Polisie betrap plaasaanvallers op heterdaad

(Foto: SAPD Mpumalanga)

Die vinnige reaksie deur polisiebeamptes ná ʼn wenk ontvang is, het ʼn plaasaanval Dinsdagoggend by Welwediend in Verena, Mpumalanga voorkom.

“Die polisie het omstreeks 02:00 ʼn kennisgewing ontvang en beamptes is dadelik ontplooi,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Beamptes het drie bakkies opgemerk waarop 19 skape en vier bokke, ter waarde van meer as R40 000, gelaai is.”

Die polisie het die verdagtes agternagesit en een van die verdagtes se voertuie was in ʼn ongeluk. Hulle het weggehardloop en die twee ander voertuie ook agtergelaat.

“Die polisie het die voertuie deursoek en op twee vuurwapens afgekom. Die slagoffer sê hy het gelê en slaap toe hy ʼn skoot buite gehoor het. Nog voor hy besef wat aangaan, was daar ʼn knal by die deur en gewapende rowers het ingestorm. Hulle het twee selfone ter waarde van R1 500 gebuit.”

Die voertuig, wat in die ongeluk was, asook die ander twee voertuie wat agtergelaat is, het beamptes gehelp om beslag te lê op die vee en vuurwapens. Die ondersoek om die eienaarskap van die voertuie te bepaal, duur voort.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede. Sy veroordeel plaasaanvalle en wil inwoners verseker dat die polisie onverpoosd werk om die kwessie te takel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Lt.genl Manamela, julle word gesalueer. Dankie aan jou en jou span! Dit is wat ons graag wil hoor en waarvoor ons groot waardering het.

M ·

Ek stem volmondig, en met ‘n baie dankbare hart. So dankbaar dat ons nog kan staatmaak op SAPD Amptenare met diepe integriteit.

Hasie ·

Tye van wonderwerke bestaan nog …die SAPS het waker geword …

Aggie ·

“Die eienaarskap van die voertuie duur voort”.
MM daardie laaste sin het my aan die raai gesit ??

Sparky ·

Ek weet nie of Ek iets mis nie maar GEEN verdagtes is gearresteer nie.En almal se goeie werk,Ek wil eerder se halwe werk.

Marcello ·

Dankie, aan die span van die SAP, dit is verbydend om sulke nuus te hoor.

Mieke ·

Ai, ek hoop regtig daar was geen vee op die omgeslane bakkie !!
En, inderdaad, is iemand vasgetrek of nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.