Pogings duur voort om SAL-sakereddingsplan af te handel

(Argieffoto)

Die departement van openbare ondernemings het gesê pogings, om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingsproses af te handel en die lugdiens te herstruktureer, duur voort en ʼn besluit oor die finansiering sal binnekort aangekondig word.

Kragtens ʼn opdrag van die kabinet vir die departement en die nasionale tesourie, om fondse vir die nuwe SAL te mobiliseer, werk die twee departemente saam onder leiding van die interministeriële komitee oor die SAL.

Die komitee is verantwoordelik vir die oorsig van die herstruktureringsproses, het Sam Mkokeli, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

“Die departement verwelkom die besluit van die sakereddingspraktisyns om die krediteure op hoogte te hou van die proses en die waarskynlikheid van ʼn vergadering van die krediteurekomitee. Dit is in ooreenstemming met hul fidusiêre verpligtinge aan die krediteure om hulle in kennis te stel van die vordering van die sakereddingsproses en dat die krediteure se toestemming bekom kan word vir die pad vorentoe.”

Mkokeli het gesê die departement is vol vertroue dat ʼn oplossing betyds gevind sal word om te voorkom dat die SAL gelikwideer word.

Volgens hom is die belangstelling bemoedigend dat ʼn geskikte langtermynbelegger gevind sal word om die lugdiens en sy filialemaatskappye en afdelings weer aan die gang te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoeveel geld moet ons nog betaal vir iets wat nie gaan werk nie? Stupid verby. Gebruik ander lugdiens…

Grassie ·

Die ANC-regering het geen verstand of logika nie. Hulle erf ‘n doeltreffende,winsgewende lugdiens en “bestuur” dit in die afgrond in, by bankrotskap verby. Nou dink hulle hul kan ‘n “nuwe” lugdiens skep en winsgewend bedryf. Dit is die denkwyse van ‘n idioot. Hulle wil nou besluit oor finansiering. Wat hulle eintlik wil doen is om hul taai lang vingers in die pensioenfonds se geldkassie te kry – geld wat nie aan hulle behoort nie en wat hul nie voor gewerk het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.