Pogings vir sigaretverkope steeds onsuksesvol

Foto ter illustrasie: Pixabay

Pogings van rokers, die kleinhandel en sigaretvervaardigers om sigarette tot ‘n noodsaaklike item verklaar te kry wat tydens algehele afsondering verkoop mag word, het tot dusver misluk.

Daar is groot druk van veral die groot tabakmaatskappye op die regering om sigarette tot noodsaaklike item verklaar te kry, maar tot dusver is geen sukses nog daarmee behaal nie.

‘n Goed geplaaste bron in die regering het aan Maroela Media gesê allerlei sektore probeer die regering so ver kry om hul produkte tot noodsaaklikhede verklaar te kry, en uiteraard moet die regering alle versoeke oorweeg.

Die bron het uitgewys dat enige bewering dat ‘n regulasie op hande is, kan neerkom op fopnuus, en het mense gewaarsku om nie fopnuus te versprei nie omdat dit strafbaar kan wees met ‘n boete, of ses maande tronkstraf, of beide.

‘n Produk mag slegs verkoop word as Ebrahim Patel, die minister van handel en nywerheid, dit as noodsaaklik verklaar deur ‘n kennisgewing in die Staatskoerant. Tot dan is dit onwettig, en eweneens strafbaar met ‘n boete, ses maande tronkstraf, of beide.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

JC Venter ·

“They have lost it totally!” Nee genade, ek het rook 20 jaar gelede al gelos, maar regtig, hierdie regering ‘gebruik’ die situasie om als onder hul vlerk in te kry. Rook is opsigself nie gesesond vir die mens nie, maar hulle wil seker beweer soos met drank dat dit die imuunstelsel aantas, buiten nou dat dit nie ‘noodsaaklik’ is nie. Tjoklits en gaskoeldrank is ook nie noodsaaklik nie. Maar dit is nie vir my waarom dit gaan nie eerder as wat die regering met hul regulasies hul hande op hoe ons leef en later wat nog kry. Dat ons waaksaam in die tyd moet wees is gewis.

Lees gerus hierdie nuuskommentaar van Herman Toerien, dit kan net sowel daarby inskakel en as ons ons oë uitvee …… :
https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-covid-19-rampe-binne-rampe-en-n-nuwe-wereldorde/

Anel ·

Stem saam. As ons ons oë uitvee is ons ‘n militerestaat. En komunisties. Hoe een minister sy wil op mense kan afdwing is maar net die begin. En elkeen wil wys hoe sterk hy is.

ooknetmens ·

Gegewe dat Corona die longe aantas, mag die weerhouding van sigarette dalk net iemand se lewe red.

JC Venter ·

ooknetmens, lees weer wat ek skryf, as ek nie rook daai tyd gelos het nie, het dokters my nie eens 6 maande gegee om te leef nie, maar dit is nie waarom dit gaan nie, dit gaan oor die ANC se beheptheid om mense te beheer. Anel hier bo het die spyker op die kop geslaan.

Frank ·

Nou hoe dan as die polisie minister se dit kan saam met ander items verkoop word Maroela Media? Dalk bietjie klarigheid daaroor kry want vir alle praktiese doeleindes versprei die polisie minister dus fopnuus tensy hierdie fopnuus is…. Daar word hopeloos teveel rond en bont gepraat

marius ·

Is pyp tabak sigarette ? Is lag twak wat wettig gekweek word sigarette ? Is vape sigarette ? Hoe het patel dit omskryf ?

Riaan ·

Beste ding ooit Mr Patel, dit is nie n noodsaaklikheid nie.
Maak dit somer vir 12 maande onwettig.

katerinadiekat ·

Coke en sjokolade en chips en biltong en droewors is OOK NIE noodsaaklikhede nie. Maar dit word nog verkoop!

DieKriek ·

Ek het nog nooit gerook nie en mense moenie om my rook nie, maar dat niemand nou mag sigarette koop nie is malligheid. Ek weet dis n verslawing en rokers móét hulle kankerstokkies kry. Wat is dié anders as magspeletjies?

Nie Verbaas ·

Hoe hulle op die verbod op sigarette gekom het sal net hulle weet. Miskien omdat tabak maatskappye nie na regering se pype dans nie?

Johannes V ·

Ek verstaan nie die nie verkope van tabak en drank nie. Die regering soek allermins enige moontlik inkomste. Hulle verloor miljoene indien nie miljard in zone blasting????????

Dana ·

Ek dink ook dit is belaglik. Ek kan geen rede sien waarom sigarette nie verkoop kan word nie. Ek is ‘n nie-roker, maar wat se skade kan die verkoop van sigarette doen. Solank mense nie NET sigarette koop nie, maar ook kos saam dit.

katerinadiekat ·

Presies. Almal moet tog brood en melk gaan koop so nou en dan, dan kan hul mos terselfdertyd sigarette koop.

Co ·

Ek rook nie maar sien nie hoe die regime die verkope gaan stop sit nie, dit gaan net die swarthandel in sigarette stimuleer en dit is alreeds een van SARS se groot kopsere – die swarthandel in sigarette en die verlies aan belasting wat hulle daardeur lei.

Simon ·

Toe ek nou die dag vir my Dokter vertel ek rook al vir langer as 40 jaar, kon hy dit nie glo dat my longe is so goeie toestand is nie. Ek kan my asem vir 1 minuut 30 sekondes inhou, Kon dalk 1 minuut 35 sekondes gewees het as ek n nie-roker was. Dit is maar net so terloops. Wat ek wil se is dat as hulle my reg om te mag rook en toegang tot sigarette weerhou, hulle vir die gevolge daarvan aanspreeklik sal wees. Nikotien-onttrekking kan nogal die duiwel homself wees.

