Polisie fnuik kaping in Jhb

Foto ter illustrasie. (Foto:
Ivan Shemereko/Unsplash)

ʼn Verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting oor ʼn motorkaping in die Sandringham-gebied in Johannesburg ontvang het. Vier vermeende kapers wou glo ʼn Volkswagen Polo kaap, maar die polisie se vinnige reaksie het hulle in hul spore gestuit.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê lede van die Gautengse eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad wat in die Sandringham-gebied was, het berigte oor die kaping ontvang. Hulle het na die toneel gejaag en die verdagtes gewaar en agternagesit. Een van die verdagtes is aangekeer.

“Die polisie het die verdagte se motor deursoek en ʼn R5-geweer en 25 patrone in sy besit gevind. Die geweer sal vir ʼn ballistiese toets gestuur word om te bepaal of dit in enige ander misdade gebruik is,” sê Makhubela.

Die verdagte sal aangekla word van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

“Die polisie sal ondersoek instel om vas te stel of die verdagte met ander misdade verbind kan word.”

Die ander drie verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Waar kry hy ‘n R5 geweer? Dan het Cele die vermetelheid om ons eerlike burgers te wil ontwapen pffft!!!

Anoniem ·

Oulik. R5 geweer……………………………………nou ja, wat sal ons nou sê

Grassie ·

R5-gewere word meestal deur die polisie gebruik. Die weermag gebruik R4’s. Ons sien dikwels in nuusberigte dat op R5’s beslag gelê word maar daar is nooit terugvoer van waar die gewere vandaan kom nie. Dit word verswyg deur die polisie.

Blikkies ·

Korrek, Die SAPS gebruik die R5 geweer. Wonder nou net met die forensiese probleme hoe gou gaan die ballistiese toetse beskikbaar wees. Nog n groot rede hoekom die burgers hulle eie vuurwapens moet hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.