Polisie bedrywig op Kaapse strande

Argieffoto (St Jamesstrand, Kaapstad) (Foto: Pixabay)

Argieffoto (St Jamesstrand, Kaapstad) (Foto: Pixabay)

Wetstoepassers het Saterdag bontgestaan toe duisende persone Welwillendheidsdag op strande in die Wes-Kaap spandeer het.

“Daar was polisiebeamptes te voet, te perd en in voertuie om seker te maak dat persone op die strande veilig is terwyl hulle die vakansieseisoen geniet,” het Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. “Voertuignasienpunte word op groot roetes na strande opgerig en waar nodig, is daar ook helikopterbystand.”

Potelwa het vakansiegangers gemaan om te voldoen aan wette wat openbare plekke betref, en ouers versoek om altyd ʼn ogie te hou oor hul kinders, en om dadelik beamptes in kennis te stel indien ʼn kind verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Sune van Heerden, wie jou onderwyser in Afrikaans was weet nugter! Iemand het die dag op die strand deurgebring! “Spent” is die Engels vir jou spandeer. Dit is n vieslike anglisisme. Moet net nie weer kom en se dit is volgens jou woordeboek korrek nie. Asseblief!

Dee ·

Sunú, ek hoop jy gaan nie weer soos gewoonlik uiters hoflik hierop reageer, nie. Hy verdien geen antwoord nie (en hy kan nie eens jou naam skryf nie).

CHRISTA ·

Ek wens hierdie taalpolisie wil vir ons Afrikaanse kinders gaan skoolhou. HULLE kan deesdae nie eers Afrikaans behoorlik skryf of spel nie!!!

Grassie ·

Suné – moet jou nie aan onvriendelike kritiek steur nie. Baie dankie dat jy ook op hierdie vakansiedag vir ons die nuus publiseer. En dan is dit nog gratis boonop.

Paul ·

Aan jou en al die klomp suurgatte: :”Het julle geen respek vir julle taal nie?” Dee, en hoe spel jy haar naam? Kom by mense – die Engelssprekendes het meer respek vir hulle taal.

Grassie ·

P – ek glo ons hele “klomp” het respek vir ons taal. Wat ons wel ‘n hekel in het is onbeskoftheid, persoonlike beledigings en die gebruik van kru woorde hier op Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.