Polisie bevestig wat almal reeds weet: Misdaad in SA is buite beheer

‘n Beampte wat deel is van die polisie se onluste-eenheid gooi ‘n traangashouer om te probeer om plunderaars in Germiston, oos van Johannesburg uitmekaar te jaag (September 2019) (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met groot kommer kennis geneem van Suid-Afrika se misdaadstatistieke vir die 2018/2019-finansiële jaar, wat vroeër vandag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekend gemaak is.

“Die toename in geweldsmisdaad en veral moord behoort niemand te verras nie nadat die weermag in die Wes-Kaap ontplooi moes word om die SAPD dáár te ondersteun, asook ná die SAPD se skokkende terugval voor ontstoke oproeriges in die Johannesburgse middestad net meer as ’n maand gelede,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum. “Die uitsonderings is moontlik Bheki Cele, minister van polisie, en president Cyril Ramaphosa, wat gewoonlik geskok en verras is deur feite wat lank reeds aan ander Suid-Afrikaners bekend is.

“Asof dít nie erg genoeg is nie, is die media deurtrek met negatiewe artikels oor die swak toestand waarin die SAPD sigself bevind. Hulle het meer as 9,5 miljoen patrone en 4 357 vuurwapens oor die afgelope ses finansiële jare verloor. Hulle is ook deur nasionale tesourie beveel om hul begroting oor die volgende drie finansiële jare met onderskeidelik 5% (R5 miljard), 6% (R6,5 miljard) en 7% (R7,8 miljard) te verminder. Boonop het hulle vyf verskillende nasionale kommissarisse oor die afgelope tien jaar gehad. Khehla Sithole, die huidige nasionale kommissaris, het selfs in die parlement erken dat die SAPD se mandaat oorbelas is en dat dit onmoontlik is om daaraan te voldoen,” het Kamfer bygevoeg.

“Gewone polisiebeamptes is daagliks slagoffers van ’n mislukkende regering en polisiediensbestuur. ’n Tekort aan ammunisie om hul vuurwapengeskiktheidsopleiding te voltooi, asook ’n tekort aan postverkragtingpakkies by polisiestasies is maar twee onlangse voorbeelde van hoe hul belangrike werk deur ’n onbesorgde, onbevoegde top- en departementele bestuur gekelder word. Dit behoort daarom geen verrassing te wees nie dat die aantal polisiereserviste – mense wat hul persoonlike tyd opoffer om die polisie te help – sedert 2010 van 63 592 tot 8 908 vandag afgeneem het.

“Met dít in gedagte het gemeenskappe geen ander keuse as om hulself in buurtwagte te organiseer om hulself te beskerm nie. AfriForum se 142 buurtwagte is goeie voorbeelde van hoe gemeenskappe hulself kan organiseer en met ander rolspelers – die SAPD op kantoorvlak inkluis – kan saamwerk om ’n veiliger omgewing en ’n vermindering in misdaad te verseker,” het Kamfer gesê.

Die Instituut vir Veiligheidstudies (ISS) het in ʼn verklaring gesê polisiëring kan nie alleen Suid-Afrika se geweld oplos nie. “Die volgehoue toename in geweld in die land is ʼn teken dat sterker wetgewing noodsaaklik is, maar nie voldoende is om openbare veiligheid te verbeter nie. Suid-Afrika het dringend geweldvoorkomingsprogramme nodig,” sê Gareth Newham, hoof van die justisie en geweldvoorkomingsprogram by die ISS.

Volgens Newham is polisiehervorming en ʼn sterker vervolgingsgesag ook in die kort termyn nodig. “ʼn Verhoging in staatsbesteding op polisiëring en strenger vonnisse vir oortreders het nie geweld laat afneem nie. Dit is omdat die polisie nie kinders veilig kan hou ná skool wanneer hulle kwesbaar is nie, of mans kan keer om hul vroue of lewensmaats oor naweke aan te rand nie. Meeste moorde gebeur oor naweke, en die meeste geweld spruit uit argumente tussen mense wat mekaar ken. Huishoudelike geweld en geweld weens bendebedrywighede is albei in die tweede plek vir die grootste oorsake wat tot moord lei.”

