Polisie dalk nalatig met ondersoek na Kemptonpark-moord

Yolandi Botes.

Die polisie gaan ʼn interne ondersoek gelas om te bepaal waarom die polisiebeamptes eers twee dae later bewysstukke in die bebloede gastehuiskamer waar Yolandi Botes vermoor is, ingewin het. Dit word vermoed dat Botes (35) in dié gastehuiskamer in Kemptonpark, Gauteng, vermoor is, voordat haar liggaam by Villiers in die Vaalrivier gegooi is.

Maroela Media het vroeër berig die Kemptonpark-polisie is verlede Maandag (3 Mei) na ʼn gastehuis in Kemptonweg, digby die OR Tambo-lughawe, ontbied. Die polisie het bloed in een van die kamers aangetref. Daar was ook bloed op die bed, op die vloer, asook in die wasbak en stort in die badkamer.

Sers. Dipuo Ditshego, woordvoerder van die Kemptonpark-polisiestasie, het vroeër bevestig dat daar niemand in die kamer was met die polisie se aankoms op die toneel nie en dat ʼn mes en ʼn leë rooiwynbottel in die kamer gevind is.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het intussen aan Maroela Media bevestig dat polisiebeamptes op 3 Mei by die gastehuis opgedaag het, maar die bebloede gastekamer agtergelaat en eers twee dae later die forensiese span gestuur het om bewysstukke in te samel.

Volgens Masondo gaan die ondersoek bepaal waarom die beamptes die kamer gelos het en nie dadelik die forensiese span gestuur het om bewysstukke in te samel nie.

“Indien hulle skuldig bevind word aan wangedrag, sal dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word,” sê Masondo.

Die forensiese span sal kan bepaal wie se bloed in die kamer is en sodoende kan bevestig of dit wel Botes sʼn is of nie.

Botes is op 26 April omstreeks 06:30 die laaste keer by die OR Tambo-lughawe gesien toe ʼn Uber-bestuurder haar opgelaai het. Van haar liggaamsdele is verlede Dinsdag digby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind. Dit is ʼn dag nadat die bebloede gastehuiskamer gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JanSt ·

So enige bewyse sal nou niks beteken in die hof. Die argument sal kan wees dat bewyse geplant is op die toneel…

Jaco ·

Die slagoffer was “mos maar net wit”, so die SAPD se nalatigheid verbaas my nie.

Claudette ·

Pateties toe my oom selfmoord gepleek het, het hulle die wapen net daar op die toneel gelos….nie nalatig nie pateties

ES ·

Dis darem maar baie swak polisiewerk. Ek hoop hulle word streng gestraf – hoe kan geregtigheid nou geskied vir die vrou?

virginia ·

Daar was seker nie genoeg voertuie om dit bewysstukke op te tel nie. Almal sit in hulle kantore en eet KFC!

Johan ·

Dit is eintlik baie goed vir Kempton Park se SAPD, Ek is verbaas dat hulle enigsins opgedaag het. Hierdie is verseker die swakste kantoor in die land.

isabelle ·

polisie…..wat op aarde is dit in Suid-afrika? die pizza man is vinniger as die polisie en hy daag darem nog op ook

Sandra ·

Ek kan lieg en se ek is verbaas, maar ek is nie. Hulle in my seun se huis ingebreek. Nadat my seun hulle nou klaar opgeruim het, want niemand het hulle laat weet die vingerafdruk mense gaan kom nie, hulle het niks van die polisie gehoor nie, het die vingerafdruk mense gekom.

Phillip ·

Dalk het die eerste poote die toeneel se bewystukke verwyder om hulle vriende te beskerm dis die prenkie wat ek skulder

Pietertjie ·

Daar is ‘n groot verskil tussen “nalatig” en “onbevoeg”. Ek dink laasgenoemde is eerder van toepassing in hierdie geval.

Misky ·

Hoekom nou ‘n ondersoek doen? Ons weet klaar hulle was nalatig en het opgefoeter hier. Vind net uit wie en dan sal julle weet hoekom

Jakes ·

As dit nie n bewys is dat sommige sogenaamde polisielede heeltemal onbevoeg is om hul werk te doen nie, dan weet ek nie.

Noels244 ·

En ons is nie verbaas nie. Dis ‘n skreiende skande dat hierdie tipe nalatigheid die norm geword het eerder as die uitsondering. Ek voel naar wanneer ek elke keer hieroor lees, kan jy jou indink wat sy moes deurgaan en hoe siek en verwronge die persoon is wat dit gedoen het?

Elize ·

AS optrede teen die polisie net sou help maar alles is nou so opgemors!!!!

koos10 ·

As die “honorable” Cele nie eers weet fat die forensiese afdeling 200000 sake agter is nie, dan is alles mos moontlik?

Vanessa ·

Ek bid net dat die moordenaar gekry word. Die familie moet antwoorde kry!!!!!! Te veel sake word koud asgevolg van nalatigheid. Dit kan nie geduld word nie.

Blikkies ·

Kempton Park SAPS is ‘n groot probleem as dit by werk en dienslewering kom. Ek het al my rieme styf geloop daar net om ‘n dokument te sertifiseer. Ek woon in die omgewing en ook bewus dat hulle die honderde Nigerier dwelm netwerk in die omgewing beskerm en nooit enige verwante arrestasies maak nie.

Genis ·

SUID AFRIKAANSE PATETIESE DIENS? Swak, en moet aangekla word… Kyk mooi, julle sal KFC sakkies ook op die toneel kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.