Polisie fnuik gewapende rowers

Die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die polisie in KwaZulu-Natal het Woensdagoggend drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo van plan was om ʼn besigheid te beroof.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die georganiseerdemisdaad-eenheid in Durban het ʼn wenk ontvang dat die mans beplan om ʼn besigheid in Folweni, suid van Durban, te beroof.

“Die polisie-eenheid en die nasionale ingrypingseenheid het saam die verdagtes se voertuig voorgekeer en die persone in hegtenis geneem,” het Naicker gesê. “Die polisie het ná verdere ondersoek ook beslag gelê op vier ongelisensieerde vuurwapens in Umlazi. Van die vuurwapens is ʼn AK47 en ʼn 9mm-pistool.” Die polisie het ook beslag gelê op ʼn gesteelde Toyota Corolla.

Die verdagtes gaan binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot gewapende besigheidsroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Die vuurwapens wat hulle gebruik is dit diemagdom wat uit polisie stasies gesteel word sonder dat hulle daarvan weet vra maar net,want alles raak weg en niemand wie vat dit belaglik

GERALD VD MERWE ·

Wat ek glo het gebeur> Reeva SWteen kamp ” made a fatal confession” Oscar did not like the confession and threatened to kill her. That is why she ran to the toilet and locked the door,
Wat my verbaas is, nie eenkeer het Gerrie Nel vir Oscar gevra waarom hy nie die nood alarm geaktiveer het wat hy in sy hand rond gedra het gedurende die moord. Waarom het hy vir Reeva gevra om die polisie te bel as hy self die nood afgstand beheer in sy hand gehad het. Oscar lieg hy het geweet Reeva is in die tiolet;, Wat Gerrie Nel nie weet nie is al is die alarm afgeskakel werk die nood alarm afsonderlkik 24 uur en kan nie afgeskakel word nie. Ek ontwerp gevordede alarm stelsels ek sal weet. Die regter kom en se die getuies wat Reeva hoor skreeu het > lieg hulle kon haar nie hoor skreeu nie. Kan jy dit in jou lewe glo. Soos op Carte Blanche gese word en in die media. sy het nie die kwalifikasies om die saak te hanteer nie..AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.