Polisie begin duisende nuwe lede werf

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie het daad by die woord gevoeg en reeds begin met ʼn proses om duisende nuwe lede te werf. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa tydens vanjaar se staatsrede gesê het hulpbronne sal beskikbaar gestel word om ʼn bykomende 12 000 nuwe polisiebeamptes aan te stel en op te lei “om te verseker die polisie kry dringend die nodige kapasiteit”.

Gegradueerdes in besit van ’n kwalifikasie op vlak 6 of hoër van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) sal in aanmerking kom om as polisiebeamptes opgelei te word.

Alle aansoekers sal aan ʼn streng keuringsproses onderwerp word wat onder meer sekerheidsklaring en vingerafdrukverifikasie insluit. Suksesvolle aansoekers sal dan by enige polisie-akademie in die land opgelei word voor hulle by ’n polisiestasie in die land geplaas sal word ná voltooiing van die basiese opleiding.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die polisie se jongste werwingsveldtog komplementeer die 2019‑’20-werwingsveldtog. Altesame 7 000 nuwe beamptes is destyds gewerf. ’n Bykomende 3 000 poste word ook geoormerk vir dienende staatsdienswerkers en reserviste.

  • Aansoeke sluit 11 Maart. Kliek hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Jack ·

Ek sal nie my asem ophou nie.Hulle idee van keuring en opleiding verskil van myne.

Renier ·

Hoop die keurings proses is die keer beter. Te veel kriminele in die polisie.

ABDP ·

Dis nie net enige persoon wat ‘n polisieman/vrou kan word nie. Dis is ook ‘n lewensroeping. Wat gaan die vlak van opleiding wees as daar net links en regs ‘n klomp “gewerf” word.

Pierre ·

Goeie nuus, kom ons wag nou vir al die doomprofete om te kla

AW ·

“Research shows that this deterioration can be linked to the fact that many who join the SAPS have little interest in policing as a vocation. Instead, it is often a last-ditch attempt at getting a job when other options fail. “

Strandloper ·

Goeie nuus as net swartes werk kry? Wonder wie gebruik nou doom…

Androclus ·

Dis waar Pierre dis al wat hulle elke dag doen is om te kla .

SlinkseKoljander ·

Hoeveel van hulle het reeds n rekord? Ons almal weet hulle gaan net so min doen soos die wat huidiglik daar werk.

Anel ·

Gegradueerdes! Om wat te maak? Daar kort viete op die grond, nie ‘n spul”weet alles” wat net in ‘n kantoor wil sit nie. En onthou, meeste van hulle doen bedigheidsbestuur. Hulle wil net “bestuur”. Ons seun wou van kleins af polusieman word. Hy het vir meer as 13 jaar probeer. Hy het intussen gekwalifiseer as hondehanteerder en werk as reaksiebeampte met sy hond. Tot die polisie maak gereeld van hom gebruik en met operasies vra hulle spesifiek vir hom en sy hond. Want, sê hulle, die polisie het nie sulke goeie opgeleide honde soos sy hond nie. Maar hy kan nie kwalufiseer as polisieman nie. Nou wonder ek maar net wst gaan hulle nou weer aanstel. Want hulle doen aansoek by polisie, verkeer, weermag, gevangenisdiens en dan die eerste een wst op hul aansoek reageer, daarheen gaan hulle. Dan rukkie by die een dan vra hulle oorplasing na die ander. Baie eindig by sekuriteit op. Hou nie van ure wat hulle moet werk nie. Maar mense wat toegewyde beamtes sal wees, kry nie kans nie.

Tiaan ·

Dit is goed so, maar die misdaad probleem in ons land gaan dieper en om meer lede te werf aleen sal nie die probeel oplos nie, Ons grense moet ook beveilig word, en korrupsie moet aandag geniet. Swart bemagtiging ontneem kundiges die geleentheid om ‘n daadwerklike verskil te maak.

