Poligraaftoetse vir veldwagters

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Veldwagters in die Krugerwildtuin ondergaan nou verpligte leuenverklikkertoetse.

Johan Jooste, SANParke se bevelvoerder vir spesiale projekte, het aan LP’s van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie gesê die toetse word gedoen in ʼn poging om renosterstropery hok te slaan. “Elke veldwagter ondergaan nou ʼn verpligte leuenverklikkertoets en dit is nou deel van ons diensvoorwaardes. Ons kan dit enige tyd doen.”

Jooste het gesê al die wildtuin se vuurwapens is ook geregistreer op die geïntegreerde ballistiese identifikasiestelsel sodat dit nagespoor kan word. Volgens Jooste werp samewerkingsaksies met die Suid-Afrikaanse Polisiediens vrugte af.

Hy het daarop gewys dat meer vermeende stropers buite die wildtuin in hegtenis geneem word en dit as ʼn positiewe teken beskryf. Die wildtuin werk ook nou saam met die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) om ondersoek in te stel na tegnologie wat kan help in die stryd teen stropers.

Jooste het egter gewaarsku indien gemeenskappe in en om die wildtuin nie bemagtig word en ʼn vorm van eienaarskap gegee word nie, pogings om stropery te beveg nie vrugte sal afwerp nie. “Indien mens nie die gemeenskappe laat baat vind by die wildtuin nie, kan ons nie sien dat ons ooit regtig sal wen nie.”

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het vroeër vandeesmaand bekend gemaak 1 175 renosters is in 2015 gestroop, in vergelyking met die 1 215 renosters wat in 2014 gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Dankie tog dat daar nou ook gekyk word na weier bekamping van stropery.

Dee ·

Jy’t verkeerd gelees. Bekamping van stropery word nie geweier nie.

FC ·

Ai tog. Ek kan nie glo dat basiese polisiering nie eerder aandag geniet. Daar is geen wetenskap wat bewys die toets werk nie. Dis net ‘n afskrikmiddel.

Pieta ·

Ge-oordeel aan die hoë getal stropings, het “basiese polisiëring” nie veel sukses tot dusver behaal nie
Afgesien van die feit dat die poligraaf ‘n uitstekende afskrikmiddel vir misdadige elemente in eie geledere is, is die korrektheid van die apparaat ‘n lang bewese feit.
Die poligraaf het oor talle jare heen en dwarsoor die wêreld talle intelligensiedienste en andere instaat gestel om hulself teen vyandige elemente te beskerm.

FC ·

Die korrektheid van die apparaat is nog nooit bewys. Gaan vra google “how accurate are lie detector test” en sien hoeveel antwoorde jy kry. Sy enigste waarde is dat daar ‘n mitologiese waarde daaraan gekoppel is. Dis niks anders as net nog ‘n besigheid waar iemand geld maak uit onkunde

ig ·

FC,Glo my die meeste werkers dros of bedank voordat hulle n poligraaftoets ondergaan.Poligraaftoetse sal sorg dat die helfte van die veldwagters gat vat.WATCH this Space

CHRISTA ·

Hoekom sal die meeste werkers wil padvat of bedank as hulle onskuldig is?

Armando ·

FC, deur jou “feite” dmv Wikipedia te staaf, kan jy enige iets staaf. As dit reg en deur ‘n kenner gebruik word, is ‘n poligraaf ‘n uitstekende hulpmiddel.

Karolis ·

Johan Jooste het mos nou klaar ‘n voorwaarde gewaarsku. Ons kan nou probeer wat ons wil, niks gaan werk nie, punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.