Polisie, boere keer verdagtes vinnig aan ná Vrystaat-plaasaanval

Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Vier verdagtes is in hegtenis geneem kort nadat ʼn vrou Maandagaand op ʼn plaas in die Vrystaat aangeval en beroof is.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die middeljarige vrou is omstreeks 18:00 op ʼn plaas in die Roodekraal-omgewing naby Arlington oorval.

Drie gewapende verdagtes het na bewering binne die huis weggekruip en die vrou in die kombuis ingewag.

“Toe sy daar opdaag, het hulle haar oorval en vasgebind,” het Mohobeleli gesê.

Die verdagtes het die vrou na die badkamer gedwing en ook beveel om ʼn kluis uit te wys, waarna hulle ʼn pistool gesteel het. Die vrou kon omstreeks 19:00 daarin slaag om te ontsnap waarna sy hulp ontbied het.

“ʼn Lid van die publiek het kort daarna vier verdagtes gesien toe hulle te voet gevlug het en hy het alarm gemaak.”

Boere, veiligheidsmaatskappye, snuffelhonde en die polisie is vinnig gemobiliseer en twee van die verdagtes is kort daarna naby ʼn informele nedersetting opgespoor en in hegtenis geneem. Nog twee verdagtes is Dinsdag in die omgewing aangekeer.

Die polisie het beslag gelê op die gesteelde pistool en twee vuurwapens wat in die verdagtes se besit gevind is.

Volgens Mohobeleli is die vrou met geringe beserings na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem en reeds ontslaan.

Die verdagtes moet Woensdag in die Lindley-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Basjansen ·

Dis n belaglike aanklag, oor n maamd is hulle uit en dan moor hulle.

A ·

Wat skrikwekkend is is die ouderdom van hierdie misdadigers. Wat gaan or 10 jaar gebeur. Werkloosheid verhoog en so die misdaad in ons land

Renske ·

My vraag is… hoe weet hulle van die vuurwapens van die mense wat hulle so aanval. Orals lees mens van die wat hulle steel en hulle weet dis daar. Word die inligting aan hulle verkoop deur vuurwapen lisensie kantoor? En ook wat word van die vuurwapens nadat dit by hulle gevat word? Wonder maar net.

Peet J ·

Ek wonder hoe het die lid van die publiek die polisie en veiligheidsmaatskappye so vinnig gemobiliseer om op te tree die vrou is gelukkig dat sy nog met haar lewe daarvan afgekom het.

Gerhard de V ·

Aangekeer, sodat die “staat” hul onskuld kan bewys.

Justice ·

Nou waarom lyk dit asof net die een skermunkel geboei is?

Fritz ·

As hulle wit was was hulle gesigte en name gewys. Hoekom nie mm

Nico Strydom ·

Dagsê Fritz
Volgens wet mag ‘n verdagte se identiteit nie bekend gemaak word voor hy of sy in die hof verskyn het nie.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

DW ·

Baie dankie vir almal wat opgetree het julle is fantasties !
Ons het baie meer mense soos julle nodig.

Johan ·

Ja dit is verstommend, dankie vir die vinnige optrede. Aan gekla vir huisroof ? Hulle was in besit vsn n gesteelde vuurwapen en nog ander twee vuurwapens, n klag van die bedit van gesteelde wapens en besit vsn ammunissie sonder die nodige lesensies. ????? As dit n wit man was was hy in groot morilikheid.

Johan. H. ·

Die betrokke BOERE en Polisie wat hul werk gedoen het vat vannaand maar n ekstra enetjie. ysters

Renier Moolman ·

Ek sal graag wil weet hoeveel van hierdie moordenaars beland in tronk en bly daar. Ek haal my hoed af vir boere, polisie ens wat hulle vastrek. Maar hoeveel word gevonnis en loop nie slegs bu agterdeur uit nie

Tammy ·

Ek kan julle se hoe weet hulle wie het n kluis. By my huis is 6 keer ingebreek en 2 voertuie gesteel toe se iemand vir my “raak ontslae van jou huishulp. Nog nooit weer enige soortgelyke voorvalle gehad nie. Let wel ons was en is altyd paraat,maar jy gaan weg van jou huis af met vakansie of vir n naweek. Dis presies wanneer hulle elke keer kom plunder het.

Pieter Ellis ·

Ons verrig alle werk self by ons huis. My gesin se veiligheid is vir my meer werd as om Saterdag agteroor te lê terwyl n tuinier of tuindienste werk. So, ek werk self Saterdae in die tuin, en een keer per week sal ek en my vrou saam die huis skoonmaak.

Ek sou graag iemand bo genoemde werk wil verskaf, maar ongelukkig is sulke werkers blootgestel aan kriminele en hulle dreigemente. Dus, Volkseie arbeid vir beter sekuriteit – en met Volkseie arbeid bedoel ek jy jouself.

Veritas ·

Lou, jy moet daardie wakker brein verkoop aan die polisie. Fyn waarneming daar.

Slim ·

Vir die afgelope 6 jaar het ons nie huis hulp nie en maak gebruik van tuin dienste wat onder toesig gedoen word en vir amper 7 jaar het ek nog nie weer inbraak of probleme gehad nie . Mense julle moet dink hoe dink ander .

