Polisie ‘brand los’ op gesin se geliefde hond

Skyler, ‘n Rottweiler-kruising, is glo deur ‘n polisielid geskiet. Sy was vasgemaak agter in ‘n erf.

ʼn Pa van Bonteheuwel in Kaapstad is uiters ontsteld nadat lede van die polisie se teenbende-eenheid Sondag tydens ʼn klopjag glo een van die gesin se honde drie keer geskiet het.

“Ek het op my kooi gelê toe die polisie sommer net hier ingekom het. Die gangsters het vroeër die oggend op mekaar losgebrand en die polisie het die huise kom skud,” het Ashley Adams, ʼn elektrisiën, gesê.

Hy het die polisie toegelaat om die perseel te deursoek. Toe hy uit sy blyplek stap, het hy egter  gesien hoe een van die polisielede sy hond, Skyler, skiet. Die hond was vasgebind.

“Só kan dinge nie gebeur nie. My honde is innocent, hulle kan nie praat en sê hulle kry seer nie,” het Adams ontsteld gesê.

“My hart is in stukkies, ek is baie hartseer oor daai hond.”

Skyler is inderhaas na ʼn veearts vir behandeling geneem en is in dié stadium in ʼn bestendige toestand. Adams sê egter dit gaan raap en skraap verg om die veeartsrekening te betaal.

Hy sal die hond na verwagting Dinsdag weer besoek en ʼn reëling met die veearts tref oor die betaling van die rekening.

Adams sê hy het geen probleem dat die polisie na bendelede soek nie, maar dat hul optrede nie aanvaarbaar was nie. “Ek is ʼn godskind, ek het nie tyd vir sulke dinge nie. Hier bly nie gangsters by ons nie,” het hy gesê.

Sy vrou Nicole, en hul kinders Sharna (19), Ashton (12) en Kesha (7), is ook erg getraumatiseer oor die gebeure. Die gesin woon agter in ʼn erf van familielede. “My kinders is baie omgekrap oor die gebeurtenis, ons is nie gewoond aan sulke goed nie.

Een van die skietwonde wat Skyler, ‘n Rottweiler-kruising, tydens die klopjag opgedoen het.

“Hulle moet die gangsters soek, maar my honde uitlos,” het Adams gesê.

Hy het die voorval by die Bishop Lavis-polisiekantoor probeer aanmeld, maar is volgens hom daar meegedeel dat hy nie ʼn saak aanhangig kan maak nie en eerder regsverteenwoordiging moet kry met die oog op ʼn moontlike eis. “Ek is nie iemand wat gewoond is aan prokureurs en howe nie. En dan moet jy nog by die werk wegbly om hof te gaan,” het Adams vertel.

Angus McKenzie, ʼn wyksraadslid in die gebied, het gesê polisielede werk sonder twyfel onder groot druk, maar moet steeds hul werk met respek, waardigheid en selfbeheersing doen.

“Die verhouding tussen die polisie en gemeenskappe is reeds op ʼn laagtepunt en situasies soos dié dra by tot die wantroue wat reeds bestaan,” het McKenzie gesê.

Hy het ook ʼn beroep op die polisie gedoen om ʼn ondersoek na die voorval te doen en as daar bevind is dat hulle hul mag misbruik het, daar teen hulle opgetree word.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johanna ·

Dis skokkend! Hartseer vir die gesin en die arme diertjie het niks verkeerd gedoen nie. Sal die Diere Beskermings Eenheid n ondersoek instel? En die hondtjie was nog vasgebind ook!!! so klein ou hondtjie hoef mos nie vasgebind te wees nie. Dis verskriklik!!

Poppie ·

Ek hou ook nie daarvan dat ‘n hond vasgemaak word nie, maar die is nie n hondjie nie, dit is ‘n rotweiler kruising. Baie rottweilers is maar bietjie aggressief en dalk rede hoekom hy vas was. Hoop maar hy word meeste van die tyd losgelaat.

Maljan ·

Poppie, jy praat duidelik in onkunde. n Rottweiler kruising? Good grief! Die eienaar het duidelik uit die berig nie die hondjie vasgemaak nie, dus neem ek aan die dapper polisie man het dit gedoen met die doel om die diertjie (klein hond poppie) te skiet.

