Polisie betaal glo ‘300% meer’ vir ontsmettingsmiddel

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: GCIS)

Die polisie het reeds R1,4 miljard bestee aan persoonlike beskermingstoerusting (PPE) en ander items om Covid-19 te help bekamp.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê die polisie het bykans die helfte van dié geld, oftewel sowat R642 miljoen, net op ontsmettingsmiddels bestee.

Die polisie het volgens die DA 100 000 houers met 25 ℓ-ontsmettingsmiddel aangekoop.

“Uit ʼn ondersoek deur die DA is bepaal dat ʼn 25 ℓ-plastiekhouer met ontsmettingsmiddel teen minder as R2 000 aangekoop kan word,” het Whitfield gesê.

Whitfield sê die minster van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê alle PPE’s is teen markverwante pryse aangekoop en dan ook in ooreenstemming met die nasionale tesourie se pryslys vir produkte.

Cele het gesê waar verskaffers nie voorraad gehad het nie, is verskaffers gebruik wie se pryse meer was as die nasionale tesourie se aanbeveling.

“Die prysverhoging van meer as 300% vir houers met ontsmettingsmiddel is waarskynlik net die oortjies van die seekoei. Die DA doen ʼn beroep op die Valke om geen steen onaangeroer te laat om korrupsie in die polisie bloot te lê nie.”

Whitfield sê terwyl die minister besig was om tydens die afsonderingstydperk beslag te lê op drank en sigarette, het sy eie departement die ramptoestand uitgebuit.

Hy sê die polisie is veronderstel om die voorbeeld te stel.

“Elke voorval van korrupsie in die polisie ondermyn die mag se geloofwaardigheid om die wet te gehoorsaam en toe te pas.

“Onder die bestuur van die ANC lyk dit nie of daar genoeg ontsmettingsmiddel in die wêreld is om die polisie van korrupsie te reinig nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Ja groot hoed jy stel ‘n goeie voorbeeld! Jy’s ook magsbehep soos die res. Plaas doen julle julle werk, maar nee soek sigarette en drank. Julle is veronderstel om ons te beskerm, maar ek gaan jou nie eers sê hoe useless julle is nie… Ons beskerm onsself so ek sien GEEN nut dat julle betaal word nie

JohanR ·

And the ANC corruption just keeps on coming…..and NO ONE goes to jail!

Johann ·

Wat my verby gaan is die arrogansie van veral die Cowboy kader ontplooide. Onaantasbare magsbasis wat hy namens homself en sy kopdoek bende afdwing. Ons het sekerlik nie gedink dat hy nie ook gaan skep en vat en gryp of dit toelaat nie? Dis die ideale geleentheid vir die ANC om sy “rekeninge” te betaal aan die wat die ANC gekry het waar dit is en daar te hou.

En dis nie omKOOP geld nie,dis HUURGELD vir die nou en netnou. Daars geen lojaliteit ander as teenoor die wat geld en mag het om uit te deel nie. Ons word opgeveil aan die flavour of the day kaders wat demand en dreig. En heel voor staan n leunaar van ongekende self waan, wat op ander se suksesse SKATRYK geword het en nie weet wat n brood of meel.of melk of petrol kos nie. Nevermind wat dit beteken om jou inkomste af te moet staan aan hom en sy magsmal terroris comrades.

Frederik C ·

Die middelman het verseker goeie besigheid gedoen. Cele sal hopelik ‘n gesonde “cut”kry.

Sarel ·

Wie het die duur produkte verskaf en watter Politikus se familie is betrokke

Blikke ·

@Schalk…..hahaaahaaa ja daar gaan eintlik niks aan onder daai hoed nie…..nie eers die ligte nie!!!

Adam Adriaan ·

CR en sy sogenaamde ministers is die touleiers van die korupsie en gee die pas aan. Met Ace die wadrywermet die leisels en NGZ die sweep hanteerder.

Strandloper ·

Groot sal die vreugdes vure brand die dag waneer die wannabe verskoning van n cowboy aan die verkeerde kant van die trallies sit

Mariana ·

As ek lees van die astronomiese bedrae geld wat glo aan covid spandeer is, nie net deur polisie nie, maar regoor die land, dan dink ek by myself hoe de hel kan hier nog enige kieme in die land wees. Dit is regtig alles so belaglik. Nee iemand se tannie en neef en die hele familie se beursies lyk mooi vet en skoon, baie skoon.

Elize ·

En so ploeter die anc aan, geen skaamte, geen trots, geen gewete

Martie Smartie ·

Die Valke – he he he – lag my n papie – die mees ondoeltreffende eenheid in die polisie, maar verdien vet salarisse en ry elke dag met staatsvoertuie gratis tussen huis en werk. Self n korrupte spul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.