Pogings aangewend om Prasa-huis skoon te maak

prasa-3Dipuo Peters, minister van vervoer, het Woensdag die raad van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) met onmiddellike effek ontbind.

Dit het in die parlement aan die lig gekom toe Mathabatha Mokonyama, waarnemende direkteur-generaal van die departement, ʼn brief van Peters aan die portefeuljekomiteevergadering voorgehou het.

Manny de Freitas, DA-LP, het aan African News Agency gesê sy het haar “kommer uitgespreek oor die drama en swak bestuur” en dat sy die raad “met onmiddellike effek” afgedank het. “Ek het vermoed hierdie ding gaan gebeur. Ek het net nie verwag dit gaan so vinnig gebeur nie.”

Die aankondiging kom ná ʼn twee dag lange vergadering van LP’s met die raad van Prasa, die departement van vervoer en Collins Letsoalo, wat as waarnemende uitvoerende hoof van Prasa afgedank is.

LP’s van die ANC en die EFF het die raad van Prasa blameer vir die finansiële gemors en gesê hulle is “korrup” en “nutteloos”.

Dit grens aan ʼn wonderwerk dat die ANC eindelik stappe gedoen het teen ʼn openbare onderneming en probeer huis skoonmaak waar daar groot wanbestuur voorgekom het.

Só sê Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus. Volgens hom het die minister van vervoer werklik geen ander keuse gehad nie as om die raad te ontbind wat hoegenaamd nie in staat was om op enige wyse sinvol te funksioneer nie.

“Die groot vraag is met wie hierdie mense vervang gaan word. Gaan daar werklik ʼn verbetering kom? Gegewe die staatskaping- en selfverrykingsatmosfeer wat onder pres. Jaco Zuma posgevat het, is dit moeilik om te sien dat ʼn raad aangestel sal word wat die situasie sal omdraai en erns het met korrupsie.

“Die VF Plus sal die situasie deeglik monitor en is saam met alle Suid-Afrikaners hoopvol dat daar tog ʼn verbetering sal kom. Maar net die tyd sal leer of die situasie wel omgedraai kan word en of Prasa enige toekoms het,” sê adv. Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AL ·

Dipuo Peters het nog integriteit in haar waarvoor ek baie dankbaar is. Lynne Brown het haar rug styf gemaak dat staatskaping ondersoek moet word.
Dit bring hoop vir SA. Soos n swart rubriekskrywer van News 24 geskryf het oor veral Dlamini sage, ministers en hul woordvoerders is in diens van die landsburgers en dat hul die burgers meer moet respekteer.

Ex -ingenieur van PRASA ·

Die optrede van die minister van Vervoer is ietwat onverstaanbaar. PRASA se bestuursraad het reeds geruime tyd gelede genoeg inligting aan die “regte mense” verskaf sodat regstappe geneem kon word teen die bedrogplegers maar dit het gesloer. Vir seker nie PRASA Raad se verantwoordelikheid nie?
Hoekom het die Valke gesloer? Vir wie beskerm hulle? Gaan die bedrogplegers dalk teruggebring word? Ek dink dat die PRASA Raad tot dusver baie korrek opgetree het maar dat hulle teen ‘n oormag van politieke en ander druk vasgeloop het ……..

zoom zoom ·

Al die dinge een groot grap. ANC ministers saam met no 1 maak n grap van die regstelsel en howe

Karnuffel ·

Sodra dinge so vinnig geskied moet mens wonder wie staan te baat daarby? Is hierdie dalk nog ‘n geleentheid vir die zuptas om aan vas te heg?

Justice ·

Dipuo Peters as minster het nie `n idee wat in haar Department aangaan nie. Afgesien van die Prasa salaris debakel is die bedrog en wanbestuur by ona lisensiekantore, voertuig toetsstasies en uitreik van bestuurs lisensies op ongekende vlakke. Onpadwaardige taxis en die ongelukke wat dit veroorsaak wat talle padverbruikers asook pendelaars se lewens en lewenskwaliteit negatief beinvloed is vir haar en haar departement soos water wat onder deur `n brug vloei. Biljoene was al in 2007 deur finansies begroot en goedgekeur om hierdie ou taxis te vervang. Sy behoort as `n tweede stap maar die hele Department van Vervoer se bestuur op alle vlakke ook af te dank want hulle is vir haar van geen nut nie. Sy behoort daarna ook self te bedank. Ek is jammer om dit te moet se maar dit lyk vir my met gebeure die afgelope tyd asof veral vroue ministers glad nie die pyp rook nie.

cor ·

Mnr 350% en ander lede is seker ook nou oppad na parlement en so word daar plek gemaak vir ‘n volgende groep om hulle self te verryk uit die onuitpitlike bron van geld

Pieter ·

Hierdie regering is besig om presies dieselde te doen as wat in Zimbabwe gebeur het. Dit is hoogtyd dat iemand dit raaksien en ondersoek en die nodige stappe te doen, net jammer dit kan dalk te laat wees.

pieter ·

raak van die spinnekop ontslae en hou op om die web af te stof.ZUMA IS DIE PROBLEEM!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.