Ansie ·

Jy kan die SPCA, Reghulpraad of Solidariteit nader vir hulp.

Vanessa Oosthuisen ·

Opsetlike saakbeskadiging saak KAN oopgemaak word. En siviele saak oopgemaak word. Die hond was vasgemaak en GEEN gevaar vir niemand. Sommige polisielede dink mos hulle is bo die wet verhewe as hulle hulle uniformpies aantrek en staatspistole in besit het. Tyd at hulle terugkom aarde toe.

Diertjie ·

Dagvaar die polisie!!! Om watter rede skiet hulle n onskuldige dier!!!! Plaas hulle dit wat geskiet moet word doodskiet!!!!

Ronel Nortje ·

Dit verbaas my glad nie – dis Suid-Afrika vir jou. Nie eers respek vir ons mense nie, waar sal daar nog respek vir diere vandaan kom? Mens het nie woorde nie.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mandy ·

Skokkend wat ons arme diere moet deur gaan. En ook waarom was die hond vas gemaak, dit is teen die wet om n dier vas te maak, arme dier kon nie eens skuiling soek nie.

Oog vir n Oog ·

MANDY jy is die enigste een wat nie onnosel is nie. So pla dit niemand van al diè ‘slim kommentators’ dat die eienaar van die hond boonop die wet oortree deur die hond vas te maak, nie,! NEE POPPIE, dit regverdig nie eens die aggressiefste honderasse nie, jammer hoor. Dan skort mens jou erf af en rig ekstra hoë heinings en hekke op met waarskuwings dat ‘jy n erf betreë met kwaai honde ‘ So volgende keer hoop ek al julle ‘diereliefhebbers en polisie-haters’ kom uit jul tonnelvisie koma en rapporteer van n poedel tot n pitbull wat vasgebind is aan die polisie of DBV!

Inkwisidor ·

Die hond was nie vasgemaak nie. Hy was vasgebind. Daar is n duidelike verskil

Willehond ·

Gangsters soek gangsters! Wat n grap is die “land” nie! Ha ha ha!

Maxi ·

Ja dit is onwettig om ‘n hond vas te bind. Maar selfs al sou die hond gehardloop het vir skuiling is ek amper oortuig die polisie sou in elk geval nog steeds probeer raakskiet het. Ten minste het haar eienaar gaan hulp soek en haar nie laat ly nie. En die mensies “dit is net ‘n hond”???? Hoe sal dit vir jou voel as een van jou gesinslede geskiet word en ons kommentaar is “dit is net ‘n mens”?

Tershia ·

Weet nie waar jy daaraan kom nie As die hond op n loopdraad vas geketting is met n ordentlike halsband en leiband En skuiling water en kos het dink ek nie daar kan iets teen jou gedoen word nie Almal gaan te kere omdat die hond vas was Vra nie eers hoekom nie oordeel klaar die eienaar Pleks julle die mense wat dit geskiet het oordeel Die hond was geen gevaar vir hulle nie Hoop hulle word aangekla

Johan ·

Hulle lieg daar is n duidelike saak van onregmatige afvuur van vuurwapen in stedelike gebied asook n saak van dieremishandeling.

Sandy ·

Ek dink die skieter of tenminste sy werkgewers moet forseer word om die rekening te betaal

Ounooi ·

Almal wat so squeek oor die hond vas is. Ons het n groot Rottweiler St Bernard kruising gehad wat moes vas wees op n runner as ons werk anders het hy oor n hoe heining geklim nie gespring nie geklim en rondgeloop en mense ophol gejaag. Hy was n vriendelike hond maar groot en intimiderend as jy hom nie ken nie. Sy kos en water en hok was binne sy bereik en die kabel tussen 2 digte bome gespan.
Dalk is die persoon se heining so dat die hond kan uitkom en is hy vas vir sy eie veligheid.

Mandy ·

Vir julle wat dink dit is maar net n ou hond, kom ons maak julle vas en begin op jou skiet…. wonder hoe jy sal voel…. twyfel jy gaan baie gelukkig wees.

NEH ·

wanneer die tronke te vol raak deel hulle polisie unieforms uit…
trigger-happy-onmenslik-geen integriteit-geen respek-NIE ‘N POLISIE MAN SE NAAM WERD!!!!

