Polisie bevestig presidensiële eenheid het voetganger getref

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Sondag in ʼn verklaring ʼn polisievoertuig van die presidensiële eenheid was in ʼn noodlottige ongeluk betrokke. Die presidensie het vroeër Sondag ontken dat dit pres. Jacob Zuma se blouligkonvooi was.

Brigadier Mashadi Selepe, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê ʼn voetganger is Vrydag omstreeks 11:50 deur ʼn polisievoertuig in Pretoriusstraat in Pretoria gestamp toe hy die straat oorgesteek het. “Die 59-jarige man het later aan sy beserings beswyk.”

Volgens Selepe was die bestuurder van die polisievoertuig, ʼn lid van die presidensiële beskermingseenheid, aan diens toe die ongeluk plaasgevind het. “ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het sy gesê. “Die bestuurder sal sy volle samewerking gee.”

Selepe het bevestig dat, alhoewel die polisiebeampte aan diens was, berigte dat die ongeluk plaasgevind het terwyl die voertuig deel was van ʼn “blouligkonvooi”, heeltemal onwaar is. “Die motor was nie deel van ʼn konvooi ten tyde van die ongeluk nie en daar was geen afgevaardigde teenwoordig in die voertuig nie,” het sy benadruk.

“Die SAPD betuig sy meegevoel aan die geliefdes van die slagoffer.”

Maroela Media het vroeër berig dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder vir die presidensie, het gesê Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, se verklaring op Twitter, dat sy vriend Solly Moutlana, deur pres. Jacob Zuma se blouligkonvooi doodgery is, is onwaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maria Van Dieweeck ·

Selfs op kamera vasgevang, groot en oop en bloot – “Its not me”.

Johann ·

Ongelooflik die vlak van onaantasbaarheid wat Zuma en sy omgewing genereer!

Karin ·

Hulle Lieg so baie.. Die Polisie en die regering.. Is mos veronderstel om te Weet wat die ander doen .. Ek hoop daar is sommer baie getuies.. Iemand het met die president Se kar en gevolg gery. Mmmmn dis seker n Ou laai .. Eers het hulle Nie Dan het hulle Dan was hy aandiens ???? How werk dit as hulle In die blouligkonvooi is werk hulle viewers anders ook ??? Vra maar net !

Sus ·

Die nuutste lieg was dat Zuma nie ten tye van die ongeluk in Pta was nie. Nou hoe ry sy bloulig brigade dan met blou ligte en ‘n hoë spoed as mr prez nie nie eers in die konvooi is nie……..op pad waarheen????

Cherokee ·

So hulle lieg (die arme maroela noem dit gewoonlik heel vreesbevange ‘jok’), hul leuens is uitgewys. Gaan enigeen dit opvolg of gaan dit maar net uitwys van lieg deur die presidensiële eenheid wees.

Mel ·

Dis erger as erg om so als te ontken, di doodskis storie is ‘n lammetjie teenoor di , kom ons kyk wat kom hiervan

Johann ·

Huh? So weet die “presidensie” waaroor hulle iets moet sê of nie? Wie was waar.toe wat gebeur het of nie?

CAROL EVERY ·

Hulle neem aan mens moet uit die pad padgee asof dit ambuans is wat aakom!! Kan getuig van hulle ongeduld.

Carol Every ·

Wanneer hulle aankom met hul blouligte neem hulle aan jy moet padgee asof dit ambulans dienste is; kan bevestig van hul onbetaamlike spoed!

Dink jou in ·

Dink jou in: “Blanke bestuurder met blouligvoertuig ry swartman dood”.

MM ·

Ek wonder wat se ons burgemeester van die bloulig bende wat so met blouligte en serene jaag in Pta!

Johann ·

Dis mos valse inligting weergee oor n “ongeluk” waar iemand dood is? Wat is die WARE DETAIL? Is daar ooggetuies? Is daar CCTV opnames? As hy aan diens was…hoe dan “niemamd” by hom nie? Hoekom dan jaag? Van waar na waar?

Johann ·

Komaan FA Burgemeester. Jys op rekord dat jy sulke gejaag nie sal duld nie? So wat gaan jy doen? Of is hierdie maar net nog n situasie waar die DA se wate “kleure” bewys word soos met hul leier se KLIP3MANSKAP twiet? Wag soos lafaardd om hoeke…gewapen met klippe…op onskuldige slagoffers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.