Polisie betaal glo R52 m vir 169 flitsligte

flitslig_vuurvreters.jpg

Foto: pixabay.com

Die polisie het glo op die laaste dag van die 2015/16- finansiële jaar meer as R52 miljoen betaal vir 169 flitsligte.

Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê dié geld is glo aan Forensic Data Analysts (FDA) betaal vir ʼn kontrak om die 169 flitse te lewer. Daar is dus meer as R300 000 per flitslig betaal.

Volgens die DA is die faktuur vir die kontrak deur die afdeling betaal waar genl. Khomotso Phahlane, die voormalige waarnemende polisiekommissaris, se vrou gewerk het.

Die DA sê in ʼn verklaring FDA word besit deur ʼn sakeman wat volgens die party voorheen by potensiële korrupte transaksies geïmpliseer is waarin daar glo luukse motors aan Phahlane en sy vrou verskaf is.

Die DA het aangedui dat hulle aan Alvin Rapea, die sekretaris van polisie, sal skryf om te versoek dat ʼn ondersoek na en analise van die polisie se besteding oor die laaste vyf finansiële jare deur die burgerlike sekretariaat gedoen word om moontlike irrasionele en verkwistende kontrakte te bestudeer.

Volgens mediaberigte ondersoek die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ook ander verdagte transaksies tussen die polisie en FDA.

“Die polisie se jaarlikse verslae toon dat die departement se begroting ten volle bestee is, maar polisiestasies het altyd ʼn tekort aan personeel en hulpbronne. Die stasies hoor gereeld dat daar nie genoeg geld is wanneer hulle vra vir bykomende motors en personeel nie,” lui die verklaring.

Die DA het bygevoeg hy het altyd vermoed die polisie se begroting word verkeerdelik bestee as gevolg van verwronge prioriteite en hierdie onthulling blyk ʼn bevestiging van daardie vermoede te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Daylight ·

Enige mens met ‘n brein kan sien hier is GROOT fout dat hier grootskaalse korrupsie is . hoekom trippel almal so om dit? HOEKOM word hierdie mense nie in hegtenis geneem nie? Hulle gaan seker nie vervolg word nie. Hulle wil die polisiekorps kleiner maak in ‘n land wat misdaad seevier, ‘n land wat heeltemal buite beheer is, maar hulle koop miljoene se flitsligte teen daardie prys aan. Die polisiemanne kry peanuts en die voertuie val uitmekaar uit, en het meeste vd tyd nie eers brandstof nie? DIT IS MOS nou daylight robbery .. maar kom ons raai . daar gaan ‘n ondersoekspan aangestel word en daarna gaan dit stil word.

Johan ·

Ek het al gesien hoe hulle lyk en hoe hulle werk. Hulle werk fantasties,daar was ook vir my gese dat dit duur is. Ek kan net nie sien hoekom dit so duur is nie. Met ondersoek het ek ook self gesien dat dit so duur is. Maatskapy wat dit aan die sapd voorsien sit aansienlik n paar sente by. Maar voot daai sente by gesit is is hulle nog steeds baie naby aan daai bedrag. Wie gaan vir ons meer uitvind oor hoekom hulle so duur is?

Lizl Scheepers ·

Die ligte word ingevoer. Ek werk daagliks daarmee, en hulle is genuine so duur. Bygesê, dit is ‘n stel van 8 of 9 ligte.

Zumie ·

Hierdie flitslig wil ek graag sien… vir daardie geld laat hy seker die son donker lyk……
Miskien moet die SAPD hierdie flitslig gebruik om hulle uitgawes mee na te gaan..

Willie ·

My liewe land! Is dit n tiepe bioniese flits, wat kan X-Ray, Verklik, So n Dragger kan alcohol vlakke lees, fingeragdukke kyk, soos n drone kan flieg??? VERTEL ONS SAPD???

Adam ·

Dit sal ‘n wonderlike winskoop wees indien die flitse ook behulpsaam kan wees met die spel van sekere Afrikaanse woorde.

Justice ·

Uitstekende flitsligte – die lig die bedrieers in die SAPD uit.

t ·

Hierdie flitse was deur die Guptas self aanbeveel. Hulle moet goed wees; teen daai prys…

charmaine ·

Sjoe, R300 000 vir en flitslig? R52 miljoen vir 169 flitsligte? Hulle kon beter voertuie aangekoop het of dit spandeer om meer Polisie lede aantestel R53M kan baie gate toe stop. Maar weereens was dit n familie besigheid die kommisaris se vrou was deel van die tender lyk dit? Hulle het dit seker ingevoer van FBI Amerika?

Alta ·

Hierdie flitsligte is seker van goud!!! Maar het hulle nou geld vir nuwe batterye? En elje familie lid het seker een gekry vir kersfees!

Action Jackson ·

Safariland.com wys hierdie PoliLight Flare plus 2 Kit se prys as $4 051,50 – $13 975,00. Teen vandag se wisselkoers van R14,12 vir ‘n dollar, sou elke volledige stel, teen die hoogste prys, jou R197 327, 00 gekos het.

Lizl Scheepers ·

Dankie tog, nog iemand wat weet waarvan hy praat! Ek werk daagliks met die ligte, en dit is wat hulle kos.

Boet ·

Onthou……..daar is “sipping fees” + import duties ook onder andere. Mens kan nie nie ‘n rand / dollar conversion doen.

Benjamin ·

Soek vir die faktuur vir die flits batterye.. dit seker op dieselfe hopie.. Waarskynlik R5000 vir n AAA battery elke, en dan sal Zuma by sy volgende Q&A seker sê such a funny flashlight

Leahim ·

Dankie DA dat julle dit onder die publiek se aandag bring nou wag ons nog dat julle in die media die plaasmoorde aanspreek asook vie malema en mbalule oor hulle onlangse rasistiese uitspraak

kat ·

Ja die DA is mos doodstil oor die plaasmoorde – maar dit is omdat hulle hand op die blaas is met die EFF-. lankal dit besef . Ek is so bly ek het niks met die lot uit te waai nie. Ook korrup van bo tot onder. Gesig koop wanneer dit hulle pas.

Bertram ·

Dis wat daagliks gebeur met oms belastingbetalers se geld bedrog, stop belasting betaal mense betaal aan afriforum en ons begin ons eie dienste en sorg vir ons self, stel jouself voor as almal skielik ophou belasting betaal sink die bedrog saam hulle

Renier Lubbe ·

Die meegaande foto in die artikel is die van ‘n gewone flits.

Daar is forensiese ligte wat soveel geld kos.

Dus moet mens eers weet wat se flitse aangekoop is voordat mens te veel lawaai.

Alta ·

Hierdie flitsligte is seker van goud!!! Maar het hulle nou geld vir nuwe batterye? En elke familie lid het seker een gekry vir kersfees!

bgj van der westhuizen ·

wel dit is baie maar as jy groot klomp aan koop moet jy onderhandel vir n beter prys en soos van die mense hier skryf is dit n duur flits maar daar is nig steeds R100.000.00 rand verskil eimand het weer ook n gat sak gekry wat geld in gekom het ek hoop daar is oor in jaa nog steed van dit in besit van die sapd wand hulle verloor so baie goed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.