Polisie en Agri-SA span saam teen plaasaanvalle

Argieffoto

Argieffoto

Misdaad het ʼn negatiewe impak op die landelike sektor en gevolglik word daar skade aan Suid-Afrika se ekonomie gedoen, het Johannes Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Donderdag gesê.

Phahlane het gepraat ná afloop van ʼn vergadering met senior beamptes van Agri-SA oor aanvalle op die land se plase. “Ons het ooreengekom om in die toekoms saam te werk. Agri-SA het nie net ʼn belang in landboukwessies nie, maar is ernstig daaroor om misdaad te beveg,” het Phahlane gesê. “Ons het ooreengekom om in verskeie gebiede saam te werk om te verseker dat polisiëring ʼn realiteit word.”

Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri-SA, het gesê een van die sleuteluitkomste van die vergadering was ʼn ooreenkoms om ʼn konferensie oor misdaad in landelike gebiede te hou. “Ons sal al die betrokke kwessies verder bespreek en kyk hoe sekere maatreëls en stappe geïmplementeer kan word. Polisiëring is nie net ʼn polisiemag-kwessie nie, dit is ʼn gemeenskap-kwessie. Van ons kant af is dit noodsaaklik om hierdie planne in ons gemeenskappe te laat werk om sodoende Suid-Afrika te laat werk,” het hy gesê.

Johan Burger, ʼn senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het gesê die instituut probeer tot die oplossing bydra deur sy navorsing beskikbaar te stel en gesprekke tussen die onderskeie rolspelers te bewerkstellig, maar het erken sy rol is redelik beperk.

“Die gesprek tussen die SAPD en Agri-SA was baie konstruktief en belowend. Ek sien uit om deur die ISS deel te wees van verdere gesprekke oor hierdie kwessie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

Ek verstaan nie. 20 jaar terug was daar ‘n Polisie MAG (nie diens nie), daar was ‘n WeerMAG en daar was ‘n Kommandostelsel….wat duisende vermoorde boere se lewens kon gered het as hierdie instansies in plek gehou was, en aangewend was waarvoor hulle gestig was. Maar nee, dit word afgebreek, afgewater, opgemors, verander, getorring, gepeuter totdat daar NIKS oor is nie….dan kry ons ‘n “omkeer strategie”…en NOU (Ja, net voor ‘n verkiesing) word daar ‘n groot bohaai gemaak oor die prioritisering van plaasmoorde? Dis so ‘n teleurstellend…

Theresa B ·

Hoop Agri SA weet wat hulle doen en is “paraat”. Ek vertrou glad nie die polisie nie. Hulle bak net mooi broodjies……………………………..

cobusp ·

Die twee grootste faktore wat bydrae to die plaasmoorde is die regering se besluit m die kommando stelsel totaal af te breek en mee weg te doen en die totale beheer wat ons polisie en doene verllor het oor grens beheer en miljoene onwettige mense die land laat instroom het. Gaan kyk na statistiek en mens kan duidelik sien hoe plaasmoorde toegeneem het agv die 2 redes bo genoem. Vat beheer oor grensposte dryf onwettige mense die land uit deporteer hulle………..stel n soortgelyke stelsel soos die kommando stelsel in plek……….daar is al die kundigheid in die land ongelukkig werkloos en buite die polisie mag agv bee en affirmative action………..so as die regering ernstig is sal hulle dit moet aanspreek……..die vraag is of dit eerklik n prioriteit is om plaasmoorde te bekamp siende dat die meeste boere blankes is……….??????

Cobus ·

Feite. Die probleem lè by die regering en nie by sogenaamde patrollies nie. Die hele immigrasie beleid is n grap . Boere word vervolg indien hulle verset bied teen misdaad.

cobusp ·

Stem saam met theresa die korrupte polisie is seker die 3 de rede wat bydrae tot die moorde.

Chris ·

Miskien het ek in vanoggend se nuus op die radio nie mooi gehoor nie maar ek verbeel my, van al die staatsdepartemente is die meeste hofsake teen die polisie. As ek nie mooi wakker was nie vra ek nederig omverskoning maar as ek reg gehoor het… Agrie- SA word wakker.

KP ·

Chris jy is 100% reg. Hulle verteenwoordig die grootste deel van die 1000 miljoen rand wat die regering aan regs kostes bestee in die boekjaar. Ja die bedrag is reg al lyk dit ongloofswaardig.

TDW ·

“Misdaad het ‘n negatiewe impak op die landelike sektor en gevolglik word daar skade aan Suid Afrika se ekonomie gedoen”
Hy stel dit so asof die mense(boere) se lewens nie in rekening gebring is nie, dit gaan meer oor die impak op die landelike sektor en die ekonomie!
Die reg om in vrede te lewe en nie geteister te word op jou eiendom deur sadistiese moordenaars word nie na gekyk nie. Ons lewens is nie genoeg rede om iets aan die plaasmoorde te doen nie, solank daar net nie aan die ekonomie geraak word nie. En dis so blatant, dat ek wonder hoe ons witmense dit nie eers raak gelees het nie, het ons nou maar net ons lot aanvaar dat ons lewens niks vir die regering beteken nie? Dat om in vrede te leef net ‘n droom is?
Ons moet die polisie en regering om elke hoek en draai aanvat, want ons het die reg om veilig gehou te word! Ons witmense se lewens maak ook saak!

André ·

Aan die mense hier bo wat kommentaar lewer.
Word niks gedoen nie….dan kla julle. Word daar plan beraam om iets te doen…..dan kla julle.
Julle is seker ook daar tipe wat nie julle kruisies gaan trek nie….maar agterna kliphard kla oor die uitslag.
Skaamteloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.