Polisie fnuik ‘kabeldiewe’ se plan

Die verdagtes. Foto: Verskaf.

Drie verdagtes is Donderdag in Phokeng in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle met 175 kg vermoedelik gesteelde koperkabel betrap is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die mans, tussen 25 en 29 jaar oud, is omstreeks 06:00 deur polisiebeamptes wat besig was met patrollie in hegtenis geneem.

“Volgens inligting wat tans beskikbaar is, het polisiebeamptes ʼn verdagte voertuig opgemerk, dit voorgekeer en deursoek. Koperkabels wat sowat 175 kg weeg en om die verdagtes se lywe vasgedraai was, is tydens die soektog gevind,” het Moleko gesê.

Volgens Moleko is die geraamde waarde van die kabels R20 000. Polisiebeamptes het glo ook ander gesteelde goedere in die kattebak van die motor aangetref.

Die drie verdagtes sal Vrydag in die Bafokeng-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van koperkabel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leahim ·

Geluk polisie julle het julle werk gedoen .
Ek het nie geweet dit is n kriminele oortreding om koperkabels in jou besit te hê nie,ek is dan self skuldig aan hierdie oortreding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.