Dries ·

Nee Pierre ons het niks om oor optimisties te wees nie. Het jy ?? By elke roof en moord is daar polisiemanne betrokke

Debbie ·

Gaan dit die moeite werd wees vir blankes om aansoek te doen?

Frank ·

Klas, luister nou mooi: ons praat vandag oor wat jy moet doen om eerste op die misdaad toneel te wees…….
Daar gaan nie ander klasse wees nie, verdaag!

Nette ·

Ek hoop die keuringsproses sluit ‘n sielkundige en nie rassistiese evaluasie ook in…

Dirk ·

Hoop maar daar word background checks gedoen op almal.Anders,julle weet waarnatoe dit gaan lei..

Mickey ·

Dit is so onregverdig my seun wat net matriek het en 2020 klaar gemaak het met skool word nou eenkant toe geskyf. Wat gaan ‘n stukkie papier jou beter maak as iemand wat net matriek het. Hulle het duisende kinders se gemoed gebreek met die skyf van kwalifikasie op vlak 6 of hoër van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. my moeder hart was baie seer kon sommer die terleurstelling in sy oe sien

Anel ·

Ongelukkig is hy wit. Al het hy graad gehad. Ons seun sukkel al vir 13 jaar. Laat jou seun probeer aansoek doen as reservis. Dalk werk dit vir hom. Ook dit het nie vir ons kind gewerk nie.

SjN ·

Met n slaagsyfer van 30% gaan daar baie comrades kwalifiseer.

Julius ·

En daar val ek uit, ek weet nie eers wat is ‘n vlak 6 kwalifikasie nie.

Dries ·

Hoe kry jy goeie polisie manne ??? Eerstens moet hulle ANC kaders wees. Die ANC is verrot van kop tot tone. Korrup, kriminele moordenaars in hulle leierkorps . Wat is die kanse dat jy nie kriminele gaan aanstel nie. NUL

Derick ·

Hulle praat niks van fiksheid toetse nie…..so hier kom nog n vlaag polisie wat baie groot klere dra.

Di ·

Hulle keurings vereistes behels seker dat jy ‘n kriminele rekord moet he! Meeste in polisiemag het kriminele rekords soos ons ANC regering. Sien is glo!!

Jr ·

En as jy wit is – don’t bother applying. Ons weet almal wie die poste sal kry. Rassiste. More useless 30 persentas

Genis ·

Nuwe skelm staats amptenare in wording! Hulle doen 2de vase van oplieding by KFC

Wielspore ·

Ons wens nuwe lede sterkte toe met die hoop dat julle ‘n positiewe verskil sal maak in die veligheid van ons land.

Toebek ·

Suiwer eers die bestaande poliese mag van onbekwaande, onbevoegde en krimineele lede.

Perdeby ·

Welkom aan al die klipgooiers en toi toiers hulle gaan nou aansoek doenmaar hulle het vergeet jy moet ‘n krimmenele rekord hê.

Blikkies ·

Ek was ‘n Polisieman, en ‘n Trotse een ook. Dit is al wat ek ooit wou doen. Jy word nie net ‘n Polisieman nie, Jy word een gebore. En vandag moet ek my kop in skaamte sak.

marius ·

Hoeveel persent gaan geweldadige misdaad nou meer styg …..

Hendrik ·

“Alle aansoekers sal aan ʼn streng keuringsproses onderwerp word” what a joke
En wat van al die huidige kriminele wat hulself in SAPD se diens bevind?? Wanneer gaan hulle ge-re-evaluate word…..

SomeOne ·

maak sommer seker dat hulle weet /hoe wat ‘n graad 3 sertifikaat alles behelf/lyk

Mariana ·

O aarde hier kom ‘n ding. Hoop die keuringsproses word reg gedoen, anders is dit weer ‘n klomp kriminele wat in diens geneem word. Tyd om dit reg te doen.

Mariana ·

Ek hoop dat blankes ook deel vorm van die keuringsproses en dat daar darem ‘n paar van hulle ook in diens geneem word.

Maritza ·

Dis hartseer om te dink dat poste gevul sal word deur mense wat net ‘n salaris tjek soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.