Han ·

Slim, moenie ‘n fout maak nie, werkers van die tuindienste observeer en deel inligting uit. Ek het geen van beide nie, want ek VERTROU HULLE NIE!

mo ·

Hulle moet sover as moontlik van ons wonings afgehou word. Hulle weet te veel wat in ons huise aangaan weens die “spioenne” wat in ons huise en tuine werk. Dit is ‘n gegewe.

chris ·

En dit is die reine waarheid , baie mense se die persoon werk al jare vir ons , maar sy/hy word aangese om te spioneer,anders brand ons jou huis af. As n mens dit kan doen probeer om klaar te kom sonder die mense

Dirk01 ·

Nog 4 gespuis gevang maar ek sal my kop op n blok sit hulle is gesoute misdadigers met lang oortredings en moontlik nog op borg uit .Mense staan hulle borg tee en dring aan op klagstaat daar moet besit van onwettige ammunisie as ook van vuurwapens by huis roof kom en en en en die wat sal by kom na vinger afdruk uitslae terug keer .

Sue ·

Hulle word net vir huisbraak gearresteer wat van poging om ernstig te beseer of self poging tot moord. Was dit wittes was dit definitief poging tot moord. Dankie aan almal wat gehelp het om hulle te vang maar wat nou? Wat doen ons nou met hulle?

irma ·

Ons het inbrake gehad, maar toe kry ek n American corn slang, toe 10cm lank, nou 1.62m. nog nooit weer enige probleme.

Theresa ·

Hierdie tipe mense moet gebruik word om lande om te skoffel (met skoffels) en groente te plant (moet geleer word hoe om dit reg te doen) sodat honger monde gevoed kan word.
Hul moet onder geen omstandighede ooit net uitstap as hul nou weer nie skuldig genoeg gevind is nie. Hul is skuldig en basta. Daar moet dan “geboet”word. Harde hande arbeid sal hul hopelik moeg maak met minder energie vir kriminele dade. Is hul Suid-Afrikaners?

Yvonne Askevold ·

HUISROOF??? Met ander woorde ons moet nou aanneem dat die wapens wat by hulle gevind is (nie die gesteelde wapen van die vrou wat aangerand is nie) gelisensieer was? REGTIG???

Johann ·

R 1500 bail…. more is hulle uit…….. oormore moor hullle weer….. en niemand hoor niks weer daarvan nie. dis lekker in suid afrika

Jeni ·

Ek wil net weet hoekom sien mens hulle agterkant????
Oskar se gesig was op die voorblad van nuus.

anne ·

mense moet self hul huise en tuine onderhou. die klomp het geweet daar is n kluis. Wat gaan met hulle gebeur? Tronke is oorvol…. of dalk is dit hoekom hulle roof , hulle Wil tronk toe aangesien hulle kfc kry

sarie van heerden ·

HUISROOF, VERKRAGTING, MOORD! So skree die media en almal stem in ‘n koor saam so kan dit nie aanhou nie en iets moet gedoen word. More is al hierdie koerant en media opskrifte vergete want nuwes het in hul plek gekom en weer skree ons dieselfde refrein. Volgende dag, dieselfde en dan bly alles maar net weer dieselfde want ons weet nie WAT om te doen nie. Ander se BID maar ons weet duisende opregte mense gaan op hul kniee en SMEEK vir redding …………………….. en dit kom nie.

andrea van vuren ·

Ja Sarie, nog nooit was my geloof so beproef soos nou nie… almal sê altyd die wiel gaan draai, teen daardie tyd is daar nie meer ‘n witmens in ons land oor nie…

t ·

Redding gaan kom wanneer dit die HERE se wil is. Het julle al ooit gedink presies hoe vêr het ons afgedwaal van Sy pad af? Ons sal gelukkig wees as ons die redding ervaar. Soos in Eksodus gaan hierdie geslag waarskynlik nie die redding sien nie. Ons “geloof” is al sover verwater dat ek nie een sambreel by biddae vir reën gesien het nie. Ons gaan deur die bewegings maar daar is nie meer GELOOF nie. Die probleem wat Lot gehad het kom by my op. Redding vir die stad sou kom as daar net nog ander gelowiges was. Daar was nie…

Jef ·

Sarie van Heerden, ek stem volkome saam met jou, dit is asof almal in n spiraal vasgevang is dit is eers lees dan kla of medelyde betoon en dan vergeet.
Die laaste sin in jou kommentaar kon ek self nie beter stel nie, juis dit gee mense leesstof om goed oor na te dink.

Kaspaas ·

Op een van die aangehegte fotos is daar patrone vir gewere, alhoewel daar net twee rewolwers, een pistool en twee pistool magasyne is. Laat n’ mens wonder…

Petro ·

Aanklag …..huisroof.WAT WORD VAN ONWETTIGE BESIT VAN VUURWAPEN!!

Tina Swart ·

Ek sê sluit hul op en gooi sleutels weg volgende keer sal mense dalk nie so gelukkig wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.