Pogings om wittes na SANW te lok, is nie eerbaar nie, sê VF Plus

Argieffoto

Argieffoto

Volgens die VF Plus is die ANC-regering se beroep op wittes om weer by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aan te sluit, nie eerbaar nie.

“Beleid soos transformasie en regstellende aksie (RA) ontsê wittes geleenthede op bevordering,” het Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

Hy het vandag tydens die debat oor die Wysigingswetsontwerp oor die Verdedigingswet gesê die regering doen boonop ʼn intelligensie-ondersoek na die betrokkenheid van oud-weermagsoldate wat tans teen Boko Haram veg, aangesien Suid-Afrika glo dié soldate se kundigheid benodig.

Hy sê die pogings om wittes by die SANW te laat aansluit, is skynheilig. “Die ANC het in 2004 deur sy beleid van transformasie en regstellende aksie 77 kolonels afgedank waarvan 76 wit was. In 2006 is die offisiersvormingskursus by die leërgevegskool ingestel, maar slegs vir swart-, bruin- en Indiër-soldate,” het Groenewald verduidelik.

“As die ANC dink hy gaan wit mense na die weermag lok, maar dan vir hulle sê jy kan nie op ʼn offisierskursus gaan nie weens transformasie en regstellende aksie, dan mislei die regering homself as hy dink wittes sal aansluit.”

Volgens Groenewald sal die regering die Grondwet wysig om weg te doen met regstellende aksie indien hy werklik wysigings rakende verdediging wil aanbring wat in belang van die land is. “Want dit is niks anders nie as ʼn rassistiese diskriminerende wet wat die beste mense-potensiaal van Suid-Afrika nie gebruik nie,” het hy bygevoeg. “Daar is wel kundigheid van oud-soldate wat die weermag met vrug kan gebruik in sy operasies in Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lukas de Klerk van Namibie ·

Ja verander die wet dat ons ( Suidwesters ) wat ook in die voormalige Suid Afrikaanse Weermag ( buite/Non Statustor) geveg het ook baat kan vind.
Namibiese Regering wil ons nie erken a veterane nie maar het die R36,000,000-00 met ons gedeel waarvan 80% nie gekry het.

Shannon ·

Ek’s besonder dankbaar vir die ANC se goeie werk om wittes uit die weermag te hou.
Vir etlike dekades lank het ‘die wittes’, en in besonder Afrikaans sprekende wittes, hul tuiste by die staats trog gevind. Die resultaat – `n gemaklike en geestelike onderontwikkelde robot volk wie nie die nodige insig gehad het om te kon besef dat Pik Botha en die tiener minister van verdediging – Roelf Meyer – besig was om als in elk geval onder hulle uit te verkoop.
Ek dink dis beter nou dat ma en pa gedwing word om vir hulle self te werk.

Essie ·

Julle verstaan nie, daar gaan werk wees vir die mense maar daar sal geen voordeel wees behalwe dat dit n inkomste gaan wees nie. Nie een sal bevordering kan kry nie want sy vel is te wit, vra my ek was daar, as jy sien hoe jou juniors voor jou bevordering kry en jy vra begin vra en jou bevelvoerder oor sy hand vryf en se ” jy is nie die regte kleur nie”. So al wat nou gaan gebeur is die volgende: Jong mense gaan net n salaris trekker word want die moontlikhede op bevordering is uit en die geleentheid op n beter toekoms is ook daarmee heen. Ek weet vir n feit dat daar in 2000 al 60% van die nie blanke personeel wat indie weermag was aan AIDS en HIV besmet was. Wil jy rerig jou seun of dogter in daai omgewing instuur? Ek sal nie!

Fanie ·

Shannon, maar hulle soek dan nou juis die wittes weer t’rug in die weermag. Vir hulle kennis, ondervinding en skills. Wat nou volgende?

badboy ·

Ek dink dit is n baie goeie voorsel .laat hulle ons oplei . op die ou end gaan ons wittis net voor voordeel trek uit dit .

Katriena ·

Ai tog VF is lyk my ongelukkig maak nie saak wat gebeur nie. Daar is nie werk nie en nou moedig hulle jong mense aan om nie die werke in weermag te aanvaar nie omdat 77 big wigs jare terug afgedank is.
Gaan die VF elke wit werklose jong mens finansieel ondersteun? Twyfel

fritz ·

Shannon,ek wonder of jy kan sè hoe die land sou gelyk het as daar in 1948 nie n wit regeering was nie, ook nie n wit weermag .Siende dat die res van afrika nie apartheid gehad het nie en nou nog lyk ditsoos 2 eeue gelede want hylle is nog n paar eeue agter die beskawing.
Ek het groot geword in apartheid wat feitlik n eerste wereld was en dit is nou moeilik om in n derde wereld te leeef.Groete

neelsie ·

Hoe sal n opgevoede blanke in die weermagomgewing aanpas?
Met die huidige oorgewig personeel week ek nie of daar ordentlike uniforms vir die mense sal wees nie!!

Beulah ·

GRATIS MEDIES,PENSIOEN,BEHUISING, UNIFORM EN DAN NOG N SALARIS??????????!!!!!!!!!!!!!DINK MOOI!!!!!!!!!!PERFEKTE OPLOSSING!!!!!!!

Gert Petzer ·

Dink bietjie mense ! Hier is die kans vir die jong wittes in die plakkers kampe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.