Polisie blameer stelsel vir foute met misdaadstatistieke

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Die polisie het Donderdag gesê die foute wat by die jaarlikse misdaadstatistieksyfers ingesluip het, was bloot ʼn stelselfout.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê die “stelselfout” het teenstrydighede in die misdaadstatistiek veroorsaak, veral met betrekking tot motorkapings, motordiefstal en veediefstal. “Hierdie kategorieë het verkeerdelik die getal nul vir talle polisiestasies getoon. Maar die algehele syfers vir die provinsies was en is nog steeds korrek,” het hy gesê.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het Dinsdag die mees onlangse misdaadsyfers aangekondig. Selfs nog voordat die statistiek bekendgemaak is, het Dianne Kohler-Barnard, die Demokratiese Alliansie (DA) se skaduminister van polisie, gesê ʼn onafhanklik oudit van die statistiek moet gedoen word.

“Die akkuraatheid en geloofwaardigheid van die statistiek is kommerwekkend,” het Kohler-Barnard gesê. “Behalwe vir sake wat nie aangemeld word nie of polisiebeamptes wat nie aangemelde sake prosesseer nie weens prestasieteikens, is die statistieke oop vir manipulasie as dit nie onafhanklik geoudit word nie.”

Sy het verwys na ʼn voorval twee jaar gelede toe dit aan die lig gekom het dat die SAPD die verkeerde bevolkingsyfers gebruik het om misdaad ratio’s te bepaal. “Verlede jaar het die SAPD statistieke aangekondig wat wesenlik foutief was vir beide Limpopo en KwaZulu-Natal,” het sy gesê.

Makgale het egter volgehou dat die probleem met die 2014/2015 statistieke nou reggestel is en dat die syfers op die verslag “korrek en ʼn ware weerspieëling is van wat gebeur het en vasgelê is”.

“Die SAPD vra om verskoning vir enige ongerief wat die haakplek dalk veroorsaak het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pietie ·

Statistiek is veronderstel om AKKURAAT te wees, daarom moet statistiese analises deur bevoegde, onafhanklike persone/instellings volgens die korrekte wiskundige formules en metodes gedoen word. Om, nadat bepaalde statistiek, so belangrik soos misdaadstatistiek bekend gemaak is, lamlendige verskonings vir voor die hand liggende foute aan te bied, dui maar net op die onbevoegdheid van die sg. “statistici”. Voorgeskrewe leesstof vir hierdie mense was sekerlik die handleiding getiteld: “How to lie with statistics” wat as standaard leesstof vir basiese studies in Statistiek deur bepaalde opleidngsinstansies voorgeskryf word!

Genis ·

Ja ou Jan van Riebeeck, dis seker jy en jou hacker tjommie Simon van der Stel wat nou weer die goewerment se databasis beroof het.

Arina ·

Genis dankie vir kommentaar ek het lanklaas so lekker gelag! Spyker op sy kop geslaan.

Francois le Cochon ·

‘n Stelselfout? Rekenaars (of dan stelsels) werk op die beginsel van “garbage in, garbage out”. Rekenaars kan nie foute maak nie.

Mariette ·

realiteit is n stelsel is net so goed so die persoon wat die inligting insit, n stelsel kan nie self foute maak……eish

Mike de Beer ·

VOOR syfers voorgehou word behoort dit geverivieer te word en dan as feite voorgehou word. Verkeerde syfers en wanvoorstellings en verskonings is onomwonde LEUNS en NIKS anders nie. Vat self die blaam as die syfers nie korrek is nie en maak dit reg as ‘n saak van DRINGENDHEID. Raak ook ontslae van diegene wat verantwoordelik is vir die wanvoorstelle.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dan skree Phiyege ” Eureka” omdat sy en haar kaders nie hulle werk gedoen het nie en dink dat die ingeligte publiek haar moet glo . Verwyder jou lyf uit jou pos Phiyega want jy is onbevoeg. En die stelselfout is nie n fout nie , die fout le tussen die stoel en die rekenaar so indien jy nie verstaan wat dit beteken nie , dit is jou kaders wat die rekenaar se knoppies tokkel.

Jaycee ·

Ek het verwag dat die polisie met verskonings sou kom indien die ooglopende onbetroubaarheid van hulle misdaadstatistiek ter sprake sou kom. By elke geleentheid wat hulle hierdie syfers bekend maak, dan kan die gewone mense net hulle koppe in ongeloof skud. Maar die polisie dink almal in die land is onder ‘n kalkoen uitgebroei en dat hulle brousel-syfers vir soetkoek opgeeet moet word. Eintlik sal hulle die land ‘n guns bewys deur liewer glad nie syfers bekend te maak nie as om kaf op te dis wat in elk geval nie tot veel nut is nie.

Theresa ·

Ja – Ja. Dis altyd iets anders of iemand anders se fout. Julle is perfek……………………….

Theresa ·

Ja – Ja. Dis altyd iets anders of iemand anders se fout. Julle is perfek……………………….
Ek stem saam met

Theresa ·

Ja – Ja. Dis altyd iets anders of iemand anders se fout. Julle is perfek……………………….
Ek stem saam met Jaycee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.