Polisie brand glo los op betogers in Limpopo

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek twee sake van poging tot moord nadat betogers beweer die polisie het op hulle geskiet tydens ʼn betoging oor dienslewering in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die R81 tussen Giyani en Malamulele is Dinsdag deur lede van die gemeenskappe van die Xikukwani-, Mavalani-, Bonwani-, Mbatlo-, Xivulani- en Nwa Dzekudzeku-nedersetting versper.

“Die pad is Dinsdagaand weer oopgestel deur lede van die openbare-orde-polisie,” het Ngoepe gesê.

ʼn Saak van openbare geweld is volgens Ngoepe teen die betogers aanhangig gemaak. “Inhegtenisnemings sal binnekort volg,” het hy gesê.

Ngoepe het gesê twee sake van poging tot moord is ook deur van die betogers aanhangig gemaak. Hulle beweer dat die polisie op hulle geskiet het. Dié sake is deur Opod oorgeneem vir ondersoek.

Ngoepe het verder gesê die situasie in Giyani is vanoggend stil en rustig, maar dat polisiebeamptes steeds die gebied monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moedeloos ·

Dit maak mens moedeloos, hulle kan plunder, moor, vernietig, maar hulle het altyd ‘n reg om te doen wat hulle wil en ‘n reg om weg te kom daarmee, die arme Polisie wat alewig gekritiseer word omdat hul nie hul werk doen, moet dan ondersoek en aangekla word. Fikile, skrik wakker en sorteer die dinge uit. HOe kan ‘n Polisie beampte verantwoordelik gehou word in lyn van dienslewering.

Vermeende ·

Net tot hy jou kind dood skiet dan praat ons weer!
Die SAPD is die regterarm van die regering wat regeer onder die demokaties verkose party (ANC) Dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, ons lands wette word deur die ANC gemaak en daai wette word deur die SAPD beskerm.
MK en oud vryheidsvegters word orals ingedruk as beloning vir hulle deel, goeie bestuur is nie hoog op die agenda nie. Alles goed en sleg kom terug na die voordeur van die onbevoegde ANC regering en die onbevoegde SAPD.
Na n kwart eeu is dit duidelik dat die massas nie oor die vermoe beskik om n beter regering daar te stel nie en dit is ook duidelik dat die ANC en die SAPD nie oor die vermoe beskik en die wil geheel en al ontbreek om misdaad hok te slaan nie, regstelling het mos die nuwe evangelie geword.

Mor ·

@Vermeende, as my kind geskiet word sal ek as ouer eerder self aanspreeklik gehou moet word oor hoekom my kind daar was. Daar was n storie in Lichtenburg Noord Wes waar n man ook 2 kindres gewond het omdat hulle hom en sy bakkie met klippe begin gooi het. Kinders is deel van die betogers wat amok maak, as jy verwoesting wil uit deel moet jy dit kan ontwang ook.

Leahim ·

Ek kan dit nie glo n saak van openbare geweld en n saak van poging tot moord ek was onder die indruk alles is nou huisroof na die onlangse media berigte.

marous ·

As jy met vuur speel moet jy nie kerm as jou vingers brand nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.