Pogings verskerp om ministers se prestasie-uitslae te bekom

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GovernmentZA/Twitter)

Die DA gaan sy pogings verskerp om toegang te kry tot die uitslag van prestasiebeoordelings wat pres. Cyril Ramaphosa met sy ministers gedoen het.

Die DA het vroeër ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebring om toegang tot die verslae oor ministers se prestasiebeoordelings te kry.

Dié versoek is egter deur Maropene Ramokgopa, minister in die presidensie belas met beplanning, monitering en evaluering, van die hand gewys.

Volgens John Steenhuisen, DA-leier, sal sy party nou Paia-aansoeke by elke departement indien om die beoordelings van elke minister te bekom.

“Ons glo dat al hierdie inligting in die openbare domein hoort en sal verseker dat Suid-Afrikaners die prestasie van hul regering kan sien om self te peil hoeveel die ANC werklik die lewens van Suid-Afrikaners oor die afgelope termyn verbeter het. Soos voorheen aangekondig, sal ons dit oorweeg om die howe te nader indien president Ramaphosa voortgaan om hierdie inligting van die publiek te weerhou.”

Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het vroeër gesê die president het geen verpligting om die uitslag van die prestasiebeoordelings bekend te maak nie.

Hy het gesê die doel van die beoordelings is om konstruktief te wees en nie om enige iemand te verneder nie. Magwenya meen die DA soek net die inligting om ʼn politieke stelling te maak.

Volgens Steenhuisen is dit oneerlik van Ramaphosa om te beweer dat die bekendmaking van die prestasiebeoordelings van sy kabinetsministers in die verleentheid sal stel. “Dit is in die belang van demokrasie, deursigtigheid en aanspreeklikheid soos in die Grondwet uiteengesit, dat die parlement en die mense weet hoe hul regering presteer het.”

Ramaphosa het die prestasiebeoordelings tussen April en Julie vanjaar met ministers gedoen, maar die uitslag daarvan is nooit bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frikkels ·

Daar is nie ñ manier waarop hierdie geslepe party so iets bekend sal maak nie. Bloot omdat hulle nie presteer in diens van die mense van suid afrika nie. Hulle presteer wel in terme van die bevordering van hulle kommunistiese ideologie. Maar wie wil nou sulke groot “STAATSGEHEIME” aan die groot klok hang? As hulle dit doen, verloor hulle nog 20% van die 40% steun wat hulle het.

electricmango ·

Ministers en prestasie kannie in een sin gebruik word in die land nie. Wat die regering sien as prestasie word deur die res van die wereld gesien as misdaad. Die anc en hamas is een en dieselfde ding.

Suzette ·

Dink nie daar is enige prestasie nie, die dat dit stil gehou wil word.

voor ek vergeet ... ·

Ons wíl weet! Ons het die reg om te weet hoe die regering met ons belastinggeld presteer!

annie ·

Steenhuisen is ‘n man wat self ‘n waardasie van sy prestasies kort. Kom ons begin sommer by sy persoonlike lewe. Ek gee hom ‘n nul -.

Jaco ·

As dit nou kom by “prestasie”, onthou tog net dat dieselfde hoogheilige DA niks doen aan 7 plakkershuisies en 15 onwettige huiswinkels in my buurt nie. Onwettige bouery gaan op groot skaal by talle huis aan, maar die DA-beheerde munisipaliteit van Kaapstad bly eenvoudig stil. Niks word gedoen nie. So lyk “this City works for you”, “the DA delivers” en allerhande ander nonsens uitsprake van “skoon regering” en “geen korrupsie”.

Manie ·

Korrek Jaco, hulle swyg ook oor die groot aantal straatbewoners onder elke brug en winkel oorhang in die metropool.

Papsak ·

Nee Ramaphosa is net so sleg en korrupt soos al sy ander minister onder hom daarom wil hy niks bekend maak aan land nie almal ewe korrupt

annie ·

Wat sal dit baat om Cyril se gradering te bekom. Is dit om fout te find en te preek. Los die ANC en sy kaders. Want dit kan niks verander nie. Doen jul eie werk en gradeer jul eie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.