Juliet ·

Kyk, ek praat nie rook goed nie, maar, het jy al te doene gekry met iemand wat ophou rook? Daai persoon is “moody” en onrustig en nou is nie die tyd om ekstra stress op rokers (En die mense om hulle) te plaas nie. Ek verstaan die drankverbod, want jy gaan mense kry wat hul vergryp, maar nie rook nie?

JC Venter ·

En nou gaan die onttrekking van beide nikotien EN alkohol gelyktydig ‘n impak hê. Gaats, ek wil nie die polisie en weermag dan sien rondstaan nie, maar onse minister wil mos wys hy’s baas.

Ooooo …. en veral daar in die dig bewoonde gebiede.

Maar wat van dwelms?

Ons hoor nie van die polisie wat onder daardie mense invlie nie.

Piet ·

Ek hoop dat Patel sterk sal blystaan in sy houding sigarette. Ek het vir baie jare gerook. Vandag sukkel ek met die gevolge daarvan. Het nou13 jaar opgehou. Dit is GENADE.

katerinadiekat ·

Good for you. Dit beteken nie dat volwassenes nie hul eie besluite kan neem nie. Om groot borde rooi vleis elke dag te eet, ryk pasta geregte en liters Coke te drink is ook ongesond. En dit is nog te koop.

Jaco ·

Piet ek was ook verslaaf aan sigarette en het dit van my baie moed geverg om op te hou, ek voel nogsteeds dat hierdie reël absurd is, meeste mense het tot op n mate een of ander verslawing of “vice” soos baie sal sê, of dit nou sigarette, kos, drank, rugby of watookal is, gun maar ander mense hul foute, ons is nie almal perfek nie.

Misky ·

Daar gaan net nog meer inbrake en diefstal wees as gevolg hiervan. Dis nie asof die rokers nou net gaan stop nie. Hy gaan net n plan maak om dit te kan kry – dis al. Ledigheid vier hoogty en rook sal die mense darem nog kalmeer in n mate. Vat dit nou weg en dis net erger en mense kom in opstand.

JC Venter ·

Kyk, alle verkope van drank, sigarette en tabak is nou verbied. Ek wil nie naby wees as daardie mense wat nie daarsonder kan nie, veral dié in digbewoonde nedersettings en plakkerskampe onttrekkings simptome van nikotien EN alkohol begin kry, party, dalk meeste, van beide tegelyk.

Maar, dan wonder ek oor die informele verkope van hierdie items, juis in daardie gebiede, die smokkelhandel en wat van dwelms, gaan mense hulle nie juis nou daarheen wend nie?

Of kan die polisie en die weermag oral keer?

Bite Me ·

Nee regtig! Dit is nou belaglik. Ek is ‘n enkel ma van 2 kinders. Ek betaal my tax, tv lisensie, VAT op produkte en wat nog alles! Gee my 10de waar ek moet. Ek is ‘n nie-drinker en ek slaap nie rond nie. My kinders het nog NOOIT gely agv ek wat rook. Hulle het als wat hul nodig het.

Ek rook nie by die werk, rook nie in my kar, rook nie tussen ander mense wat nie rook nie. Inteendeel ek vat partykeer nie eers my sigarette saam met my iewers heen nie.

My punt is: GUN my asb my een of twee blerrie sigarette in die comfort van my eie tuin om te cope met omstandighede!

Drank lei tot geweld, maar net so kan nikotien ontrekking ook! Wat dink hulle gaan gebeur… as ons nie kan rook nie, dan vreet ons…. So 1 van die dae sit ons met ‘n hele klomp ongesonde “obese” mense want koek, Coke en chocholates is mos “essential” produkte.

katerinadiekat ·

Dit is nou regtig niks anders as spitefulgeit nie! Coke en sjokolade en droewors en biltong en chips en luukse kosse soos roomkaas en Brie, peperduur steaks en garnale is OOK NIE noodsaaklikhede nie. Maar DIT is nog te koop! Spitefulness, that is what this is.

Petrus Klipkop ·

Wat my lekelogika nie kan verstaan nie, is dat produkte soos Nicorette ook nie verkoop mag word nie. Ek is nie ‘n roker nie, maar hoekom mag jy dan nie, ipv sigarette, ‘n plaasvervanger kry nie? Kan ‘n plaasvervanger, wat oor tyd al hoe minder gebruik word, nie help om onttrekkings te keer, en terselfdertyd ‘n geleidelike detoksifisering teweegbring nie, wat dan op die langtermyn baie positiewe gevolge het nie?

Is dit dalk moontlik dat die owerhede meer belangstel in algehele beheer oor elke aspek, eerder as om verspreiding van ‘n virus hok te slaan nie? Hoekom is soortgelyke maatreëls nooit ingestel vir enige ander, meer dodelike virusse (soos MIV) nie?

Wat my verder bekommer, is dat die regering nou mense na privaatwonings gaan uitstuur vir toetsing. Ek verstaan die gepubliseerde beweegrede hiervoor, maar kan dit moontlik lei tot monitering en beheer binne die privaatheid van jou eie sitkamer? Wat van kriminele wat hulle gaan voordoen as gesondheidswerkers?

Ria ·

Die reels en regulasies was nie mooi oordink nie. Ek verstaan hulle probeer geweld voorkom in die tyd van afsondering. Maar om sigarette te verbied gaan juis geweld aanhelp as die ontrekking simptome begin. Die minister van Handel en Nywerheid moet besluit of dit toegelaat kan word, wie gee dan die minister van Polisie die reg om dit te wettig op die Tuin Roete. Lyk of die een hand nie weet wat die ander een doen nie. Sigaret verkope moet orals verbied of toegelaat word nie net in sekere gebiede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.