Foxi ·

Lafhartige klomp gemors met geen respek en gevoellens vir enige iets nie……..

Suzette Geringer ·

Laat die polisie die veeartsrekening betaal. Lyk my dis ‘n klomp dom onnosele karakters by daardie polisiestasie – dan het hulle vuurwapens – kommerwekkend.

HC ·

Ja, my hond is laasweek geskiet, baie erg seergekry en vol bloed geloop.. Toe ons hom na Veearts toe geneem het, het hulle dit prober behandel maar kon geen geneesbaar nie.. Hy het laas Vrydag uitgesit en verslaap… Honde is onskuldig as iemand hom geskiet het.. Skiet vir diere vir WAT???? Siek mens!

Lee ·

Useless damn Polisie beampte. Vir wat ‘n onskuldige hond skiet!!! Is dit omdat hulle te useless is om die bendes uit te sort. Die Polisie is verantwoordelik vir die veearts rekening. Arme hond. En ook aan die eienaar van die hond, as jy so life is vir jou hond hoekom is hy dan vasgemaak??

Bob ·

As jy lief is vir jou hond sal jy hom nie vasmaak nie. Shame on you eienaar. Dit word baie warm hier in die Kaap en daai hond sit vasgeketting. Sies.

Tamara ·

Hoekom wil jy n hond of enige dier he net om hom vas te maak?

Anel ·

Die lid wat die hond geskiet het moet persoonlik die rekening betaal. Ander is dit die belastingbetalers wat dit betaal. En die klomp is in elke geval bang vir honde, mask nie saak hoe groot nie. So, kla hom persoonlik aan.

Lizelda ·

Ja, nee, wat ek het bitter min respek vir die Polisie. Hulle dink oor die algemeen hulle is magtiger as God. Hier en daar is daar nog goeie ouens, maar dink hulle is in die minderheid…

toy ·

@Mandy, jy klink redelik gevoelloos teenoor diere. Dit is jammer want ‘n hond is jou beste vriend wat jy kan kry. Die polisie moet gedagvaar word en al die onkostes van die dierbare hond betaal.

Slot en Grendel ·

Ek sal ook met liefde bydrae vir die veearts onkostes. Net so vinnig. Wanneer jy teen die koppie uitry in Alewynspoort net langs Eye of Africa Estate, sal jy vind dat omtrent elke kaya ‘n hond aan ‘n ketting het. Party van daai kettings is seker maar ‘n meter lank. Baie hartseer om te aanskou.

Antjie ·

OPOD (Eng IPID) se telefoon nr is blykbaar 012 399 0000. Ek glo die DBV (SPCA) sal ook kan help om die skuldige te vervolg. Fis nie in openbare belang dat jy dit net los nie, mnr Adams.

Lindy ·

Die blote feit dat die arme onskuldige dier 3 keer geskiet was dui op die wreedheid en daadwerklike doel om dood te skiet en dat dit geensins as n ongeluk afgemaak kan word nie. Stel siviele eis in teen die polisie want die beamptes het tydens hul werktyd en in diens van die SAPS opgetree. Kry ook die SPCA om n dringende ondersoek te begin van dieremishandeling teen die SAPS en verder kan jy boonop
die betrokke persone in hul persoonlike hoedanigheid ook dagvaar

George in Bloem ·

As ek se wat ek van die polisie se optrede dink sal my kommentaar weer verwyder word.

Gertjie ·

Ja, dis ‘n skande.
Maar moenie eers probeer om die polisie te vervolg nie. Jy gaan net uitgebuit word deur jou prokureur. En sou jy die saak in die hof kry voordat jy bankrot is, sal die hof sorg dat die saak herhaaldelik uitgestel word totdat jy tou opgooi.

Rudi ·

Is daar ‘n manier om die man te help om vir die veearts te betaal?

Rob ·

Die police man wat geskied moet betaal, en hof toe gaan vir wat hy gedoen het.

A Mac ·

Het hulle darem ‘n lasbrief gehad om jou perseel deur te soek? En klink of die polisie hulle kollegas beskerm deur te weier om ‘n saak oop te maak. Hoop regtig hier tree iemand na vore en help die gesin om geregtigheid te kry, al is dit vir ‘n hond wat nie hierdie optrede verdien het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.