Polisie-egpaar se huis aangeval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Vrou is na ’n hospitaal geneem met brandwonde nadat haar en haar man se huis in Ekangala naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, met petrolbomme bestook is en ’n skietgeveg uitgebreek het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar, albei polisiebeamptes, se huis is Vrydag in die vroeë oggendure aangeval. “Die egpaar was alleen in die huis ten tyde van die voorval en het geslaap.”

Volgens Peters het hulle wakker geword nadat petrolbomme deur verskeie vensters van die huis gegooi is. “’n Skietgeveg het uitgebreek nadat die verdagtes glo op die egpaar losgebrand het. Die man het teruggeskiet waarna die onbekende aantal verdagtes gevlug het.” Peters het gesê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het haar kommer uitgespreek oor voortdurende aanvalle op polisiebeamptes.

“Die verberging van ’n verdagte is ’n strafregtelike oortreding. Hierdie verdagtes bly in ons gemeenskappe. Hulle is ons bure, familie of vriende. So hulle is bekend aan iemand,” het De Lange gesê terwyl sy ook ’n beroep op enige iemand met inligting gedoen het om na vore te kom.

De Lange het verder ’n beroep op polisiebeamptes gedoen om nie afgeskrik te word in hul pogings om misdaad te bestry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

willie ·

Ek is van mening dat Marikana die keerpunt was van die polisie se gesag afdwing! Geen krimineel vrees meer die polisie nie, want hulle die misdadigers weet die polisie is te bang om hul pligte uit te voer netnou staan hulle weer in die bekuldigdebanke! Misdadigers het nou meer regte en voorregte!

Gerrit ·

Watter polisie en watter misdaad bekamping praat die vrou van dit is definitief nie die saps waarvan sy praat nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.