht, Carina Papenfuss die ANC, en sekere mediabuise.

Is hierdie ook so ‘n geval? Passop daar is behalwe georganiseerde plaasmoorde ook georganiseerde verdagmakery van boere deur withaters waar onder die ANC, EFF, Vavi en nog ander tel. Hierdie vals insidente word landwyd georkestreer en word deur die polisie en howe as prioriteit sake gesien. Mediasirkus volg.

Hofuitslag maak nie saak nie – boer is geknak. As dit nie belaglike boetes is nie, is dit maksimum tronkstraf, sake na die appélhof gedryf om die verdedigingskostes onbetaalbaar te maak en sy boery so ‘n vernietigende kniekap te gee al was hy totaal en al onskuldig.

Kobus ·

Dankie Chris…Darem iemand wat my standpunt deel…ek nie op sosiale media om my te vergewis van “feite” of sogenaamde aannames…ek ontken ook nie dat daar insidente opgeblaas word wat of nie bestaan of uit halwe waarhede gebore is…maar my standpunt is steeds…ons as Wittes moet niemand skietgoed gee…dis soos om te dobbel met ander se lewe…daar is duistere magte besig om elke voorval hoe klein ookal…uit te buit…met elke moord op n Wit Boer…is ons nader aan die afgrond van totale ineenstorting van hierdie land…net ter inligting…ek kom uit n Boeregemeenskap en is tans weer betrokke

Daniël ·

Kobus en Chris – Dit lyk of die pennie maar net nie wil deurval nie. Al wat ek by julle wil tuisbring is dat die enigste aanduiding dat iemand deur ‘n boer aangerand is, die Facebook plasing is en dat die polisie bevestig het die saak word ondersoek. Ongelukkig het beide van julle op loop gegaan met hierdie gebrekkige inligting en beskuldigings rondgeslinger dat plaasmoordenaars gemotiveer word tot hul dade daardeur. Dit is nog nie bevestig of bewys dat dit wel ‘n plaasboer is wat die aanranding gepleeg het nie – trouens, dit is nog nie eens bo alle twyfel vasgestel of ‘n aanranding wel plaasgevind het nie. Julle is net vir my uiters haastig om ‘n oordeel oor boere uit te spreek sonder om die berig hierbo objektief te lees. Flippie se kommentaar som dit skitterend op. Dis asof julle plaasaanvallers die morele hoëgrond wil gee dat hulle eintlik geregverdig is om hulle booshede uit te voer want “rassistiese” boere gee hulle rede daartoe. Dit is hoekom ek julle kommentare as ondeurdag bestempel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.