Polisie-eenheid maak duikslag in vervalste goedere

Eenheid vir vervalste goedere, nagemaakte goedere, polisie, SAPD, Belville, Kaapstad

Van die vervalste goedere waarop die polisie Woensdag beslag gelê het. (Foto: SAPD/Wes-Kaap)

Die polisie se nuwe eenheid vir vervalste goedere het landwyd op honderde miljoene se nagemaakte goedere beslag gelê.

Luidens ʼn polisieverklaring het dié nasionale eenheid, wat in November op die been gebring is, tot op datum op R300 miljoen se vervalste goedere beslag gelê.

Daar is ook beslag gelê op 31 voertuie. Altesaam 23 verdagtes, van verskillende lande afkomstig, is ook in hegtenis geneem.

Die polisie het ook op toerusting beslag gelê wat gebruik word om dié vervalste goedere te maak. Dit sluit in naaldwerk-, borduur-, en drukkersmasjiene.

Volgens kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, het die span Woensdag ʼn operasie uitgevoer in Bellville in die Wes-Kaap, waartydens op R80 miljoen se vervalste goedere beslag gelê is. Dié goedere het byna ʼn 100 000 items ingesluit. Kledingstukke, sportdrag, skoene, handsakke, hoede en parfuum is onder meer gegryp.

Twee Somaliërs is ook tydens dié operasie in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Verlede week het dieselfde span in Johannesburg op vervalste goedere met ʼn geskatte waarde van R9 miljoen beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

Dog amper eers ek kyk na ‘n foto van die polisie hoof kantoor in Pretoria!

Aai ·

Gaan draai by Boksburg se vlooimark asseblief by Eastrand Mall .

Sandra ·

ja-nee kyk, Bellvile staa nie verniet bekend as Somali town n ie…

Kaptein ·

Hulle het dit wel geskud. Maar nou hoe hulle nie skoene,klere en Parfums te koop vir hulle hele familie nie. Dit is sommer pasella vir hulle gegee.

Casper ·

En weereens buitelanders wat die “refugees act” misbruik en hulle kom weg daarmee.Dit moet voor die deur van die regering gelê word.

Manie ·

Hulle sal vervalste goedere in bykans elke buitelander wat ‘n winkel in SA het vind, asook kos waarvan die vervaldatum al verstryk het.

Vonkprop ·

Nou gaan sekeres van die polisiemag en familie met mooi skoene loop en sommer lekker ruik vir die komende Paasnaweek.

Dries ·

Gee/skenk die goedere aan weeshuise en minderbevoorregte mense.

Christine ·

Sê n Zimbabwe se vrou in hd week vir n vriendin SA is papvrot van korrupsie
Hulle kan amper hier doen wat hulle wil sonder om te vrees dat hulle inhegtenis geneem sal word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.