Newham meen die onlangse voorvalle van openbare geweld, veral teen uitlanders, is nog ʼn waarskuwingsteken wat die regering nie kan bekostig om te ignoreer nie. “Vlakke van openbare geweld neem in die algemeen toe.”

Volgens die organisasie het Suid-Afrika programme nodig wat werk. “Dit sluit positiewe ouerskapprogramme, náskoolversorgingsprogramme en teenboelieprogramme by skole in. Gewelddadige gedrag word gewoonlik by die huis en in die gemeenskap aangeleer. Geweldvoorkomingsprogramme is die sleutel om misdade te verminder wat nie gepolisieer kan word nie.”

Die ISS versoek dat misdaadstatistiek meer gereeld bekend gemaak moet word aan die publiek en burgerlike samelewing. “Die SAPD-statistiek wat vandeesweek vrygestel is, is byna ses maande oud en reflekteer nie die huidige toename in hoëprofiel- gewelddadige misdade waaroor daar in die media berig word nie. Die data dek misdade wat in die finansiële jaar van 30 April 2018 tot 31 Maart 2019 gepleeg is,” het Newham bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

jz ·

Die doodstraf sal baie probleeme oplos,Werner ek glo ons regstelsel sal iemand hang as hy nie skuldig is nie,so hou jou kant skoon en daar is niks tevrees nie,bevuil jou kant ,drae dan die gevolge.

Kallie ·

Net om die ou landsvlag te swaai kan as hoogverraad beskou word en met die dood gestraf word.

Johannes in die VSA ·

Het al hierdie gemors sien kom in 1994. Jammer vir die wat nog glo alles sal regkom. Dit sal nie. Reeds in 2000 VSA toe getrek. Moes gister ‘n be-eedigdge verklaring aflê. Bel die polisie se algemene nommer. Hulle antwoord binne 10 sekondes. Die dame vertel my toe hulle stuur sommer die polisie na my huis om die verklaring te vat. Vyftien minute later stop die polisie man by my huis en 30 minute later is die verklaring klaar, geteken en in my hande. Groet die polisie man en daar gaan hy oppad om iets anders te gaan doen. Hier sorg hulle vir die gemeenskap.

Gaitsigubib ·

Terloops Johannes ek was ook daar en erken dat ek bietjie jaloers is. Steeds in hierdie land gaan ek eendag my laaste asem uit blaas. Sterkte vir jou.

Manie van Worcester ·

Jy is in die beskawing my vriend, ek is net te oud ongelukkig, anders het ek ook beskawing toe getrek, hier in die land is geen plek vir beskaafde mense nie. Wees net elke dag dankbaar jy het reg gekies

Frikkels ·

Kan ons gestremde regering nie sien dat ons op ñ verloorpad is met hulle kastige menseregte wette nie! Nou is allerhande programme nodig om die chaos te herstel. Om mee te begin, moet lyfstraf terug kom in skole. Die doodstraf moet terugkom vir geweldsmisdade. En gevangenisse moet gevangenes behandel soos gevangenes. Ñ gevangene het geen regte nie. Voorts moet daar ontslae geraak word van onbevoegde en korrupte regerings amptenare. Diesulkes moet voor die voet en sonder waarskuwing in hegtenis geneem en op ñ gepaste wyse gestraf word. Daar is reeds 25 jaar verspil op bestelle wat nie haalbaar is nie. Wanneer gaan hulle wakker word?

jz ·

Alles waar wat jy se,maar daar is in die parlement gese nie vir n duisend jaar nie

Manie van Worcester ·

Hulle slaap die diep slaap wat eeue al duur en nog eeue sal duur.

