Poging tot moord ondersoek ná hysbak val

Argieffoto

ʼn Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het daar glo met ’n hysbak wat vier verdiepings geval het, gepeuter is.

’n Hysbak by die Mountweg-polisiestasie in Port Elizabeth het verlede maand vier verdiepings geval en sewe personeellede van die polisiediens is beseer.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word nou ʼn saak van poging tot moord ondersoek. Drie mense word steeds in hospitale behandel ná die voorval.

Die personeellede het in die hysbak vasgesit en het verskeie beserings, waaronder gebreekte bene en kopbeserings, opgedoen. Ander is vir skok behandel.

Mills het bevestig die saak is deur die departement van openbare werke aanhangig gemaak nadat die hysbak deur ʼn privaatmaatskappy ondersoek is.

Mills het gesê veertien van die hysbak se teenwigte, wat elk 70 kg weeg, was nie teenwoordig nie. Dit is ook nie die enigste hysbak by die Mountweg-polisiestasie wat buite werking was nie. Dae voor die voorval kon beamptes in ʼn ander deel van die stasie ook nie by hul kantore uitkom nie as gevolg van die gebreekte hysbakke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

kobus4e ·

Die ander dag kon beamptes ook nie by hule kantore uitkom nie want die hysbak was gebreek…. en daar is nie trappe na die boonste verdiepings nie, nie eers brandtrappe nie???

Christo Visagie ·

Hulle is te lui om trappe te klim, en te dik,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,AL WAT EK VIR HULLE WIL Sê is,welkom in die nuwe SA

cor ·

Dit klink na werk en oefening om die brand trappe te klim, as hulle vanoggend brandtrappe klim het hulle klaar gewerk vir die dag want dan is hulle moeg baie moeg. Opmy dae het ek sommer die brantrappe gevat as die hysbak te stadig is.

Johann ·

Tipies kommunisme kan niks soos ‘n man aanpak nie, altyd agteraf

Wim Kotze ·

My ou vriend uit die Sowjet Unie het so verduidelik hoekom die hysbakke in Maputo nie werk nie: “Ons kom na Afrika om die Sosialisme te bou maar die mense is te lui om te werk.”

Afrikaanse Knaap ·

Die die hysbak diens maatskappy wat nou Hannah Hannah omdat hulle nie bevoegde mense uitstuur om die hysbak te diens nie, nou is daar “gepeuter”. En wie moet dit nou ondersoek? Dieselfde klomp polisie manne in die gebou?

Bekommerd ·

Hoekom sal iemand gepeuter het met die hysbak, julle is dan die polisie, julle behoort ons dan veilig te hou, nou hou julle nie eers julle eie hoofkwartiere veilig nie? Dit is in elk geval teen enige health and safety regulation dat daar GEEN ander manier is om by die kantore uit te kom sonder ‘n hysbak nie. WAT indien daar ‘n brand onstaan in een van die skagte en hysbakke glad nie gebruik kan word nie? JULLE LIEG nou erens of dit is tyd dat daar DRINGEND na julle Health en SAFETY regulasies gekyk word want dit MAG nie so wees nie. Dalk is dit maar net weer gewone MAINTENANCE wat julle nie laat doen het nie, dit is nou algemeen in SA, alles BREEK want niks word onderhou nie!!

Bokkie Roets ·

14 teenwigte nie teenwoordig nie….. Dit kon dalk vir ” scrap metal” verkoop gewees het.

Reg ·

Wonder net. Is daar iemand wat vir ons kans sê hoeveel gewigte daar in die hysbak moet wees. ?

Cherokee ·

Dit hang af van vir watter gewig die hysbak gesertifiseer is. Watter vrag dit kan dra.

Cherokee ·

…en die gewigte is nie in die hysbak, soos jy dit stel, nie maar aan die ander punt van die tou om as teenwig te dien. Iets soos ‘n wipplank.

Ek Sê Maar Net ·

Daar was berig dat die hysbak gediens was net voor die ongeluk… of was dit? Deesdae is mense so nalatig dat enigiets moontlik is. Dit sal nou interessant wees om te hoor wie hulle eintlik verdink… die mense wie die hysbak gediens het of mede werkers? Ek meen 14 x 70kg gewigte… ‘n ou moet nogal vris wees om sulke gewiggies rond te dra!

Scalla ·

Hulle beplan seker n gym in die gebou vir die lede, die gewigte sal gebruik word om bolyf te pomp en die trappe vir been oefeninge vir die onderlyf, as dit nie werk nie word dit as scrap verkoop, 980 kg @ plus/minus R2=R1960. Nie sleg te inkomste vir n dag se werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.