Poging tot moord ondersoek ná hysbak val

Argieffoto

ʼn Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het daar glo met ’n hysbak wat vier verdiepings geval het, gepeuter is.

’n Hysbak by die Mountweg-polisiestasie in Port Elizabeth het verlede maand vier verdiepings geval en sewe personeellede van die polisiediens is beseer.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word nou ʼn saak van poging tot moord ondersoek. Drie mense word steeds in hospitale behandel ná die voorval.

Die personeellede het in die hysbak vasgesit en het verskeie beserings, waaronder gebreekte bene en kopbeserings, opgedoen. Ander is vir skok behandel.

Mills het bevestig die saak is deur die departement van openbare werke aanhangig gemaak nadat die hysbak deur ʼn privaatmaatskappy ondersoek is.

Mills het gesê veertien van die hysbak se teenwigte, wat elk 70 kg weeg, was nie teenwoordig nie. Dit is ook nie die enigste hysbak by die Mountweg-polisiestasie wat buite werking was nie. Dae voor die voorval kon beamptes in ʼn ander deel van die stasie ook nie by hul kantore uitkom nie as gevolg van die gebreekte hysbakke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
kobus4e

Die ander dag kon beamptes ook nie by hule kantore uitkom nie want die hysbak was gebreek…. en daar is nie trappe na die boonste verdiepings nie, nie eers brandtrappe nie???

Johann

Tipies kommunisme kan niks soos ‘n man aanpak nie, altyd agteraf

Afrikaanse Knaap

Die die hysbak diens maatskappy wat nou Hannah Hannah omdat hulle nie bevoegde mense uitstuur om die hysbak te diens nie, nou is daar “gepeuter”. En wie moet dit nou ondersoek? Dieselfde klomp polisie manne in die gebou?

Bekommerd

Hoekom sal iemand gepeuter het met die hysbak, julle is dan die polisie, julle behoort ons dan veilig te hou, nou hou julle nie eers julle eie hoofkwartiere veilig nie? Dit is in elk geval teen enige health and safety regulation dat daar GEEN ander manier is om by die kantore uit te kom sonder ‘n hysbak nie. WAT indien daar ‘n brand onstaan in een van die skagte en hysbakke glad nie gebruik kan word nie? JULLE LIEG nou erens of dit is tyd dat daar DRINGEND na julle Health en SAFETY regulasies gekyk word want dit MAG nie… Lees meer »

Bokkie Roets

14 teenwigte nie teenwoordig nie….. Dit kon dalk vir ” scrap metal” verkoop gewees het.