Elvira ·

Julle het julle DEMOCRACY gekry, toe wert julle nie way om daarmee te doen nie. Julle het die land oorgeneem toe al die ratte gewerk het, reserwebank vol geld was, departemente 100 persent gewerk het, en nou? .? Alles opge……..r

Pottie ·

So gaan dit in al die departemente want hulle sit met menisters wat nie weet hoe om hulle werk te doen nie dit is maar n tjommie tjommie besigheid die land is om van op te gooi

SjN ·

Minder monitor en onmiddellike optrede word vereis, raak ontslae van die belhamels en die res hardloop soos lafaards weg.

Ina ·

Die Meyerspark-tak van Afriforum buurtwag, kry geen hulp of ondersteuning van Silverton polisiestasie se lede nie. Hulle hoú nie van Afriforum nie….(sagkens gestel), al word báie van hulle werk vír hulle gedoen! Misdadigers wat aangekeer word deur die buurtwaglede, is baie gou maar net weer op straat…..want siéstog…..! Dit gaan in sommige ander voorstede waarvan ek bewus is, presies dieselfde! So, help dit regtig? Ek twyfel. Mens se hande is afgekap, korruptheid en onbevoegdheid is aan die orde van die dag en álles is buite beheer!! Ek twyfel of dít ooit weer ánders sal wees! Ek kan die rede prontuit by die naam noem….maar dan sit ek gou-gou met my gat in die tronk want in dié land mág jy nie die waarheid praat nie!

Jeremia ·

Suid-Afrika is ‘n democrazy. Géén dissipline óf respek vir niks en niemand nie.
Dit begin al sommer in elke huis en kring daarvandaan uit.
Grootste gros volg voorbeeld van aanvoerders van die land en al hul kamerade., en dit begin by diegene se ingesteldheid en houding.
Nodeloos om te sê dat arrogansie hoogty vier.

Johan ·

Daan, julle ouens in SA weet nie waarvoor julle vra nie! Julle wil tog nie die doodstraf terugbring in ‘n misdadiger-beheerde regering se hande nie! Julle het geen idee waarvoor julle vra nie….

Die hele ANC-beheerde regeringsamptenary is oorgewig, oorvreet en het ‘n oormaat selfvertroue, ‘n resep vir mislukking. Die SAPS is geen vriend van die publiek nie en is uiters onbevoeg. Gaan besoek tog jou eie SAPS kantore en vergewis jou van die omgewing. Dis vuil, onversorg en die kantore se meubels val uitmekaar. Hostels is vandag ‘n skoner omgewing as ‘n SAPS kantoor.

Ek sal nooit onder ‘n misdaad-SAPS as reservis dien nie, hul antoginistiese houding, hul arrogansie ken geen perke nie. Dit is wat gebeur wanneer jy ‘n misdadiger in ‘n uniform sit………

A ·

Word hierdie steeds wyd versprei na ander lande met wie julle reeds vergader het en is daar enige terugvoer? As hierdie statistieke nie jou hart uit jou bors ruk en jou skok nie, sal niks nie! Ons moet bly en bly en bly druk, toepas en ander lande se hulp bly vra.

Anoniem ·

Die statistiek wat gister voorgelê is dui op 500 000 moorde tussen 1994 en 2019. Ek sal graag die statistiek vir die voorafgaande 25 jaar, dus vanaf 1969 tot 1994 ook wil sien. Dit was mos die “peak van apartheid”. Ek glo egter nie hulle sal dit ooit bekendmaak nie.

jakes ·

Die misdaadstatistiek wat in persentasie punt verskaf word is vir die ANC n kommer, veral as die persentasiepunt effens daal. Want, hulle glo dat wanneer die persentasie punt styg, dan het die polisie presteer. Onthou, as jou punt styg dan het jy verbeter.

jan ·

Ek stem saam met Frikkels Watse reg het n Misdadeger as hy mense Dood maak en martel;MENSE REGTE ? DIT IS ONS GROODSTE MISDADEGERS WANT HULLE BESKERM MOORDENAARS;

HANS ·

Vervang die handves van menseregte met n handves van mense-verpligtinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.