Polisie aangeval ná tiener se dood

‘n Polisievoertuig is beskadig toe lede van die gemeenskap ‘n petrolbom na polisie geslinger het. (Foto: Verskaf)

Woedende lede van die gemeenskap in Saselamani in Limpopo het die plaaslike polisiestasie Maandag bestorm en ʼn petrolbom na die polisie geslinger. Een persoon is tydens die gebeure oorlede.

Inwoners is ontsteld nadat ʼn 16-jarige seun se liggaam Woensdag langs ʼn sokkerveld in dié gebied gevind is. Hy is vermoedelik deur ʼn onbekende verdagte doodgeskiet.

“Die woedende skare het begin deur die Punda Maria- openbare pad met brandende binnebande te versper. Hulle het toe hul woede op die plaaslike polisie uitgehaal en hulle verwyt dat hulle niks doen om die moordsaak op te los nie. Lede van die gemeenskap het ook ʼn sekere inwoner daarvan beskuldig dat hy vir die moord verantwoordelik is,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. ʼn Polisievoertuig is effens beskadig toe ʼn petrolbom na die polisie geslinger is.

Lede van die polisie-eenheid vir openbare orde het die plaaslike polisie kom ondersteun en die skare is uitmekaar gejaag. “Die liggaam van ʼn 26-jarige man is toe met ʼn skietwond langs die pad aangetref. Dit is nie seker wie die skoot afgevuur het nie,” het Mojapelo gesê.

Die polisie het ʼn geregtelike ondersoek na die man se dood begin en aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) vir opvolgwerk oorhandig. ʼn 40-jarige verdagte is ook in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Daar word verwag dat die polisie meer mense in hegtenis sal neem namate die ondersoek vorder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Net 1 toe gesluit a nee a! Waar’s die petters om staat se eiendom te beskerm huh? Sal seker môre van hulle hoor as dit nie our people is nie pffft!

Jessica ·

Na Brendan Horner teen n paal opgehang is… het ons mense ander doodgemaak ? Wat van André Pienaar (arme man ) se saak. Waarom tree die polisie so aggresief teen blankes op maar indien vel van n ander kleur betoog, bomme gooi en vernietig, word die skuldiges se name nie eens genoem nie?

Persheks Adri ·

Ons is WIT dis hoekom, maar our people kan maak nes hulle lus is en die polisie doen dan hulle werk soos hulle agterent pffft patete

Casper ·

Beteken dit ‘n polisiebeampte het die man geskiet as die saak na OPOD verwys is.

Genis ·

Jessica, hulle het die situasie van die KFC gemonitor… Hulle sal nie “our people” vir dit vervolg nie… Net a blanke man soos Andre Pienaar… “Our people” doen dit al jare en kom daarmee weg… Hulle is seker weer honger, of iets in daai voege…

Persheks Adri ·

Ja en dis die enigste wit man van wie our people hou net oor KFC Genis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.